Antipas Herout No.5

 

Saligmakende

Geloof

Die Egte en die Namaaksel

 

Nico van der Walt

 

NIE SOMMER ENIGE GELOOF NIE

Saligmakende geloof is iets baie spesifieks! Dis lewensnoodsaaklik om nie hier mis te trap nie. En omdat dit skrikwekkend maklik is om jou lewe lank in die waan te leef dat jy die ware jakob het, terwyl jy dit totaal mis, waarsku die Bybel keer op keer dringend teen valse geloof, teen tevergeefse geloof.

Dit is selfs moontlik om 'n baie regsinnige, ortodokse, geloof te h� - maar tevergeefs (Jak 2:14vv).

Jesus noem hulle werkers van ongeregtigheid (lett.), dus sondaars. Hulle sonde is nooit vergewe nie, hulle is nooit deur die geloof geregverdig nie. Hulle het dus nooit saligmakende geloof gehad nie!

*    Voor die storm van God se oordeel lyk geestelike huise dikwels presies dieselfde (Matt 7:24-27).

*    Koring en onkruid lyk soms so eenders dat die verskil eers te laat gesien word (Matt 13:24-30).

*    Tien meisies ontvang 'n uitnodiging na 'n bruilofsmaal; al tien neem dit aan, al tien wag vir die Bruidegom - net vyf word ingelaat (Matt 25:1-13).

*    Twee mense se geloof lyk presies dieselfde. Eers na verloop van tyd (dit kan jare wees) blyk dit dat die een s'n 'n namaaksel was as dit sonder wortel onder vervolging swig of deur die verleidinge van hierdie w�reld verswelg word (Mark 4:3-9; 14-20).

*    Ware geloof verlustig hom in Christus alleen; vals geloof is dikwels koorsagtig opgewonde oor Hom (Joh 2:23-25).

*    Ware geloof word gewerk deur die Gees; vals geloof kan gepaard gaan met uitsonderlike innerlike en verligtende werkinge van die Gees (Heb 6:4-6).

*    Ware geloof breek los uit die greep van hierdie w�reld se besmettinge; vals geloof kan dit ook vir 'n tyd lank doen (2Pet 2:20-22).

WARE GELOOF IS 'N GAWE VAN GOD

DIE ELEMENTE VAN WARE GELOOF

Jy beland vir die eerste maal in jou lewe op 'n groot internasionale lughawe in 'n vreemde land. Groot passasiersvliegtuie styg elke paar minute op na talle bestemmings regoor die w�reld. Jy moet halfpad om die aarde - New York toe. Heel eerste moet jy vasstel hoe laat jou vlug vertrek en deur watter een van die dosyne hekke jy aan boord moet stap. Jy benodig dus kennis. Maar, soos dit maar met sterflinge in so 'n situasie gebeur, pak 'n verskriklike vertwyfeling jou beet nadat jy die massas inligting op die groot elektroniese bord ontrafel het. Vertolk ek al die vreemde syfers en afkortings reg? S� nou ek stap deur die verkeerde hek en beland in Tokio? En selfs al kom ek my fout agter, sal ek nog betyds wees vir die regte vlug? Soos 'n gewone mens kan jy op hierdie stadium nie die versoeking weerstaan om iemand te vra wat lyk of hy weet wat aangaan nie. Jy soek dus versekering, oftewel oortuiging. Hy verseker jou jy is op die regte pad. Nou bly net een ding oor: om aan boord te gaan - om jou as't ware aan die loods en sy vliegtuig oor te gee, jou aan hulle toe te vertrou.

*    Let op dat jy n��it aan boord sal gaan en jou aan die loods en vliegtuig toevertrou, as jy nie oortuig is dis die regte vliegtuig nie. Maar n�g meer: sonder die nodige inligting, die kennis, kan daar geen sprake van enige oortuiging wees nie.

GELOOF IS KENNIS

Hoe sal jy 'op die regte vliegtuig klim' as jy nie die nodige inligting het en verstaan nie? Dis waarom Paulus skryf: "En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? ... Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus" (Rom 10:14,17).

*    Eerstens is dit nodig om iets te verstaan van wie God is. Dit gaan veral oor Sy heiligheid en geregtigheid wat mense aanspreeklik hou, hulle oordeel volgens S� standaarde en alle mislukking en rebellie met die ewige dood straf (Hand 17:30-31).

Hierdie kennis lei tot die volgende element.

*    Tweedens moet ek weet dat ek 'n skrikwekkende probleem het, dat ek hoegenaamd nie Sy toets kan slaag nie. Ek moet my sonde en skuld ken.

Waarom? Daarsonder stel ek nie belang in God se oplossing vir my dilemma nie. Dis hi�rdie kennis wat die evangelie werklik 'goeie nuus' vir my maak. So lei dit tot die derde element - die kardinale een.

*    Derdens moet ek 'n basiese kennis oor God se oplossing vir my probleem h�: Jesus Christus, wat as Middelaar my straf aan die kruis gedra het!

Hoewel bg. waarskynlik genoeg kennis oor Christus is vir redding, is die evangelie beswaarlik genoegsaam verkondig voordat die volgende nie aandag gekry het nie:

Die evangelie gaan oor Sy Persoon - die tweede Persoon van die Goddelike Drie-eenheid wat mens geword het ten einde Middelaar tussen sondaars en God te wees (Joh 14:6; Hand 4:12; 1Tim 2:5; 1Joh 4:2).

Dit gaan oor Sy lewe van volmaakte geregtigheid - wat aan my toegereken (gekrediteer) word sodat ek aan God se volmaakte standaarde voldoen (Rom 1:16-17; 4:1-5:21).

Dit gaan oor Sy kruisiging - waar Hy, as strafdraende plaasvervanger my skuld voor God betaal het (Rom 3:25-26; 2Kor 5:21; Gal 3:13).

Dit gaan oor Sy opstanding - die Vader se proklamering dat Hy volmaak gehoorsaam gelewe het en Sy 'missie' suksesvol voltooi het (Hand 13:32-35; 17:31; Rom 1:4; 4:25; 1Kor 15:12-23). Dit gaan oor Sy wederkoms - wanneer hy my verlossing finaal sal afrond en my laaste vyand, die dood, sal vernietig (1Kor 15:24-26; 2Tim 1:10; Op 20:14) deur my verstorwe liggaam in ewige heerlikheid op te wek (Rom 8:23-25; 1Kor 15:35-58; 1Tess 4:13-18).

Dis waarom die apostels niks anders as 'Christus' gepreek het nie (1Kor 1:17 - 2:5. Let veral op 1:17-18, 23-24, 30-31, 2:2).

GELOOF IS OORTUIGING

Ware geloof behels dus meer as feitekennis. Oortuiging is nodig - en wel van twee dinge: dat wat ek weet w��r is, en dat dit ook op m� van toepassing is.

*    Die betrokke werkwoord dui op meer as blote 'beskuldiging'; Hy oortuig die bepaalde persoon van harte, sodat hy in sy binneste weet dis w��r.

*    Hy oortuig van sonde - omdat die persoon nie in Jesus Christus glo nie (v.9). Dit bring dus die wete van persoonlik geestelike bankrotskap, van God se volmaakte oplossing daarvoor in die Gekruisigde, en van skuld aan die ergste van sondes, nl. verwerping van God se genade-aanbod in Hom.

*    Hy oortuig van geregtigheid - omdat Jesus na die Vader teruggekeer het (v.10). Dit verwys na die opstanding en hemelvaart (14:12, 28; 16:28), en die Vader se gepaardgaande proklamering dat Jesus aan alle eise van geregtigheid voldoen het. Dit gaan hier dus om die wete dat my eie geregtigheid nooit God se toets kan slaag nie en dat my enigste hoop l� in die geregtigheid wat God voorsien - di� van Christus wat aan my toegereken (gekrediteer) word .

*    Hy oortuig van oordeel - omdat die Duiwel geoordeel is (v.11 en 12:31-33). Satan is gevonnis en wag as 't ware in die dodesel vir die poel van vuur en swael (Op 20:10). Dit gaan hier om die wete dat, as die owerste van die sondaars die oordeel nie kan ontkom nie, geen sondaar dit kan regkry nie - allermins �k wat skuldig is aan die ergste van sondes.

GELOOF IS VERTROUE

Vertroue en geloofsekerheid moet nie verwar word nie. Hoewel lg. gepaard behoort te gaan met ware geloof, ervaar sommige Christene tog korter of langer tye van vertwyfeling. Hoewel dit 'n 'pastorale ongesteldheid' is, is dit ook so dat die krag van geloof juis in swakheid en afhanklikheid l�. Trouens, geloof wat nooit twyfel nie, is onder verdenking. Seisoene van twyfel berei God se kinders voor vir 'n nog dieper waardering en dankbaarheid vir genade in Christus - wanneer die sonskyn van die Gees se versekerende werk uiteindelik weer deurbreek.

Geloofsvertroue is om vanuit so 'n geestelike bankrotskap Jesus Christus volgens die Evangelie aan te neem (Joh 1:12-13), om die Evangelie-aanbod vir jouself, persoonlik, toe te eien; en om jouself aan Hom toe te vertrou om jou saak by God reg te stel.

*    Het iemand dit ooit mooier as Toplady (1740-1778) gestel? 'Nothing in my hand I bring; simply to Thy cross I cling; naked, come to Thee for dress; helpless, look to Thee for grace; foul, I to the fountain fly; wash me, Saviour, or I die!'

'My geloof is so pateties, so weifelend', s� jy.

Daar is 'n w�reld se verskil tussen swak geloof en vals geloof. Die Here beloof Hy sal die 'geknakte riet' nie breek nie, die 'rokende lamppit' nie uitblus nie (Matt 12:20). Sy beloftes word nie aan 'sterk' geloof gegee nie, maar aan �gte geloof. Al wat swak geloof hoef te doen, is om te k�k. Nie die geloof nie, maar die Verlosser moet sterk wees - en dit is Hy gewis!

O, wonder van wonders, die krag van ware geloof l� juis in sy swakheid, sy afhanklikheid, sy bankrotskap (2Kor 12:9-10)!

Dis die Evangelie: 'Kyk, kyk en bly kyk - en word gered!'


Antipas Herout word gepubliseer deur Antipas Lektuur, 'n bediening van die Antipas Baptiste Gemeente in die Vaaldriehoek, met Nico van der Walt as redakteur. Die doel is om Bybelse lering in die vorm van kort, bevatlike studiestukke gratis beskikbaar te stel, ten einde begrip van en geloof in die fundamentele God-gesentreerde beginsels van die Woord so wyd as moontlik te bevorder.

Hierdie lewensbelangrike waarhede is kernagtig en uitnemend geformuleer in die groot Reformatoriese Belydenisskrifte en die wekroepe van die sestiende eeuse Reformasie:

Die Skrif Alleen, Genade Alleen, Christus Alleen, Geloof Alleen, Die Eer van God Alleen.


As u op ons poslys wil wees om gedrukte uitgawes van die

Herout gratis te ontvang, stuur u naam en posadres aan:

Antipas Herout, Posbus 263435, Drie Riviere, 1935

Tel: (016) 423 3639 Faks: (016) 454 0387

of

E-pos ons by : [email protected] en vra

om op ons adreslys begevoeg te word.


Antipas Lektuur is in die lewe geroep om die waarheidsevangelie in sowel Afrikaans as Engels so wyd en goedkoop moontlik te versprei. Besonderhede van ander studieboeke, traktate, geselekteerde boeke teen net meer as kosprys en oudiobande, kan van bogemelde adres verkry word.

Dit staan enigeen vry om die inhoud van hierdie Herout met of sonder erkenning te gebruik. Die skrywer het immers self baie hulp by talle ander gekry. Hy glo dat die

inhoud 'n suiwer uiteensetting van Skrifopenbaring is, en sy hartstog is om die waarheidsevangelie so wyd moontlik te versprei, nie om dit te kniehalter nie.

Terug / Back