Preektranskripsies |
Preektranskripsies, die inisiatief van 'n paar lidmate, word ook nou op die web beskikbaar gestel. 'n Minimum redigering van die preke is gedoen. Tog sal die leser vind dat mens baie gou gewoond raak aan die praatstyl; trouens, dat dit besonder lekker lees. Die leser moet verder onthou dat hierdie preke is, nie lesings wat van 'n fyn uitgewerkte manuskrip afgelees is nie. Ons meen egter dat die effense herhaling en situasie-bepaalde toepassing nie 'n belemmernis is nie. Dis deurgaans duidelik dat dit gebaseer is op deeglike eksegese en goeie voorbereiding. |