Antipas Herout No.10
Heiligmaking:
Watermerk van Christelike Egtheid
Deel 1 : Die Aanvang en Vervolmaking daarvan.
Nico van der Walt
Heiligmaking is die proses waarin God Sy uitverkorenes verander vanuit hulle natuurlike sondeverdorwe toestand tot gelykvormigheid aan die verheerlikte mensheid van Jesus Christus.
In sowel die Ou as die Nuwe Testament dra die begrip 'heilig' die idee van afsondering - om eenkant te wees of geplaas te word vir gebruik of bevoorregting. Hieruit vloei dan die verdere idee van morele reinheid.
AANVANKLIKE HEILIGMAKING
Dikwels word na heiligmaking verwys as iets wat afgehandeld en onherhaalbaar in die verlede gebeur het. Hierdie aspek van heiligmaking het ten minste 'n ewe sterk klem in die Skrif as die progressiewe aspek daarvan.
* In Hand 20:32; 26:18; Rom 15:16; 1Kor 1:2 en Heb 10:10 word die gelowiges 'geheiligdes' (Passiewe Verlede Deelwoord) genoem (sien OAV). Die werkwoorde is passief (dit is dus iets wat aan hulle gedoen is - deur die Heilige Gees, volgens Rom 15:16) en dui op 'n gebeurtenis in die verlede met steeds geldende gevolge.
* In 1Kor 6:11 s� die apostel van die gelowiges dat hulle 'geheilig' is (OAV) en hy gebruik 'n gewone verlede tyd. Dis weer 'n passief, met die Gees as die handelende. Dit is twyfelagtig of te veel waarde geheg moet word aan die orde waarin die begrippe ingespan is; en indien wel intensioneel, is opinies uiteenlopend oor wat dit beteken.
* Die Selfstandige Naamwoord (heiligheid; heiligmaking) verwys ook soms na hierdie gebeurtenis, soos duidelik uit die sinsverbande blyk (1Kor 1:30; 2Tes 2:13; 1Pet 1:2).
* Dis o.g.v. hierdie heiligmaking wat Nuwe Testamentiese gelowiges 'heiliges' (Meervoud Byvoeglike Naamwoord) genoem word (Rom 1:7; 1Kor 1:2; 2Kor 1:1; Ef 1:1; Fil 1:1; Kol 3:12 - vgl. meer as een vertaling).
Aanvanklike heiligmaking dui dan op die werk van die Heilige Gees wanneer Hy op 'n persoon beslag l� en hom of haar afsonder, as 't ware 'eenkant neersit' vir God se besondere genade en diens. Dis wanneer Hy iemand 'uit Adam uithaal' en met Christus as die Laaste Adam (1Kor 15:45) verenig ten einde hom deel te maak van God se nuwe mensheid; wanneer Hy hom vanuit die duisternis oorbring na God se wonderbare lig (1Pet 2:9; Hand 26:18); wanneer Hy van hom 'n ware Christen maak.
Dis dan bykans sinoniem aan ander uitdrukkings wat op dieselfde saak wys ('Ek is in 1973 gered'; 'Hy het vanuit Islam tot bekering gekom'), maar wil die faset van afskeiding, van afsondering onderstreep - besonderlik die voorregte, verantwoordelikhede en praktiese implikasies daaraan verbonde. Dit is dus 'n sambreelterm wat al die elemente van die heilsorde saamvat wat ter sprake is wanneer iemand 'n Christen word (roeping, wedergeboorte, geloof, bekering, regverdiging en aanneming).
As die Woord vir gelowiges s� dat hulle reeds geheilig is, en daarom heiliges is, wil dit beklemtoon dat hulle, toe hulle Christene geword het, deur die Drie-enige God van 'n sondige w�reld onder Sy toorn afgesonder is vir Homself - en daarom vir onuitspreek-like voorregte, verhewe dienswerk en 'n welgeluksalige toekoms. Dit wil dus 'n innerlike vastigheid in hulle vestig, oorstelpte aanbidding uit hulle laat ontspring, 'n gewigtige verant-woordelikheidsbesef in hulle laat neerslag vind en 'n permanente dankbaarheidslewe by hulle ontlok.
Die Nuwe Testament werk sterk met die waarheid dat dit ondenkbaar is dat mense wat geheilig is (met alles wat dit beteken en impliseer), sonder meer maar net met sonde kan voortgaan. Afgesien daarvan dat so iets onmoontlik is vanuit hulle lewenseenheid met Christus en die nuwe hart wat daarmee gepaard gaan, sou dit op veragtelike ondankbaarheid, skreiende inkonse-kwentheid en 'n skokkende gebrek aan integriteit neerkom.
Rom 6 is waarskynlik die mees uitvoerige ontvouing van hierdie fundamentele Bybelse motivering vir 'n heilige lewe.
'n Welbekende illustrasie word ontleen aan die Tweede W�reldoorlog. Die geallieerde magte het in die helfte van 1944 (D-dag) op die strande van Normandi� geland. Elke oorlogstrateeg het toe geweet wie die oorlog gaan wen, want die Duitse magte was nou onomkeerbaar op die agtervoet. Tog het dit nog elf maande geduur en van die bloedigste gevegte van die oorlog gekos voordat Berlyn geval het (V-dag). Maar, en dis die punt, tydens hierdie veeleisende tydperk was die geallieerdes in 'n posisie van krag en was daar vir hulle net een pad - vorentoe! Hoe belangrik is dit nie vir Christene om hulle eie heil, ja, met vrees en bewing, maar op die voorvoet uit te werk nie - wetende dat God self in hulle werk om te wil sowel as om te werk na Sy welbehae (Fil 2:12-13, OAV)!
DIE WEDERGEBOORTE
Laasgenoemde hoofstuk is een van die duidelikste Ou Testamentiese hoofstukke oor die aard en rykdomme van die Nuwe Verbond, besonderlik die wedergeboorte. In v.25 belowe God dat Hy Sy volk met water van hulle sonde sal reinig en in v.27 belowe Hy die groot gawe van die eindtyd, die Heilige Gees. As die Here Jesus met Nikodemus oor die wedergeboorte praat, verwys Hy spesifiek na hierdie twee elemente in Jh 3:5: water en Gees.
Tussen die twee beloftes in Eseg 36 is 'n vers wat van die allergrootste belang is vir ons onderwerp. V.26 belowe 'n 'nuwe hart' - een van vleis wat die ou hart van klip vervang. Die Bybelse begrip 'hart' dui op die sentrum van 'n mens se persoonlikheid. Dit is dus die 'beheerkamer' wat sy hele lewe bepaal (Spreuke 4:23). 'n Feit wat vasstaan, is dat elke mens onder die dwang van sy eie hart leef. Wat in sy hart aangaan, dit is hy.
'n Illustrasie hiervan is te vinde in die gedrag van trekvo�ls. Waarom vlieg hulle noordwaarts in die herfs en kom elke lente weer terug? Die antwoord l� in hulle aangebore natuur. Aan hierdie genetiese trekinstink m��t hulle gehoorsaam wees; hulle k�n nie anders nie. S� is elke mens onontkombaar aan sy eie hart gehoorsaam.
'n Hartsverandering sal dus onvermydelik 'n gedragsverandering meebring. So sal die Here 'maak' dat ons volgens Sy voorskrifte leef (v.27). In Jer 31 word 'n ander beeld gebruik om dieselfde belofte te dra: Hy sal Sy wette op mense se harte skryf (v.33).
Eseg 36 se ou hart is van klip. Dit is dood vir die Here en Sy dinge. Dit is koud en hard, dus belangeloos en gevoelloos teenoor God, Sy eer, Sy wil en Sy Koninkryk. Die nuwe hart, daarenteen, is van vleis. Dit is lewend vir die Here en Sy dinge. Dit is warm en sag, dus ywerig en vormbaar m.b.t. God, Sy eer en Sy koninkryk.
Hierdie hartsverandering, wat die Nuwe Testament 'n geboorte uit God, oftewel die wedergeboorte noem, bring dus 'n nuwe lewensbeginsel, 'n nuwe geaardheid, 'n nuwe geneigdheid, 'n nuwe ingesteldheid. Dit bring nuwe prioriteite, nuwe ambisies, nuwe verlangens, nuwe hartstogte. Daarom bring dit 'n totaal nuwe lewe - 'n lewe wat gedring word deur die begeerte om God Drie-enig te ken, om soos Hy te word en om baie vrug tot eer van Sy Naam te dra.
Presies dit het die Apostel Paulus proefondervindelik verstaan: 'Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk dit het alles nuut geword.' (2Kor 5:17, OAV).
uit God gebore
doen nie sonde nie
want God se saad bly in hom
doen nie sonde nie
uit God gebore
Sonder om nou aandag daaraan te gee, moet net gemeld word dat Johannes nie hier van sondeloosheid praat nie (vgl bv.1:8-2:20). Wat hy waarskynlik bedoel (die werkwoords-vorm dui daarop), is dat so 'n persoon nie meer met sonde as 'n lewenswyse voortgaan nie. En wat is die geheim? God se saad is in hom geplant! Die Here het dus 'n nuwe lewensbeginsel in hom ingeskape deur die wedergeboorte - wat wil klaarkry met sonde en wat niks m��r begeer as om God te behaag nie.
Wedergeboorte in 'n persoon se lewe is God se soewereine en diep-ingrypende lewendmakende werk deur Sy Heilige Gees, waardeur so 'n persoon verander word vanuit 'n toestand van geestelike dood (en 'n gevolglik God-vermydende harts-gesteldheid) tot 'n toestand van geestelike lewe (en 'n gevolglik God-soekende hartsgesteldheid).
HEERLIKMAKING
* Finale heerlikmaking sal vlekkelose morele vervolmaking vir die individu bring (1Kor 1:8; Ef 1:4; Fil 1:9-11; Kol 1:22; Jud 24). Dit sal ook 'n volheid van kennis bring (1Kor 13:12; 1Joh 3:2).
* Die verloste, wat tydens die tussentoestand geestelik bestaan het, sal met die uiteindelike heerlikmaking 'n volmaakte en verheerlikte liggaam ontvang (1Kor 15:35-50; 2Kor 5:1-5; Fil 3:20-21).
1Kor 15 stel in grafiese taal die kontras tussen die huidige liggaam en die verheerlikte. Tans is dit verganklik (onderworpe dus aan siekte, verou-dering en dood); maar eendag sal dit onverganklik wees (42). Tans is my liggaam swak en gering; maar dit sal in krag en heerlikheid opgewek word (43). Tans is dit 'n natuurlike liggaam; maar dan 'n geestelike (bo-natuurlik, geskik vir bestaan in 'n lewensfeer wat deur God se Gees beheers word, volmaak toegerus vir gemeenskap met God, wat gees is) (44).
Hierdie 'bekleding met die onverganklike en onsterflike', hierdie vernietiging van en oorwinning oor die dood, sal in 'n oogwink gebeur (1Kor 15:51-54).
* Nie alleen sal die individu verheerlik word nie, maar ook sy omgewing en woonplek. Die skepping wat a.g.v. die sondeval verwring is (Gen 3:14-19), sal van sy 'verydeling en verslawing aan die verganklikheid bevry word tot 'n staat wat hoort by die heerlikheid van die kinders van God' (Rom 8:19-22). In Op 21:1-2 word dit 'die nuwe hemel en die nuwe aarde' genoem.
Voor die sondeval het die mens 'n heerlike woonplek, die Tuin van Eden gehad. Sonder twyfel sal 'n nog heerliker woonplek - deur die Hemelse Bruidegom vir Sy bruid voorberei (Joh 14:1-3) - 'n wesentlike bydrae lewer tot die nuwe mensheid se ewig-welgeluksalige staat.
* Eerstens word 'die saad van God', die embrio van Sy natuur en heiligheid deur die wedergeboorte ingeplant. Hiersonder sou daar geen sprake van heiligmaking kon wees nie.
* Dan volg heiligmaking - die groei van hierdie nuwe lewensbeginsel - tydens die gelowige se lewe op aarde. Dit is nie 'n proses wat wasdom bereik nie, nie naastenby nie. Dit benodig 'n verdere dramatiese ingrype van God.
* Laastens is daar dan die heerlikmaking, wat die uitverkorene se wesentlike staat uiteindelik in ooreenstemming bring met die juridiese status wat hy sedert sy regverdigmaking (toe hy die eerste maal geglo het) in God se boeke geniet het! Dit verlos hom, enersyds, finaal van die 'liggaam van die dood' en die sonde, en maak hom, andersyds, oor die volle spektrum van sy menswees gelykvormig aan die verheerlikte mensheid van 'die mens, Christus Jesus' (1Tim 2:5) - die Hoof van God se nuwe skepping.
Heiligmaking is dus 'n proses tussen twee krisisse - twee dramatiese ingrypings van God: Wedergeboorte, die groeibodem, die bron, die embrio daarvan, en heerlikmaking, die afronding en vervolmaking daarvan.
Antipas Herout word gepubliseer deur Antipas Lektuur, 'n bediening van die Antipas Baptiste Gemeente in die Vaaldriehoek, met Nico van der Walt as redakteur. Die doel is om Bybelse lering in die vorm van kort, bevatlike studiestukke gratis beskikbaar te stel, ten einde begrip van en geloof in die fundamentele God-gesentreerde beginsels van die Woord so wyd as moontlik te bevorder.
Hierdie lewensbelangrike waarhede is kernagtig en uitnemend geformuleer in die groot Reformatoriese Belydenisskrifte en die wekroepe van die sestiende eeuse Reformasie:
Die Skrif Alleen, Genade Alleen, Christus Alleen, Geloof Alleen, Die Eer van God Alleen.
As u op ons poslys wil wees om gedrukte uitgawes van die
Herout gratis te ontvang, stuur u naam en posadres aan:
Antipas Herout, Posbus 263435, Drie Riviere, 1935
Tel: (016) 423 3639 Faks: (016) 454 0387
of
E-pos ons by : [email protected] en vra
om op ons adreslys begevoeg te word.
Antipas Lektuur is in die lewe geroep om die waarheidsevangelie in sowel Afrikaans as Engels so wyd en goedkoop moontlik te versprei. Besonderhede van ander studieboeke, traktate, geselekteerde boeke teen net meer as kosprys en oudiobande, kan van bogemelde adres verkry word.
Dit staan enigeen vry om die inhoud van hierdie Herout met of sonder erkenning te gebruik. Die skrywer het immers self baie hulp by talle ander gekry. Hy glo dat die
inhoud 'n suiwer uiteensetting van Skrifopenbaring is, en sy hartstog is om die waarheidsevangelie so wyd moontlik te versprei, nie om dit te kniehalter nie.