Click on the music bar above to download.
P54 Wie sou kon dink dat God Sy Seun sou stuur Om sondaars uit die dood te red Wie sou kon dink dat ook ek 'n Voorwerp van Sy guns sou wees Wie kan verstaan! Wie kan dit peil! Dat God se Seun vir my sou sterf (2x) Geheimenis - dat die Regverdige 'n Sondaarsdood aan die kruis moes sterf My sondeskuld op Hom gelaai Word Hy vir my die Middelaar Daar waar ek hoort! Daar in my plek! Het Hy die toorn van God gedra (2x) Geheimenis - dat ek voor God kan staan Versoen, Regverdig, Aangeneem Die volmaakte gehoorsaamheid Van Jesus is aan my gekrediteer Geen oordeel meer! Ek is Sy kind! My onvervreembare erfenis (2x) Die goeie werk wat U in my begin Sal U tot vervolmaking voer Dan sal ek U sien net soos U is En ewig soos U word my Heer Van Ewigheid tot Ewigheid Is ons by U en U by ons (2x) |