Click to download midi file.

Click on the music bar above to download.

G27
N.a.v. Heb 13:20,21

Mag die Vader van ons Here Jesus
Aan ons ware vrede gee
Mag Hy wat die Herder van die kudde
Opgewek het uit die dood
Elkeen toerus met wat goed is
Sodat ons Sy wil kan doen
En 'n werk in ons tot stand bring
Wat Horn ewig sal behaag

Vader, Vader van ons Here Jesus
Daarom Vader ook van ons
Laat U hand van troue sorg U kinders
Elke dag steeds onderhou
Dankie Vader vir U liefde
Vir die Gawe van U Seun
Mag U kinders altyd waardig
Hulle heil'ge roeping leef

Mag die Vader van ons Here Jesus
Aan jou(jul) ware vrede gee
Mag Hy wat die Herder van die kudde
Opgewek het uit die dood
Jou(Julle) toerus met wat goed is
Sodat jy(jul) Sy wil kan doen
En 'n werk in jou (]ul) tot stand bring
Wat Hom ewig sal behaag

Terug / Back