Antipas Herout No.7

 

DIE OPSTANDING

VAN JESUS CHRISTUS

Persoonlik, Histories, Fisies

 

Nico van der Walt

As daar een waarheid is wat die Nuwe Testament in sy lesers se harte wil ingrafeer, is dit dat Christus persoonlik, liggaamlik� en histories opgestaan het uit die dood. Een van die mees triomfantelike verse in die ganse Bybel is Mark 16:6: "Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie."

Al vier die Evangelies beskryf dit uitvoerig. In Handelinge is dit reg van die begin af keer op keer aan die hart van die apostels se prediking (vgl. o.a. Hand 2:29-32; 3:15; 5:30). Dis geen wonder nie, want hulle het uitdruklik opdrag gehad om daarvan te getuig (Luk 24:46-48) en het dit duidelik as 'n absolute prioriteit verstaan. Toe 'n opvolger vir Judas Iskariot aangewys moes word, is sy taak en kwalifikasie in soveel woorde uitgespel: hy moes 'n oog- en oorgetuie van Jesus se lewe en werk wees; en van alles wat hy beleef het, moes hy veral van die opstanding gaan getuig (Hand 1:21-22).

In die apostoliese briewe kom die opstanding weer en weer ter sprake en die heilsbetekenis daarvan word puntenerig uitgewerk. Sonder twyfel het die apostels van 'n persoonlike, liggaamlike en historiese opstanding getuig - en dit saam met kruis en pinkster as die essensie van die evangelie beskou.

MODERNISTIESE BESKOUINGS

Ten spyte van die Nuwe Testament se klinkklare getuienis, herdefinieer talle modernistiese teolo� vandag die opstanding van Christus - alles in 'n poging om van die bonatuurlike in die Christelike geloof te ontkom. Volgens hulle het Hy nie persoonlik, liggaamlik en histories opgestaan nie, maar bloot in die harte, herinneringe en toegewyde lewens van die vroe� kerk. Dit is, s� hulle, soos 'n Verdi wat steeds op die operaverho� van die w�reld 'voortleef'. Hierdie standpunt neem ook onrusbarend in Suid-Afrika toe en word al hoe meer openlik verkondig, soos talle denominasies die begeerte en vermo� om leertug toe te pas, verloor. Tog is die 'man in die bank' beswaarlik daarvan bewus, omdat hierdie mense steeds Bybelse woorde gebruik en na�ewe kerkgangers nie besef dat 'n ander inhoud daaraan gegee word nie. Op die oor af klink alles dus regsinnig, maar iemand wat weet waarna om te luister, kan die slang in die gras bespeur deur te let op wat ni� gepreek word nie.

 

WAAROM SO BELANGRIK?

Daar is veral 3 redes waarom dit lewensbelangrik is dat Jesus Christus persoonlik, liggaamlik en histories op-gestaan het - en ons dit so preek en glo.

Eerstens is dit die onomstootlike bevestiging van Jesus Christus se persoonlike aansprake.

Sonder blik of bloos het Hy in die dae van Sy vernedering talle verbysterende aansprake gemaak. Hoeveel maal het Hy nie ges� dat Hy die Seun van God en God die Seun is; dat Hy die Messias en vervulling van die Ou Testamentiese profesie� is; dat Hy die Regter van die w�reld is nie?

Sou hierdie aansprake nie w��r wees nie, is niks wat Hy ges� het betroubaar nie, allermins Sy beloftes. Trouens, dit sou moeilik wees om Hom nie as 'n versteurde te beskou nie.

Op aarde was Sy aansprake inderdaad deur talle asemrowende tekens en wonders bevestig. Maar dan word Hy gekruisig - en almal twyfel. Was dit die einde van net nog 'n mal man se grootheidswaan? Sekerlik was dit van die Emmausgangers se worstelgedagtes: "Ons het so gehoop dat dit Hy is wat Israel sou verlos" (Luk 24:21).

Maar op die derde dag het die grootste en finaalste van alle tekens waar geword! Dit is presies wat Hy lank tevore belowe het (Joh 2:18-22). Sy opstanding was die absolute bevestiging van Sy hemelse gesag en sending. Presies dit is wat die Emmausgangers verstaan het en waarom hulle die hele 12 kilometer terug Jerusalem toe gehardloop het: "Die Here het regtig opgestaan ...!" (Luk 24:34). Hulle het die implikasies verstaan: Hy is presies wie en wat Hy ges� het Hy is!

Tweedens is dit die onfeilbare waarborg dat Jesus Christus se middelaarswerk ter wille van sondaars, volkome deur die Vader aanvaar is.

Is daar regtig vir my versoening gedoen? Kan ek regtig die dood en wat daarop volg met vertroue tegemoet gaan? Die Nuwe Testament se antwoord is onomwonde: As jy in Christus ingevlug het, inderdaad! Waarom? Christus het opgestaan!

Die Jode het eeue gewag vir die Messias, "... die uitverkorene van God ..." (Luk 23:35). Ten spyte van die volk se aanvanklike opgewondenheid oor Jesus van Nasaret, het hulle algaande ontnugter geraak, omdat Hy nie 'n nuwe politieke bedeling volgens hulle verwagtinge gebring het nie. Die kruisiging, as teken van God se vervloeking (Deut 21:23), is dan vir hulle die laaste strooi. Tog, as hulle Hom spottend uitdaag om van die kruis af te kom (Luk 23:35-36), sit daar waarskynlik ook nog 'n sprankie hoop in. Sou Hy nie dalk op hierdie dramatiese oomblik met 'n goddelike kragtoer kom nie? Maar Hy sterf!

Die opstanding is egter God se uitverkiesende handeling. Dit, meer as enigiets anders, is die Vader se proklamering dat die Seun Sy reddingsmissie na hierdie w�reld volmaak voltooi het (Rom 1:4; Hand 17:31). Alle eise van geregtigheid is bevredig - die uitverkorenes is onomkeerbaar losgekoop!

Sonder die opstanding het ons geen versekering dat Christus se werk enige gewig by God dra nie.

Derdens was dit Jesus Christus se toetrede tot 'n volgende, absoluut noodsaaklike fase van Sy verlossings-werk.

Terwyl die regsbasis vir gelowiges se verlossing finaal afgehandeld daargestel is aan die kruis, sal die uitwerk daarvan eers met hulle heerlikmaking voltooid wees. Met laasgenoemde werk bly Christus in Sy verheerlikte staat steeds besig.

Hoe werk Hy dit uit wat hier op aarde uitstaande is? Hy doen dit deur die werk van die Heilige Gees! (Hand 2:32-36). Die Nuwe Testament is vol hiervan.

Christus is in al Sy hoedanighede met hierdie werk besig. As Profeet is Hy Here van die oes, wat werkers in die oes uitstuur om die evangelie aan alle nasies te verkondig (Matt 9:36-38). As Priester tree Hy vir die gelowiges by die Vader in, ten einde hulle 'in volkomenheid in' (Grieks) te red (Heb 7:25. Vgl. ook Jes 53:12; Rom 8:34; Heb 9:24; 1Joh 2:1). As Koning onderwerp Hy Sy vyande en oordeel Hy hulle eendag (Hand 17:30-31; 1Kor 15:24-28; Ef 1:20-23).

Elke Christen weet die Here moes sterf sodat mense gered kan word, maar hoeveel besef dat dit net so noodsaaklik was dat Hy weer moes l�we!

 

SONDER DIE OPSTANDING IS ALLES TEVERGEEFS

In 1 Kor 15:12-19 werk Paulus die implikasies uit indien Christus nie sou opgestaan het nie (v. 14,17). In die lig van bg. is sy skokkende gevolg-trekkings waterdig. Alles draai hier om: het Christus r�gtig opgestaan?

Die apostels se prediking sou sonder inhoud en gevolglik tevergeefs gewees het (v.14). Hulle bekeerlinge het dan 'n leuen geglo, en 'n dooie verlosser vertrou - met alle prediking sedertdien, ewe misleidend en futiel.

Ons geloof sou tevergeefs gewees het (v.14). Die hand waarmee ek na Christus gegryp het, het dan net lug gegryp. Die anker wat ek in Hom beleef, was dan net 'n illusie; die wedergeboorte en regverdiging waarvan ek getuig, net bluf; die heerlikmaking waarop ek hoop, bloot 'n lugspie�ling; my kruisdra en self-aflegging, totaal futiel!

Ons sou nog gevangenes van ons sondes gewees het (v.17). Al roem ek in Ef 2:4-10, het verse 1-3 steeds my toestand geskets - geestelik dood, in slawerny van my vlees, die w�reld en die duiwel, onder die toorn van God. Ek sou net sowel in Plato of Ghandi kon glo!

Die apostels sou vals getuies gewees het (v.15). Christus se opstanding was aan die hart van hulle verkondiging. Was hulle verkeerd, stort alles in duie - en is die Nuwe Testament die grootste bedrogspul van alle eeue.

Diegene van wie ons glo dat hulle in Christus gesterf het, sou verlore gewees het (v.18). Waarom? Omdat die Vader dan nooit Christus se middelaarswerk aanvaar het nie!

'Wag', s� iemand, 'ons het darem Sy inspirerende lering en voorbeeld. Hoeveel armer sou ons nie gewees het sonder die veredelende invloed van die bergpredikasie nie! Al sou Hy nie opgestaan het nie, leef Hy ten minste in ons harte, ons herinneringe, ons medemenslikheid voort.'

So 'n argument hou egter geen troos vir Paulus in nie, en sy respons is eenvoudig: "As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense" (v.19). Waarom? Vir hom (onthou, hy skryf onder inspirasie van die Gees) verdwerg die behoefte aan 'n beter w�reld voor sy allesoorheersende nood - verlossing van sondes, vrywaring van God se toorn, be�rwing van die ewige saligheid!

Die apostel kan tot net een slotsom kom: "As die dooies nie opgewek word nie, 'laat ons eet en drink, want m�re sterf ons!'" (v.32). Kennelik het sy Christenskap nie oor 'n beter w�reld gegaan nie, maar oor 'n salige hiernamaals!

DIE HISTORISITEIT VAN DIE OPSTANDING

Ons m��t dus weet! Het Hy r�gtig opgestaan - persoonlik, liggaamlik, histories? Hoe kan ons vasstel, waar kan ons uitvind?

Daar is onweerlegbare historiese bewyse. 'n Historiese feit word normaalweg deur enigeen van die volgende vier dinge bevestig: ooggetuies se getuienis, institusionele instellings wat daaruit spruit, gebruike en tradisies wat daarheen teruggevoer kan word, en fisiese oorblyfsels soos bouvalle en dies meer. Eersgenoemde drie staan vas m.b.t. die opstanding. En dis goed dat geen fisiese oorblyfsels bestaan nie, want afgodery sou beslis die gevolg gewees het (vgl. die koperslang, Num 21:9; 2Kon 18:4).

Daar was baie getuies. Presies dit is Paulus se punt in 1Kor 15:5-8. Die hart van die apostels se roeping was om van die opstanding te getuig. En talle ander het ook die opgestane Christus gesien - selfs meer as vyfhonderd tegelyk (1Kor 15:6). Enige regter sou sonder huiwering uitspraak gee op grond van mindere getuienis. Natuurlik leef die apostels nie meer nie, maar ons het hulle geskrifte - en 'n verskeidenheid onderling-bevestigende dokumente van verskillende skrywers maak 'n historiese feit vas.

As institusionele instelling bestaan die kerk (met die opstanding as sentrale element van geloof) al twintig eeue - groeiend, onvernietigbaar en florerend onder vervolging.

En die nagmaal, die doop en die Sondag was nog altyd 'gebruike' waar die kerk ook al is - en in elkeen word die opstanding ondermeer herdenk.

PERSOONLIKE ONTMOETING

Bogemelde is alles goed en wel. Maar 'n mens soek meer as bloot intellektuele argumente, nie waar nie. Ons het behoefte aan 'n 'diepere wete'. 'n Tomas sit in elkeen van ons. Dis nog steeds so dat niemand r�gtig glo, tensy hy die opgestane Christus persoonlik ontmoet het nie!

In Sy goedheid maak die Here voorsiening vir ons probleem. Dis wat Jesus in Joh 20:29 belowe as Hy s� dat mense sal glo, s��s Tomas, maar sonder dat hulle sien. En na die hemelvaart het mense dit presies so ervaar. Daarom kon Petrus in sy eerste brief skryf: "Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap" (1:8-9).

Op 'n geheimenisvolle wyse werk die Heilige Gees deur die Woord om die gawe van geloof en die innerlike wete te vestig dat Christus alles is wat die evangelie oor Hom getuig - ook dat Hy opgestaan het uit die dood. En wie kan ontken dat dermiljoene deur die eeue, uit alle lae van bykans elke samelewing, dit lewensveranderend s� ervaar het? Daar is 'n duisend dinge in ons lewens wat ons nie kan sien of verduidelik nie, maar wat niemand as empiriese feite bevraagteken nie. Wie betwis, byvoorbeeld, die feit van swaartekrag?

WAT BETEKEN DIE OPSTANDING VIR MY LEWE HIER EN NOU?

‘ Modernistiese teolo� s� dat Jesus net in die herinneringe van die vroe� kerk opgestaan het.

Daar was wel 'n tyd toe Jesus se dissipels n�t herinneringe aan Hom gehad het, niks meer nie. Dit het drie dae geduur - tussen kruis en opstanding. En in hierdie drie dae was hulle die mees moedelose en uitsiglose mense in Palestina. Die oomblik toe hulle egter besef Hy het opgestaan, het alles verander. Hulle is gelanseer om onstuitbaar doelgerig van die mees dinamiese en invloedrykste lewens ooit te leef.

Let wel, herinneringe kon hulle nie troos of inspireer nie - dit was die wete dat Hy r�gtig opgestaan het!

Presies hier is die rede waarom kerke begin sterf sodra hulle die bewussyn van 'n opgestane, lewende, heersende, komende Koning verloor. Stroop 'n kerk van sy 'salige hoop' (Tit 2:13) - en dadelik raak hy traag en koersloos. En kort voor lank sterf en fossileer hy. Die vernietigende effekte van ongeloofsteologie is daar vir almal om te sien.

‘ Die opstanding is egter nie net, s� maar, van emosioneel-inspirerende waarde nie. Dit gaan om veel, veel meer. In Fil 3:10 s� die apostel dat 'die krag van Christus se opstanding' een van die dinge is wat hy in sy lewe najaag. Die Skrif leer dat daar 'n onlosmaaklike band bestaan tussen die Here se opstanding (en gevolglik die opgestane Here) en my geestelike lewe hier en nou. Die opgestane Christus heers in hulle wat aan Hom behoort - met ingrypende, ervaarbare, waarneembare effekte!

Wat is die aard van hierdie effekte? Paulus werk dit o.a. in Rom 6 en Ef 1:19-2:7 uit.

In Rom 6 s� hy dat die gelowige nie net saam met Christus gekruisig is nie, maar dat hy ook saam met Hom opgestaan het. Dis net 'n ander manier van s� dat die opgestane Christus 'n 'opstandingslewe' in hom werk. En wat is die gevolg? Hy k�n eenvoudig nie in sonde volhard nie, maar lei 'n nuwe lewe (v.4) - 'n lewe van heerskappy oor die sonde.

WAT BETEKEN DIE OPSTANDING VIR MY IN DIE HIERNAMAALS?

‘ As Christus se opstanding sentraal is in my geloof en ek die krag daarvan in my lewe ervaar, het ek alle rede om seker te wees van ook m� toekomstige opstanding en onsterflikheid!

Volgens 2Tim 1:10 het Christus deur Sy opstanding die mag van die dood verbreek en die onverganklike lewe aan die lig gebring. En 1Kor 15:20-23 verseker ons dat daar 'n onbreekbare band is tussen Sy opstanding en die opstanding van diegene in Hom. Vgl. ook Rom 8:11.

Sy opstanding en ons opstanding is bloot twee fases van een en dieselfde proses - die vervolmaking van God se nuwe mensheid. Hy is die Eersteling, en niks kan verhoed dat Sy gemeente mettertyd volg nie!

C.S. Lewis het dit iewers s� gestel: 'Deur Sy opstanding het Hy 'n deur oopgedwing wat gesluit was sedert die dood van die eerste mens. Hy het met die Koning van die Dood geveg en oorwin - en sedertdien is alles anders.'

‘ As Christus se opstanding sentraal is in my geloof en ek die krag daarvan in my lewe ervaar, het ek alle rede om seker te wees dat die Vader my met dieselfde aanvaarding sal aanvaar as waarmee Hy Sy Seun aanvaar het.

Almal sal opstaan en vir ewig leef (Joh 5:28-29), maar nie almal sal aanv��r word nie. Vir diegene in Christus is daar egter geen veroordeling nie, maar heerlike liefdesaanvaarding!

In Rom 8:31-34 daag Paulus as 't ware die hele w�reld uit om Saulus die moordenaar skuldig te bewys. Vanwaar sy vrymoedigheid? Hy put dit uit God se genade-inisiatiewe en Sy Seun se versoeningswerk. Die apostel se argument kom hierop neer: Wie sal my veroordeel met s� 'n Middelaar? Ek het in Hom ingevlug; ek skuil in Hom; ek is met Hom verenig deur die geloof. Wat van Hom waar is, is van my waar! Wie my skuldig wil bevind, moet H�m eers skuldig bevind. Nee, vir God se verwerping vrees ek nie. Hy het my Plaasvervanger se offer aanvaar; Hy het dit bekragtig deur Hom op te wek - Hy sal my ook aanvaar!

Is Christus se opstanding sentraal in jou diepste oortuigings (net soveel soos die kruis)? Is Sy opstanding die hoeksteen van jou salige hoop?


Nota 1.

Hy het 'n verheerlikte liggaam gehad, maar 'n werklike liggaam. Die dissipels kon hulle hande in Sy wonde steek en Hy het ge�et (Joh. 20:27; Luk 24:41-43)


Antipas Herout word gepubliseer deur Antipas Lektuur, 'n bediening van die Antipas Baptiste Gemeente in die Vaaldriehoek, met Nico van der Walt as redakteur. Die doel is om Bybelse lering in die vorm van kort, bevatlike studiestukke gratis beskikbaar te stel, ten einde begrip van en geloof in die fundamentele God-gesentreerde beginsels van die Woord so wyd as moontlik te bevorder.

Hierdie lewensbelangrike waarhede is kernagtig en uitnemend geformuleer in die groot Reformatoriese Belydenisskrifte en die wekroepe van die sestiende eeuse Reformasie:

Die Skrif Alleen, Genade Alleen, Christus Alleen, Geloof Alleen, Die Eer van God Alleen.


As u op ons poslys wil wees om gedrukte uitgawes van die

Herout gratis te ontvang, stuur u naam en posadres aan:

Antipas Herout, Posbus 263435, Drie Riviere, 1935

Tel: (016) 423 3639 Faks: (016) 454 0387

of

E-pos ons by : [email protected] en vra

om op ons adreslys begevoeg te word.


Antipas Lektuur is in die lewe geroep om die waarheidsevangelie in sowel Afrikaans as Engels so wyd en goedkoop moontlik te versprei. Besonderhede van ander studieboeke, traktate, geselekteerde boeke teen net meer as kosprys en oudiobande, kan van bogemelde adres verkry word.

Dit staan enigeen vry om die inhoud van hierdie Herout met of sonder erkenning te gebruik. Die skrywer het immers self baie hulp by talle ander gekry. Hy glo dat die

inhoud 'n suiwer uiteensetting van Skrifopenbaring is, en sy hartstog is om die waarheidsevangelie so wyd moontlik te versprei, nie om dit te kniehalter nie.

Terug / Back