Click on the music bar above to download.
P60 Loof Hom, loof Hom, Jesus ons troue Verlosser Sing en juig tot eer van die Heer se Naam Loof Hom (2x), groot is Sy Liefde vir sondaars Hy is waardig, Hy ons Verlosser-Heer! Aan die kruis het Hy in ons plek gesterwe Uit die graf se�vierend weer opgestaan Loof Hom (2x), roem in Sy magtige dade Loof Hom (2x), alles wat asem het! Loof Hom (2x), Jesus ons magtige Koning Sing en juig tot eer van die Heer se Naam Loof Hom (2x), hoog in die hemelse sfere Hy heers ewig vanaf Sy koningstroon Hy't die vyand onder Sy voet verbrysel Hy's onstuitbaar, Vors van Geregtigheid Loof Hom (2x), roem in Sy magtige dade Loof Hom (2x), alles wat asem het! Loof Hom (2x), Jesus die komende Koning Sing en juig tot eer van die Heer se Naam Loof Hom (2x), Losser, Geliefde, Beminde Hy het vir ons 'n tuiste gereed gaan maak Op die wolke sal Hy verskyn in almag En Sy bruid sal ewig dan by Hom bly Loof Hom (2x), roem in Sy matige dade Loof Hom (2x), alles wat asem het! |