MEER OOR DIE GEMEENTE IN DIE VAALDRIEHOEK
Waar is ons kerk gele�?
H/v Cas Maartens en Gerrie vd Walt , Sonlandpark , Vereeniging, Suid Afrika.
Posadres :
Posbus 263435 , Drie Riviere , 1935, Suid Afrika.
Ons is n gemeente van besliste Reformatoriese oortuiging. Ons bou dus op dieselfde fondamente as die regsinnige kerk deur al die eeue:
Net die Woord , Net Genade , Net Christus , Net Geloof , Net tot Eer van God.
As opsomming van geloof het ons die historiesgerespekteerde en internasionaal-erkende 1689 Baptiste Belydenis - soos bykans alle Reformatoriese Baptiste gemeentes oor die w�reld. Ons beleef dan ook hartlike verhoudinge met talle sulke gemeentes. Hier plaaslik is ons n aktiewe lid-gemeente van die Reformed Baptist Association.
ONS GELOOFSHOEKPENNE
1. TOTA ET SOLA SCRIPTURA / DIE HELE SKRIF EN NET DIE SKRIF
Die hele Bybel, en net die Bybel, is God se besondere en ge�nspireerde openbaring aan die mens. Daarom is dit algeheel betroubaar en die universeel gesagvolle norm vir leer en lewe.
2. SOLA GRATIA / GENADE ALLEEN
As 'n sondaar gered word, dan is dit geheel-en-al te danke aan God se vrye genade, en daaraan alleen.
3. SOLUS CHRISTUS / CHRISTUS ALLEEN
Hierdie genade wat God aan miljoene sondaars deur alle eeue betoon het, was nog altyd volledig gebaseer op die volmaakte middelaarswerk van Sy Seun, Jesus Christus, en daarop alleen.
4. SOLA FIDE / GELOOF ALLEEN
God verklaar enige en elke sondaar regverdig wanneer die vanuit sy of haar geestelike en morele bankotskap volledig op die middelaaarskap van Jesus Christus staat maak teen einde vir God aanvaarbaar te wees. Daar is geen ander manier om met God versoen te word nie. Geen menslike verdienste, van watter aard ook al, kan Christus se verdienste aanvul nie; trouens, die Woord waarsku uitdruklik dat enige poging daartoe diskwalifiserend is.
5. SOLI DEO GLORIA / DIE EER VAN GOD ALLEEN
Alles wat God beplan het en in die geskiedenis uitvoer (niks wat is of gebeur, is uitgeslote nie), het een finale doelwit, nl. om Homself te verheerlik. Die najaging van heirdie doel is dan ook elke mens se hoogste en onontkombare roeping. Om vir jouself te leef, is die wee van sonde.
Dienstye
Sondag : | |||
|
9:00 | ||
Gebed | 9:00 | ||
Erediens | 10:00 | ||
Diens | 18:30 |
Kontakpersone
Leier Ouderlinge | ||
Nico van der Walt | Tel | (012) 329 3012 |
Fax | (012) 329 3012 | |
Johannes de Koning | Sel | 082 468 4541 |
Ouderlinge : | ||
Johann Haasbroek | Tel | (016) 28-3934 |
Thys Louw | Tel | (016) 29-2223 |
Hein Strauss | Tel | (016) 932-5459 |
Pieter van der Merwe | Tel | (011) 907-5555 |