Antipas Pretoria Gemeente

Posbus 12172, Queenswood, 0121

Agtergrond:

Ons is gevra om 'n soortgelyke gemeente in Pretoria te vestig.

Sonder 'imperialistiese ambisies', en bewus van die offers wat dit van ons sal eis, moes ons goed besin. Uiteidelik het ons wel besluit om voort te gaan.

Allermins wil ons met ander gemeentes kompeteer, maar ons glo tog daar is 'n behoefte aan so 'n gemeente vir Afrikaanssprekendes in Pretoria. Daar is talle wat na allerlei 'kerklike draaie' ontnugter en verward is. En daar is baie wat raadop is met die status quo.

Sulke medegelowiges loop gevaar om kerklos te raak - en hulle kinders kerkloos. Dit Mag nie!

Die Here het met ons 'n pad geloop. As ons sommige van die mense kan help, sal alles die moeite werd wees.

Ons het dus ons voorganger gevra om met Sondagaanddienste in Pretoria te begin - en om Maandae en Dinsdae daar beskikbaar te wees.

Aanddienste het Sondagaand, 25-1-1998 om 18:00 in die saal van die Nuwe Hoop Skool, Ceciliaweg, Ashlea Gardens begin.

Dit is met groot blydskap dat die gemeente 'offisie�l' op 25/04/1998 tot stand gebring is.

Oggenddienste het op 14 Maart begin.

Huidig:

Daar word nou oggend (10:00) en aand (18:00) dienste gehou by die Liberty Life gebou, h/v Schoeman en Glyn, Hatfield.

Nico vd Walt en gesin trek 29 Mei Pretoria toe. Hulle nuwe adres is:

Nico vd Walt , Posbus 12371, Queenswood, 0121 en Telefoon no : (012) 329 3012  (Sel) : 082-923-5467 e-mail - .Nico vd Walt

 

Terug