Antipas Herout No.4

 

Die Erfsonde

Die Waarheid waarsonder die

Evangelie nie verstaan kan word nie.

 

Nico van der Walt

 

DIE FEIT EN OORSPRONG VAN SONDE

Erfsonde is die effek van Adam se sonde op elkeen van sy nakomelinge (dus alle mense), ongeag van en voorafgaande aan enige optrede of versuim aan h�lle kant. Dit sluit sowel die erfskuld as die erfsmet in.

 

DIE ERFSKULD

Al Adam se nakomelinge is gevolglik saam met hom 'verantwoordelik' vir die sondeval - hulle is ewe skuldig en net so strafbaar.

Adam se skuld word aan alle mense toegereken, 'gedebiteer' ('imputed'). Dis 'n juridiese of wetlike probleem.

 

DIE ERFSMET

Hy het dus 'n ingebore geneigdheid tot sonde, tot oortreding van God se Wet en wil. Dit maak hom 'n rebel voor God. Maar meer: hy het nie die vermo� om aan God se wil en standaarde te voldoen nie. Dit maak van hom 'n mislukking voor God.

Dis soos 'n negatiewe eienskap wat geneties van geslag tot geslag oorgedra word. Jy word eenvoudig en onontkombaar daarmee gebore.

Die verdorwenheid a.g.v. Adam se sonde word dus aan sy nasate toebedeel ('imparted'). Hierdie is 'n morele probleem.

 

PERSOONLIKE SONDES

Hierdie persoonlike sondes manifesteer oor die volle spektrum van die persoonlikheid en lewe: in gedagtes, spraak en dade; in emosies, motiewe en gesindhede; in dade en nalatings.

 

RADIKALE VERDORWENHEID

Ergste van alles is dat hy geestelik doof en blind is. Hy hoor en sien nie die dinge van die Here nie (1Kor 2:14). Hy het geen behoefte daaraan nie, maar ervaar veel eerder 'n weersin daarin. Sonder 'n genadewerk van die Heilige Gees het hy nie ware sondebesef nie (Joh 16:8-11) en sal hy nooit tot ware geloof in Christus kom nie (Hand 16:14). Hy is geestelik dood (Ef 2:1).

Hierteenoor sou 'n tipiese reaksie wees: 'Daar is tog baie wonderlik-goeie mense!' 'Natuurlik is niemand volmaak nie, maar selfs in die slegstes sit 'n stuk goed!'

Die mens vind die Bybel se lae dunk van hom afstootlik. Daarom s� Luther van hom: "Sy finale sonde is onwilligheid om te erken hy is 'n sondaar." Tog is dit nodig om te verstaan waarom God se Woord die mens so vernietigend beoordeel.

*    Wat is die grootste sonde? Diefstal, moord, egbreuk, afgodery, laster, ongeloof? Wel, wat is die grootste gebod? Die samevatting van die Tien Gebooie stel dit duidelik: jy moet God liefh� met jou hele hart, siel, verstand en krag; en jou naaste soos jouself (Deut 6:4-5; Mark 12:28-31). Nou is dit voor die hand liggend dat oortreding van die grootste gebod meteen die grootste sonde moet wees.

Wat is dus die grootste oortreding? Om God ni� met jou alles en jou naaste soos jouself lief te h� nie. En hierin slaag niemand nie. Nooit nie!

Of, om dit positief te benader, vir enige 'goeie werk', om volkome voor God te wees, moet dit uit 'n hart vloei wat God en die naaste volkome liefhet (1Kor 13:1-3). Daarom l� die Bybel se aksent so sterk op die gesteldheid van die hart. Presies d�t is wat Jesus in die Bergpredikasie tuisbring (Matt 5:21vv).

Maar, omdat niemand ooit 'n volkome hart het nie, doen niemand ooit 'n volkome daad nie.

*    Dit beteken nie dat 'n mens God nie kan behaag nie. Die gelowige k�n inderdaad - wanneer iets vanuit 'n ware geloof gedoen word, volgens Bybelse voorskrifte en met die doel om Hom te verheerlik (AH.3).

Maar om God te behaag (en vanuit bg. is dit duidelik dat net iemand in Christus dit kan doen) is ��n saak; om volm��k te wees iets anders.

God se 'slaagsyfer' vir volmaaktheid is altyd 100%. En wie nie slaag nie, dop! God is volmaak en Sy standaarde is volmaak.

 

ENKELE OPMERKINGS EN IMPLIKASIES

Wie die erfsonde nie verstaan nie, kan gevolglik nie die evangelie begryp nie - in elk geval nie behoorlik nie. Wie nie die wurggreep van hierdie universele morele kanker herken en erken en daarmee worstel nie, se hart sal nooit gloei van dankbaarheid oor God se liefde nie. Alleen teen die pikswart dekor van die natuurlike mens se radikale verdorwenheid en volslae onvermo�, kan die noodsaak en wonder van God se soewereine genade vir sondaars na waarde geskat word.

Sonder twyfel is ons hier by een van die worteloorsake van die kontempor�re kerk se lusteloosheid: oppervlakkige sondebegrip en -besef. Per slot van sake, wie 'baie' vergewe is, het baie lief; wie 'min' vergewe is, het min lief (Luk 7:47).

Een van die kosbaarste woorde in die ganse Skrif, is 'maar'. Om hierdie woordjie skarnier die ganse heilsgeskiedenis! Verskeie kere, as die Apostel Paulus die grootse genade van God omskryf, word dit hierdeur ingelei. Dit druk kontras uit: die heerlike genade van God in die lewe van herskepte mense teenoor die hopelose en skrikwekkende verdorwenheid van die natuurlike mens.

*    Rom 3:9-20: Die natuurlike mens is in 'n ellendige situasie. Maar: Rm 3:21-31!

*    Ef 2:1-3: Die natuurlike mens is geestelik 'dood' (v.1); hy is 'n 'slaaf' van die w�reld, die duiwel en die vlees (v.2-3a); hy is onder die 'toorn' van God (v.3b). Maar: Ef 2:4-10!

*    Kol 1:21: Die natuurlike mens is in vyandskap met God. Maar: Kol 1:22!

*    Tit 3:3: Die natuurlike mens is magteloos in 'n morsige moeras van sonde. Maar: Tit 3:4-7!

Tog is die leerstuk van erfsonde en die radikale verdorwenheid van die natuurlike mens 'n verleentheid, selfs 'n aanstoot vir baie Christene. Dit bly helaas 'n tipiese neiging van die sondige mens om God minder te wil maak as wat Hy is, en van homself meer as wat hy is.

Maar miskenning of verwaarlosing van hierdie leerstuk l� aan die wortel van 'n duisend dwalinge.

*    Een van die mees God-onterende en noodlottige gevolge van die miskenning van die mens se radikale verdorwenheid, masel uit in die wyse waarop vandag so dikwels ge�vangeliseer word. Omdat, strydig met die Bybel, aanvaar word dat die gevalle mens in homself die vermo� het om vir of teen Christus te besluit, word allerlei tegnieke gebruik om sondaars tog net sover te kry om 'n 'hoed-in-die-hand-here' aan te neem. Dis soos 'n verkoopsman wat enigiets sal doen om sy klant te oorreed. Wat meer is, daardie aspekte van die evangelie wat aanstoot gee, word verswyg, terwyl die 'blink kant' daarvan beklemtoon word. So word die struikelblok van die kruis (Gal 5:11) uitgerangeer en 'n goedkoop evangelie saamgeflans wat die kerk vul met w�reldlinge wat net entoesiasties bly op 'n dieet van 'gospel show-biz'.

Natuurlik moet ons ernstig by sondaars aandring om hulle te bekeer en Christus aan te neem; natuurlik mag hulle verantwoordelikheid hierin nooit onderspeel word nie; natuurlik moet 'n app�l ook op hulle wil gemaak word. Maar dit moet altyd geskied in die wete dat n�t die Heilige Gees hulle deur die evangelie daartoe kan bring. Alleen d�n kan die slaggat van 'n versuikerde 'evangelie' vermy word. Trouens, nou kan die evangelie onverwaterd en radikaal verkondig word, want 'almal wat vir die ewige lewe bestem is, sal gelowig word' (Hd 13:48).

*    'n Ander baie onrusbarende en w�reldwye tendens die afgelope paar dekades, is om die Bybelse evangelie subtiel te vervang met 'n 'gekerstende' sielkunde wat die oorsprong van persoonlikheids- en gedragsprobleme op 'n simplistiese wyse terugvoer na veral traumatiese ervaringe, gewoonlik in die kinderjare. Die gevolg is dat vir 'n sondaar ges� word, nie dat hy hom moet bekeer nie, maar dat hy 'n slagoffer van omstandighede en besonderlik ander se wanoptrede teen hom is. Hierdie onvanpaste simpatie suggereer dan dat sy optrede maar in orde is; trouens, dat dit eintlik onvermydelik is. In plaas van die Bybelse aksent op sonde, word daar dus gefokus op wonde. En die resultaat? Geen sondebesef, geen bekering, geen genesing, geen dankbaarheid, geen gehoorsaamheid - geen redding nie!

Mensgemaakte godsdiens kom tipies tot uitdrukking in menslike pogings om bo hulle morele verdorwenheid uit te styg deur religieuse moets en moenies. In die proses hoop die mens dan om sy skepper tevrede te stel en om uiteindelik die ewige lewe te be�rf. Dit het deur die eeue gelei tot die verskriklike gebondenheid van biljoene, wat in kerkers van vrees vir die hiernamaals, hulle lewenslank afsloof op trapmeulens van godsdienstige verdienste.

Maar die gevalle mensheid het net eenvoudig nie die vermo� in homself om sy sonde-gebrokenheid te ontworstel nie. Niemand kan homself aan sy eie skoenveters optel nie.

Alleen die Evangelie dra die ware boodskap van bevryding: Die antwoord op die mens se verskriklike dilemma l� nie daarin dat hy na God toe moet opklim nie. Mensgemaakte godsdiens is 'n leer wat n�rens heen lei nie. Nee, daar is maar ��n hoop - dat God na die mens toe afbuig. En presies dit het Hy gedoen - in Christus Jesus, Sy eie Seun!

Hier, net hier, l� die diepste en wesentlike verskil tussen die ware evangelie en die godsdienste van die w�reld - insluitende 'churchianity' (wat deur Christelike moralisme die saligheid wil be�rf). Hierdie onderskeid mag subtiel lyk, maar dit maak al die verskil in die w�reld - en in die hemel!

Christus voorsien geen morele ontwikkeling deur die geskiedenis nie, want, s� Hy, wanneer Hy terugkom sal dit maar nog net so gaan soos in die dae van Noag en Lot (Luk 17:26-30).

*    Sonde is status en aard, voordat dit handeling of versuim is. Dit gaan dus om iets veel diepers as die probleem van 'geweld' of 'misdaad' of 'dwelmmisbruik'.

Allereers is sonde 'n status voor ons Skepper: die mens, nee, �k, is voor my eerste asemteug skuldig voor 'n heilige God. Dan is sonde 'n aard: 'n natuurlike geneigdheid, 'n aangebore onvermo� - 'n onontkombare 'genetiese hartdefek' oorgedra van geslag tot geslag.

Eers d�n word dit �f 'n daad �f 'n versuim.

Die mens doen dus sonde omdat hy 'n sondaar is; hy is nie 'n sondaar omdat hy sonde doen nie.

*    Sonde sit allereers in mense; eers daarna in strukture. Ek, ja �k, is 'n groter probleem in hierdie w�reld as enige samelewingsiekte, ekonomiese beleid, of politieke stelsel. Samelewingstrukture bestaan immers uit mense. En die aard daarvan word deur daardie mense bepaal - deur individue. As die mense nie verander nie, is enige verandering aan die struktuur beswaarlik meer as kosmeties. En mense? Hoe verander hulle? Daar is net ��n manier: hulle h�rte moet verander.

Tragies daarom, onuitspreeklik, dat die kerk (uitsonderings daar gelaat) die heerlikste van alle roepings verruil het vir 'n pot lensiesop - verkondiging van die Evangelie vir struktuurtakelary. N�t die Evangelie verander mense - een vir een, kop vir kop (Rom 1:16-17; 1Kor 1:21; 2Tess 2:14; Jak 1:18; 1Pet 1:23). Struktuurtakelary kan nie genees nie, dit vervorm net - want dit verander nie menseharte nie.

Omdat die apostels d�t verstaan het, het hulle beswaarlik tyd gevind vir die 'goeie'; hulle het hulle alles gegee vir die 'uitnemende'. Presies d�t is waarom hulle die evangelie verkondig het. En presies d�t is waarom hulle net ��n boodskap gehad het - Jesus Christus, die Gekruisigde! (1Kor 1:23; 2:2).


Antipas Herout word gepubliseer deur Antipas Lektuur, 'n bediening van die Antipas Baptiste Gemeente in die Vaaldriehoek, met Nico van der Walt as redakteur. Die doel is om Bybelse lering in die vorm van kort, bevatlike studiestukke gratis beskikbaar te stel, ten einde begrip van en geloof in die fundamentele God-gesentreerde beginsels van die Woord so wyd as moontlik te bevorder.

Hierdie lewensbelangrike waarhede is kernagtig en uitnemend geformuleer in die groot Reformatoriese Belydenisskrifte en die wekroepe van die sestiende eeuse Reformasie:

Die Skrif Alleen, Genade Alleen, Christus Alleen, Geloof Alleen, Die Eer van God Alleen.


As u op ons poslys wil wees om gedrukte uitgawes van die

Herout gratis te ontvang, stuur u naam en posadres aan:

Antipas Herout, Posbus 263435, Drie Riviere, 1935

Tel: (016) 423 3639 Faks: (016) 454 0387

of

E-pos ons by : [email protected] en vra

om op ons adreslys begevoeg te word.


Antipas Lektuur is in die lewe geroep om die waarheidsevangelie in sowel Afrikaans as Engels so wyd en goedkoop moontlik te versprei. Besonderhede van ander studieboeke, traktate, geselekteerde boeke teen net meer as kosprys en oudiobande, kan van bogemelde adres verkry word.

Dit staan enigeen vry om die inhoud van hierdie Herout met of sonder erkenning te gebruik. Die skrywer het immers self baie hulp by talle ander gekry. Hy glo dat die

inhoud 'n suiwer uiteensetting van Skrifopenbaring is, en sy hartstog is om die waarheidsevangelie so wyd moontlik te versprei, nie om dit te kniehalter nie.

Terug / Back