Antipas Herout No.6
Groter Werke
As Jesus
Hoe op aarde moet Joh.14:12
verstaan word?
Nico van der Walt
Wanneer laas het jy groter
werke as Jesus gedoen? 'n Skokkende vraag, s� jy. Wel,
dis na aanleiding van 'n baie uitdruklike belofte van die Here
Jesus Christus aan Sy dissipels:
"Voorwaar, voorwaar Ek s�
vir julle, wie in My glo - die werke wat Ek doen, sal hy ook
doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader
gaan." (Joh 14:12, OAV)
Deur die eeue het hierdie vers
baie verwarring en verskille binne die kerk veroorsaak. Dit het
onsekerheid en twyfel in ontelbaar baie harte laat heers. En,
ergste van alles, dit is misbruik as fondamentsteen vir
misleidings en ketterye sonder tal.
Tog staan dit geskryf in die Woord
van God - swart op wit. Die egtheid daarvan in die oorspronklike
manuskripte is bo verdenking. En oor die vertaling daarvan is
daar nie twyfel nie.
DIE VERBYSTERENDE BELOFTE VAN
NADER BEKYK
- Hoe moet ons hierdie
raaiselagtige woorde verstaan? Per slot van sake, as 'n
belofte van die Here Jesus met 'voorwaar, voorwaar'
begin, moet ons op aandag spring. Sonder uitsondering lei
hierdie twee woorde ('amen, amen' in die oorspronklike
taal) van die mees gewigtige en diepsinnige uitsprake van
die Here in. Dit wil beklemtoon dat al die gesag van die
Seun van God daaragter sit. Ongetwyfeld sal dit dus die
moeite loon om die belofte goed te bekyk.
- Dit word gegee aan 'wie in
My glo'. Johannes gebruik hier sy eie unieke manier
(in Grieks) om spesifiek van reddende geloof te praat -
'om in Christus in te glo'. Dit gaan dus nie om die
uitsonderlike geloof van geestelike reuse nie. Nee, dis
die geloof van alle ware Christene - reddende geloof.
- Die belofte word aan elke
individuele Christen gegee. Die enkelvoud word
deurgaans gebruik. Dit is dus nie 'n belofte aan die kerk
gesamentlik nie.
- 'Groter' in Grieks
('megas'), dui op 'n graadverskil, nie 'n getalverskil
nie (daarvoor het Grieks 'n ander woord, 'polus'). Die
verduideliking dat die Here eintlik bedoel dat Sy
dissipels m��r werke as Hy gaan doen, hou dus ook nie
water nie.
- Die brandende vraag is
natuurlik wat Jesus met die woord 'werke' bedoel.
Die woord kom nog 26 maal in die Evangelie van Johannes
voor. In 8 gevalle word dit gebruik vir die handelinge
van mense in die algemeen. Maar die ander 18 gevalle gaan
oor handelinge van die Here Jesus self - 2 keer is die
geheel van Sy werk op aarde ter sprake (4:34; 17:4), en
16 keer die wonderwerke wat Hy gedoen het. Dit lei tot
die volgende slotsom:
* Die
'werke' wat Jesus se dissipels sal doen, kan nie maar gewone
menslike dade wees nie, soos in die 8 gevalle hierbo,
aangesien dit vergelyk word met Sy 'werke' en duidelik van
dieselfde aard is.
* Dit kan
ook nie vergelyk word met die geheel van Sy werk op aarde
nie, aangesien dit uniek is.
* Die Here
vergelyk die 'werke' wat hulle sal doen met Sy eie
wonderwerke. Dit word deur die konteks bevestig. In die
voorafgaande twee verse praat Hy sonder twyfel van Sy eie
wonderwerke.
- Die sleutel tot hierdie
verbysterende belofte is die Here Jesus se vertrek na
Sy Vader. Dit was voorvereiste vir die uitstorting
van die Heilige Gees op die Pinksterdag (Hand 2:33). Die
dissipels sou dus nie hierdie 'werke' in hulle eie krag
doen nie, maar deur die bekragtiging van die Heilige
Gees, o.g.v. Christus se afgehandelde werk hier op aarde.
- Geen deeglike,
verantwoordelike en eerlike Skrifuitleg kan die slotsom
ontkom nie dat die Here hier aan alle ware gelowiges
belowe dat hulle, soos Hy, deur die bekragtiging van die
Heilige Gees wonderwerke sal doen. Trouens, Hy belowe so
duidelik soos daglig dat hierdie werke selfs gr�ter sal
wees as die wat H� op aarde gedoen het!
WAT VAN DIE BELOFTE SE
VERVULLING?
- Die uitstorting van die
Heilige Gees het dinge in die vroe� kerk laat gebeur wat
totaal nuut was in die ervaringe van gelowiges. Daarom is
Handelinge vol van verstommende wonderwerke. Dit lyk dus
logies om hierin die vervulling van ons belofte te sien.
Presies dit is die standpunt van talle gelowiges. En
sekerlik het hulle 'n stewige saak. Sou hulle reg wees,
is daar beswaarlik 'n vers in die Bybel wat meer
praktiese implikasies vir die hedendaagse kerk het.
- As hierdie standpunt egter
getoets word aan die Woord van God, asook aan die
kerkgeskiedenis, kom ernstige tekortkominge daarin
dadelik na vore. Dit verkrummel voor twee onontkombare
realiteite:
* Die
belofte word kennelik aan elke individuele gelowige gemaak,
maar wonderwerke, soos wat die belofte volgens hierdie
standpunt sou impliseer, was eenvoudig op geen stadium in die
geskiedenis die tipiese belewing van Christene nie -
ook nie in Handelinge nie.
* Op geen
wyse kan dit aangevoer word dat enige van die wonderwerke wat
wel plaasgevind het, hetsy in Handelinge, hetsy in die
geskiedenis daarna, groter was as die van Christus nie
- inteendeel!
- Beteken dit dan dat daar van
die Here se belofte tot 'n groot mate niks gekom het nie?
Helaas is daar duisende Christene wat met hierdie
suspisie in hulle harte rondloop. Trouens, verydelde
verwagtinge, ontnugtering en die geestelike lamheid wat
daarmee saamhang, is oraloor aan die orde van die dag.
Maar, en dit wil ek hieronder
vir u aantoon, die belofte is sedert die Pinksterdag
miljoene kere vervul - selfs in die lewens van die Here Jesus
se eenvoudigste dissipels!
DIE STRUKTUUR VAN JOHANNES
- Die sleutel wat die raaisel
ontsluit, l� in die struktuur van Johannes se
Evangelie. Dit kan eenvoudig soos volg voorgestel word:
VOORWOORD (1:1-18)
HOOFDEEL (1:19 - 20:29)
Inleiding (1:19-52)
Johannes se tema (2:1-20:18):
Jesus is die Seun van God,
die Christus! Glo in Hom en jy sal die ewige lewe h�!
Afsluiting (20:19-29)
DOEL (20:30-31)
SLOTWOORD (21:1-25)
DIE DOEL VAN DIE EVANGELIE
[20:30-31]
- Hierdie twee verse
verduidelik die metode wat Johannes gebruik om sy
boodskap oor te bring.
Die Apostel s� dat hy
versigtig 'n aantal van die Here se wonderwerke of -tekens
uitgesoek en beskryf het, sodat sy lesers kan glo dat Jesus
die Christus is en sodoende die ewige lewe kan be�rf.
- Wat uiters belangrik vir ons
doel is, is om te begryp dat die Evangelie noukeurig
gestruktureer is - soos 'n gedig. Watter student van
hierdie Bybelboek sal ontken dat dit 'n wonderlike
kunswerk is? Verder moet ons verstaan dat sewe sulke
wonderwerke die skelet vorm van die Hoofgedeelte. Die
'vleis' is weliswaar die oneindig kosbare stukke lering
tussenin (wat met die werke verband hou, wat die
betekenis daarvan verduidelik), maar dis die w�rke
wat die boodskap dra.
DIE INLEIDING EN AFSLUITING VAN
DIE HOOFGEDEELTE [1:19-52 & 20:19-29]
- In die Inleiding tree
Jesus die kollig binne. Hy neem by die Wegbereider,
Johannes die Doper oor. In die laaste gedeelte van
hierdie Inleiding (1:44-52) lei Jesus die skeptiese
Natanael tot geloof en belydenis (50), deur aan hom 'n
baie persoonlike 'teken' te gee (49). Dan maak Hy 'n
aankondiging oor wat vorentoe gaan volg: "Glo jy
omdat Ek vir jou ges� het dat Ek jou onder die vyeboom
gesien het? Jy sal nog groter dinge as dit
sien." Sonder twyfel sinspeel Jesus hier op
die talle wondertekens wat vorentoe Sy Messiasskap sou
bevestig (52). En gewis beskryf Johannes hierdie insident
om sy lesers voor te berei vir sy werkswyse, soos hierbo
uiteengesit. Trouens, hy begin al in die volgende verse
daarmee.
- In die Afsluiting
verskyn die opgestane Christus aan Sy dissipels. Dan gee
Hy hulle werksopdrag vir die toekoms: "Soos die
Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook"
(20:21). Van nou af gaan die aksie en verantwoordelikheid
by die dissipels berus. Dan gebeur iets merkwaardigs.
Soos in die Inleiding, lei Jesus weer 'n skeptiese man
tot geloof en belydenis - Tomas (28). Weer gee Hy aan hom
'n baie persoonlike 'teken' (27). En weereens maak Hy 'n
aankondiging oor wat vorentoe gaan gebeur (29). Tomas het
tot geloof gekom deur met sy eie o� die opgestane
Christus te sien. Maar hoe sou toekomstige geslagte
��it tot geloof kom na die Here se vertrek? Heerlik
troosryk is Jesus se antwoord: Tomas, jy het gesien en
geglo, en dis geen geringe saak nie, want s� verkry jy
die ewige saligheid. Van nou af sal iets groters egter
gebeur. Mense sal soos jy glo - maar sonder dat hulle
enige tekens gesien het!
- Die ooreenstemming tussen
Natanael en Tomas se onderskeie ontmoetings met die Here
is onmiskenbaar. Vir beide word ges�: "Ons het Hom
gekry" (1:45), "Ons het die Here gesien"
(20:25). Beide reageer skepties (1:46; 20:25). Beide
ontvang 'n persoonlike teken (1:47-48; 20:27). Beide glo
dan en maak 'n verhewe belydenis (1:49; 20:28). Beide
ontvang 'n openbaring oor wat sou volg: dit is goed
dat jy glo, maar baie merkwaardiger dinge gaan volg, groter
dinge (1:50-51; 20:29).
Dit is belangrik om raak te
sien dat hierdie twee ontmoetings op twee van die
belangrikste oorgange in die ganse openbaringsgeskiedenis
plaasvind. Die eerste vind plaas op die drumpel van die Here
Jesus se openbare bediening; die tweede op die drumpel van
die dissipels, die kerk, se w�reldwye sending.
D�� WONDERWERK VAN DIE LAASTE
DAE
- Die antwoord op Joh 14:12 se
raaisel is skielik so helder soos daglig! Wat is die
'groter werke' wat die dissipels sou doen? Na Pinkster
sou hulle mense tot saligmakende geloof in Jesus Christus
lei - 'n geloof, nie gebaseer op sintuiglike waarneming
of enige ander vir die natuurlike mens aanvaarbare
getuienis nie, maar 'n geloof wat voortspruit uit 'n
bonatuurlike, goddelike harts-verandering!
- Natuurlik het die Here Jesus
nie bedoel dat hulle dit in eie krag sou doen nie. Net
die Gees kan iemand tot redding bring. Maar Hy doen dit d��r
die dissipels. Hulle is dus as Christus se
medewerkers volledig daarby betrokke - tot so 'n mate dat
met reg ges� kan word dat h�lle dit doen (vgl.
Hd 26:18).
- Hierdie belofte is wonderlik
vervul. Daarom kon Petrus ongeveer dertig jaar later
skryf: "Hom het julle lief, al het julle Hom nie
gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou
nie, het julle reeds deel aan die saligheid ..."
(1Pet 1:8-9).
En vir amper tweeduisend jaar
al ervaar miljoene hierdie goot wonderwerk van die laaste
dae! Geestelike blindes ontvang sig om die Onsienlike te sien
(Hb 11:27). Wat meer is, ander met wie dieselfde gebeur het,
op wie die herskeppende vingerafdrukke van die Heilige Gees
nog vars is, bedien hierdie genesing van alle genesings aan
hulle!
D�t is waarvan die Here
gepraat het!
'N LAASTE PROBLEEM
- Een vraag bly nog oor: Is
dit r�gtig so, as iemand tot reddende geloof gelei word,
dat dit iets groters is as die wonderwerke van die Here?
- Ons moet dit vanaf twee kante
bekyk.
* Eerstens,
dink vir 'n oomblik na oor wat in die ontvanger van die
geloofswonder gebeur. 'n Groot deel van die hedendaagse
kerk het die sondeverdorwenheid van die mens, oftewel die
leer van die erfsonde, tot so 'n mate verwater, dat bekering
beskou word as bloot die optrek van jou godsdienstige
sokkies. Maar die Bybel leer duidelik (vgl. Ef 2:1-10) dat
die gevalle mens geestelik 'dood' is (1), dat hy onder God se
toorn is (3), en dat hy 'n slaaf van die w�reld, die Duiwel
en sy eie sondige natuur is (2-3). As so 'n persoon dan die
gawe van geloof ontvang (8), word hy geestelik lewend gemaak
(5), word hy opgewek tot 'n geregverdigde lewe (6), en word
hy laat sit in die hemele in 'n posisie van gesag oor die
w�reld, die Duiwel en sy sondige natuur (6).
Is so 'n verandering 'n
geringe saak? Niemand met enige insig in die radikale
verdorwenheid van die gevalle mens, en die verbysterende
voorregte van iemand wat met Christus verenig is, kan ooit so
dink nie! Trouens, diegene wat regtig hierdie
herskeppingswerk ondergaan het, kan nooit anders as in
verwondering daaroor nadink nie. En die grootste
ontdekkingsreis van hulle lewens is om die rykdomme van hulle
redding steeds beter te leer ken.
Die grootheid van hierdie
'groter werk' moet daarom nie prim�r in getalle gesoek word
nie. Die wonder is dat selfs net ��n glo, sonder dat hy
ooit 'gesien' het. Dis soos 'n hoogspringer. Die ongelooflike
is nie dat hy al 42 keer ho�r as sewe voet gespring het nie,
maar dat hy hoegenaamd so hoog kan spring.
* Tweedens,
dink vir 'n oomblik na oor die gevolge van so 'n
geloofswonder vir die ontvanger. Jesus het siekes genees
en dooies opgewek, en dis verbysterend. Maar al daardie mense
het later weer fisies gesterf. En sonder God se reddende
genade, sal elkeen die ewigheid in die verdoemenis deurbring.
Daarenteen, as die Gees se lewendmakende roeping maar eenkeer
deur my bediening werk, sal daardie persoon die ewigheid
welgeluksalig in God se teenwoordigheid deurbring. Hy sal in
so 'n verheerlikte staat wees, dat ek beswaarlik die
versoeking sal kan weerstaan om hom te aanbid, sou ek hom nou
kon sien soos hy dan sal wees.
- Is dit nodig om meer te s�?
'n Sondaar wat tot reddende geloof kom, is 'n groter
wonderwerk as Lasarus se opwekking uit die dood! Om dit
te beklemtoon, is nie om die Here Jesus se wonderlike
bediening op aarde te verkleineer nie (dit mag n��it
nie!). Dis om die duiselingwekkende grootsheid van die
Drie-enige God se genadige herskeppingswerk in 'n sondaar
te beklemtoon. Dis om die aksent te plaas waar God se
Woord dit plaas! Dis om die heerlike waarheid te besing
dat Hy patetiese mense as medewerkers gebruik in Sy
majestieuse herskeppingswerk van geestelik-dooie
sondaars.
O, heerlik is die voorreg om
saam met Paulus te s� dat die Here hi�rdie roeping op ons
gel� het: "Jy moet hulle o� oopmaak sodat hulle
hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van Satan
tot God kan bekeer. Deur in My te glo, sal hulle sondes
vergewe word en sal hulle deel word van die volk van
God" (Hand 26:18).
IS JOU PRIORITEITE REG?
- Leser, toets jouself. Gestel
jy het 'n keuse. �f jy kan van nou af 'n
genesingsbediening h� soos Jesus; en die vermo� om op
water te loop, voedsel te vermeerder en dooies op te wek.
�f jy kan die voorreg kry om voor jou dood ��n persoon
tot reddende geloof te lei. Wat sal jy kies?
- Joh 14:12 is 'n belofte - 'n
duiselingwekkende belofte. Maar dis m��r. Dis 'n
implisiete opdrag - wat elders in die Heilige
Skrif keer op keer as sulks bevestig word. Laat ons dus
nie verslap in ons gehoorsaamheid aan hierdie gewigtige,
verhewe, dringende en opwindende roeping nie. Solank
die Koning nog nie terug is nie, is die hele oes nog nie
in nie! En totdat dit gebeur, moet ons voortgaan met die
grootste van alle wonderwerke!
Antipas Herout
word gepubliseer deur Antipas Lektuur, 'n bediening van die
Antipas Baptiste Gemeente in die Vaaldriehoek, met Nico van der
Walt as redakteur. Die doel is om Bybelse lering in die vorm van
kort, bevatlike studiestukke gratis beskikbaar te stel, ten einde
begrip van en geloof in die fundamentele God-gesentreerde
beginsels van die Woord so wyd as moontlik te bevorder.
Hierdie
lewensbelangrike waarhede is kernagtig en uitnemend geformuleer
in die groot Reformatoriese Belydenisskrifte en die wekroepe van
die sestiende eeuse Reformasie:
Die Skrif Alleen,
Genade Alleen, Christus Alleen, Geloof Alleen, Die Eer van God
Alleen.
As u op ons
poslys wil wees om gedrukte uitgawes van die
Herout gratis te
ontvang, stuur u naam en posadres aan:
Antipas Herout,
Posbus 263435, Drie Riviere, 1935
Tel: (016) 423
3639 Faks: (016) 454 0387
of
E-pos ons
by : [email protected] en vra
om op ons
adreslys begevoeg te word.
Antipas Lektuur is in die lewe
geroep om die waarheidsevangelie in sowel Afrikaans as Engels so
wyd en goedkoop moontlik te versprei. Besonderhede van ander
studieboeke, traktate, geselekteerde boeke teen net meer as
kosprys en oudiobande, kan van bogemelde adres verkry word.
Dit staan enigeen
vry om die inhoud van hierdie Herout met of sonder erkenning te
gebruik. Die skrywer het immers self baie hulp by talle ander
gekry. Hy glo dat die
inhoud 'n suiwer
uiteensetting van Skrifopenbaring is, en sy hartstog is om die
waarheidsevangelie so wyd moontlik te versprei, nie om dit te
kniehalter nie.
Terug / Back