Click here to download file

Click on the music bar above to download.

P4

Prys Hom, die Seun van God
Wat voor die Skepping was
Deur Hom is alles voortgebring
In Horn hou alles stand

Die Eersgeborene
Die eerste uit die dood
Die eerste van die nuwe skepping
Jesus, onse Heer

Prys Hom, die Lam van God
Hy het vir ons gesterf
Besing Sy Lof, verhef Sy Naam
Die Koning op Sy troon

Spring op my hart en juig
Aanbid die Lam geslag
Want Hy het jou verlos my siel
Met bloedsmart jou gekoop

Prys Hom, die Here God
Hy heers in Heerlikheid
Sy Koningskap is sonder end
Voor Hom sal elkeen buig

My stem sal U verhef,
ek sal U Naam verhoog
My lippe sal U loof, O Heer
Vir ewig U vereer

Terug / Back