Antipas Herout No.9
Die Gemeente As
Lampstaander
Enkele Perspektiewe op die Briewe van Openbaring 2-3
Nico van der Walt
Dis verstommend hoeveel Christene hulle beswaarlik steur aan die Nuwe Testamentiese openbaring oor die kerk. Hoe min verstaan regtig waarom dit gaan in die gemeente en wat sy grootse roeping is in die uitwerk van God se raadsplan. Wat het tog geword van die hartstog dat die kerk waarlik kerk sal wees!
Daar is seker min Skrifgedeeltes wat meteen meer bekend �n meer verwaarloos is, as die sewe briewe in Op 2-3. Elke brief regverdig uiteraard 'n dieptestudie, maar daar sit ook waarde in 'n oorsigtelike benadering ten einde die gesamentlike boodskap van die briewe te bekyk - soos ons nou gaan doen. Trouens, die waarhede wat hierdie kort studie aansny, het 'n onuitwisbare en lewensbepalende indruk op die skrywer hiervan gemaak. En hy glo dat talle nadenkende lesers dieselfde sal ondervind.
SEWE FASETTE VAN DIE KERK
Tog is die volheidsgetal, sewe, betekenisvol. Dit dui daarop dat hierdie gemeentes as 't ware die kerk van die hele bedeling tussen die eerste koms van Christus en Sy wederkoms verteenwoordig. Ons het hier sewe fasette van die universele kerk. Elkeen was keer op keer maar weer, tot 'n mindere of meerdere mate, sigbaar in die w�reldwye kerk deur die eeue.
DIE KONING SE PRIORITEITE
* Christelike liefde - teenoor die Drie-enige God en die medemens, veral broeders en susters in die geloof.
* Diensbaarheid en goeie werke.
* Geloof, geduld en volharding in 'n vyandiggesinde omgewing.
* Kompromielose leersuiwer-heid en verwerping van valse leraars.
* Haat, vermyding en uitroeiing van sonde.
* Ywer vir die suiwerheid van die gemeente, asook die gepaardgaande dissipline en tug in diens daarvan.
* Getrouheid in die gemeente se roeping om die waarheidsevangelie uit te dra.
Laat daar geen illusies hieroor wees nie: dis waaroor dit in gemeente-wees gaan; dis wat die Here in Sy gemeente soek. En dit geld ononderhandelbaar vir elke gemeente, ongeag van tyd, kultuur of omstandighede.
* Liefdeloosheid teenoor God en mens.
* Die duld van dwaalleer en diegene wat dit verkondig.
* Slap gemeentelike dissipline en verdraagsaamheid teenoor sowel sonde as sondaars in eie midde.
* Vormgodsdiens en geestelike louheid.
* Godsdienstige gearriveerdheid en selftevredenheid.
* Lidmaatskapgetalle en -groei.
* Die gemeente se finansi�le begroting en fasiliteite.
* Kwalifikasies en begaafdheid van personeel en voorgangers.
* Organisasie, programme, akti-witeite, gesagstrukture.
* Betrokkenheid by plaaslike of nasionale politiek en kultuur.
GODDELIKE EN MENSLIKE BEOORDELING
Daarenteen kry twee gemeentes net kritiek en bestraffing. Sardis (3:1-6) en Laodisea (3:14-22) kry F-simbole. In eersgenoemde is daar darem nog 'n paar wat heilig lewe (3:4). Laodisea is egter al so ver heen dat dit onseker is of daar nog diesulkes is (3:20).
* Die twee A-gemeentes is beide maar sukkelaars. Smirna is armoedig en verdruk (2:9-10). Filadelfia het min krag (3:8). In terme van hedendaagse idees is beide eintlik mislukkings - maar van die Hoof van die kerk kry hulle net lof.
Die twee F-gemeentes is op die oog af modelle. Sardis het selfs buite sy eie kring 'n reputasie van lewe (3:1). Waarskynlik dui dit op allerlei aktiwiteite. Laodisea is skatryk en reken dat hulle oor alles beskik wat 'n gemeente nodig mag h� (3:17). Vandag sou hulle as suksesvolle gemeentes geag word - maar Jesus Christus het nie 'n enkele goeie woord vir een van hulle nie!
Besef ons hoegenaamd tot watter mate vandag se idees oor gemeentelike sukses en mislukking verskil van Bybelse norme? Dis lewensbelangrik dat elke gemeente homself voortdurend beoordeel in Skriflig. Sommige 'mislukkings' mag dalk baie bemoedig anderkant uitkom; en party 'suksesse' sal verseker geskud word tot in hulle fondamente! Gestel jou gemeente moes vandag so 'n brief van die Hoof van die kerk ontvang - wat sou die inhoud wees? Wat sou julle simbool wees?
* En laat ons maar versigtig wees om nie te vinnig met 'n opinie te kom nie. 'n Verdere waarneming toon hoe verskriklik maklik dit is om die bal totaal mis te slaan as jy wel die kerk beoordeel. Tweemaal sien ons in hierdie briewe hoe menslike evaluering lynreg strydig is met Christus s'n.
Buitestaanders reken dat Sardis lewe, maar die Here Jesus verklaar hulle dood (3:1)! Die gemeente in Laodisea klop hulleself op die skouer, maar die Here lewer vernietigende kritiek: hulle is ellendig, beklaens-waardig, arm, blind en kaal!
Voorwaar is dit genade as 'n gemeente weier om sy ore uit te leen vir andere se lofsange, omdat hy weet hoe totaal onbetroubaar menslike opinie is. En baie, baie wys is die plaaslike kerk wat, diep bewus van sy geneigdheid tot selfbedrog, homself weer en weer met meedo�nlose eerlikheid in die Woord van God spie�l.
Die Reformatoriese vaders het hierdie dinge verstaan. Vandaar hulle wekroep: Semper Reformanda! (Gedurige Reformasie). Maar, let noukeurig op, reformasie is nie om nuwe dinge te ontdek nie; dis om eeue-oue dinge opnuut weer te ontdek. Hy wat God nie gereeld dank vir die ewig-vasstaande, universeel-gesagvolle, immer-betroubare Woord nie, begryp nog maar baie min van God se gansandersheid en die menslike verdorwenheid!
DIE LAMPSTAANDER
Gesaghebbende woordeboeke is eenstemmig: die woord dui op 'n staander waarop een of meer lampe neergesit is, sodat die lig so wyd as moontlik kon skyn. Dis nie die lamp self nie - daarvoor is daar ander woorde in Grieks. Die eerste 4 verse wat hierbo genoem is, bring die onderskeid tussen die lamp (lugnos) en die staander (lugnia) duidelik na vore.
Die beste Afrikaanse vertaling is dus lampstaander. Omtrent alle moderne Engelse vertalings gebruik dan ook deurgaans 'lampstand'.
Wat anders kan hier bedoel word as dat verkondiging van die Christus-gesentreerde evangelie elke gemeente se sentrale roeping is! So 'n afleiding is volledig in pas met die res van die Nuwe Testament. Fil 2:15-16 spel dieselfde roeping uit: "Tree ... op as ligdraers in die w�reld deur die woord van die lewe uit te dra." En Paulus wil niks anders doen nie as om Christus, die Gekruisigde, te verkondig (1Kor 2:2).
VERWYDERING VAN DIE LAMPSTAANDER
Wat beteken dit? Hoe verwyder Christus dit? Wat presies gebeur in 'n gemeente as die lampstaander verwyder word?
* Geestelike blindheid begin stadigaan intree. Lidmate begin geleidelik sig verloor op die wonder van hulle redding. Die gevolg is dat Christus se glansryke heerlikheid algaande verdof. En, onvermydelik, hulle getuienis oor Sy Naam en groot verlossingsdade raak al hoe stiller.
* 'n Klemverskuiwing vind plaas. Die mens en sy dinge begin sentraal raak. 'n Beheptheid om die kerk lekkerder en meer sosiaal te maak, en hierdie w�reld 'n beter plek, staan al hoe meer voorop.
* Christus word nie meer as God se Groot Profeet gepreek nie. Die Woord word nie behoorlik uitgel� nie, maar allerlei mens-gesentreerde en 'praktiese' temas word behandel. God se Wet is op die agtergrond, asook Christus en Sy apostels se ontvouing daarvan in die Nuwe Testament.
* Christus word nie meer as God se Groot Ho�priester gepreek nie. Die evangelie, die r�gte evangelie, word selde vanaf die kansel gehoor. En wanneer dit wel gebeur, is dit, anders as die Bybelse aanbieding daarvan, mens-gesentreerd en sentimenteel. Omdat die lidmate vreemdelinge geword het vir God se geregtigheid en heilige standaarde, maak die kruis, die ware betekenis daarvan, in elk geval nie meer s�veel saak nie. God se vrye genade in Christus vir sondaars, het plek gemaak vir die eie-verdienste van filantropie en medemenslikheid.
* Christus word nie meer as God se Groot Koning gepreek nie. Jy gaan tevergeefs na so 'n gemeente toe om van Sy soewereine seggenskap en regering in Christene se lewens te hoor. Die noodsaak van self-aflegging en kruisdra in Sy voetspore is vervang met die beklemtoning van al die hier-en-nou-voordele van Christen-wees. Van Sy vermo� om sondaars bonatuurlik toe te rus tot 'n heilige lewe, word bloedweinig ges�; en van Hom as toekomstige Regter nog minder.
Selfvoldaanheid volg nou. As God se Wet en heilige standaarde nie gepreek word nie, wat hou die mense nederig? Voeg hierby gewildheid - en gearriveerdheid is onvermydelik.
Dis meer as tragies, maar 'n kerk kan vir eeue so lampstaander-loos voortbestaan. Al wat nodig is, is om genoeg institusionele stutte in te bou, en dit staan vanself - 'n ru�ne, opgetooi in prag en praal. En niemand binne die mure besef dit nie, want almal wat in die lig wandel, het lank vantevore reeds vertrek. Waar die Here Jesus is, daar is Sy dienaars immers saam met Hom (Joh 12:26).
'N LOTSBEPALENDE KEUSE
Wat is getrouheid? Om in God se o� te slaag. Wat is sukses? Om in mense se o� te slaag.
Natuurlik kan mens getrouheid kies, en ook suksesvol wees (in die Here se genade). En mens kan sukses kies, en tog in mense se o� misluk. Maar dis onmoontlik om sukses te kies - en terselfdertyd in God se o� te slaag.
Antipas Herout word gepubliseer deur Antipas Lektuur, 'n bediening van die Antipas Baptiste Gemeente in die Vaaldriehoek, met Nico van der Walt as redakteur. Die doel is om Bybelse lering in die vorm van kort, bevatlike studiestukke gratis beskikbaar te stel, ten einde begrip van en geloof in die fundamentele God-gesentreerde beginsels van die Woord so wyd as moontlik te bevorder.
Hierdie lewensbelangrike waarhede is kernagtig en uitnemend geformuleer in die groot Reformatoriese Belydenisskrifte en die wekroepe van die sestiende eeuse Reformasie:
Die Skrif Alleen, Genade Alleen, Christus Alleen, Geloof Alleen, Die Eer van God Alleen.
As u op ons poslys wil wees om gedrukte uitgawes van die
Herout gratis te ontvang, stuur u naam en posadres aan:
Antipas Herout, Posbus 263435, Drie Riviere, 1935
Tel: (016) 423 3639 Faks: (016) 454 0387
of
E-pos ons by : [email protected] en vra
om op ons adreslys begevoeg te word.
Antipas Lektuur is in die lewe geroep om die waarheidsevangelie in sowel Afrikaans as Engels so wyd en goedkoop moontlik te versprei. Besonderhede van ander studieboeke, traktate, geselekteerde boeke teen net meer as kosprys en oudiobande, kan van bogemelde adres verkry word.
Dit staan enigeen vry om die inhoud van hierdie Herout met of sonder erkenning te gebruik. Die skrywer het immers self baie hulp by talle ander gekry. Hy glo dat die
inhoud 'n suiwer uiteensetting van Skrifopenbaring is, en sy hartstog is om die waarheidsevangelie so wyd moontlik te versprei, nie om dit te kniehalter nie.