Antipas Preke No8

Lk 10:25-37 : DIE GELYKENIS VAN DIE BARMHARTIGE SAMARITAAN

 

'N LEWENSBELANGRIKE STUK LERING

Hoewel dit in sy geval nie uit 'n opregte hart kom nie, het niemand nog ooit 'n gewigtiger vraag gevra as hierdie wetgeleerde nie: "Wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?"

Dit gee ook aanleiding tot 'n eenvoudige, maar aangrypende verhaal wat deur die eeue 'n onuitwisbare indruk op die mensheid se gewete gemaak het.

Daar is egter nog 'n rede waarom ons met die grootste erns na hierdie gelykenis moet kyk. Hierdie vraag is by net een ander geleentheid aan die Here Jesus gestel (deur die ryk jongman: Mt 19:16; Mk 10:17; Lk 18:18). Nou moet dit sekerlik van die allergrootste betekenis wees dat die Here in beide gevalle op presies dieselfde manier reageer - maar totaal strydig met ons verwagting. Hy verwys die vraagsteller elke keer na die Morele Wet! En uiteindelik roep Hy beide op tot 'n radikale uitlewing daarvan - besonderlik in liefdesaflegging van hulleself ter wille van mense in nood.

Dis moeilik om die konklusie te ontkom dat Jesus wil s� dat die pad na die ewige lewe langs die weg van goeie werke loop! Om dit verder te kompliseer, s� Hy uidruklik aan die wetgeleerde dat hy sal lewe indien hy dit doen (28; vgl. ook 37). Hier is iets wat ons nie ligtelik moet verbygaan nie!

WIE IS MY NAASTE?

As Jesus vir die wetgeleerde s� hy moet die wet uitleef om gered te word, tref dit op 'n plek wat seermaak. Met vinnige voetwerk probeer die man uit die hoek kom: "Wie is my naaste?" Dis nie 'n nuwe vraag nie. N.a.v. Lev 19:18 het die Skrifgeleerdes dikwels daaroor gespekuleer. Maar in ons teksgedeelte kom die Here Jesus met die allerantwoord.

DIE GELYKENIS

Die ongerepte woestynpad tussen Jerusalem en Jerigo daal 1035 m oor 'n afstand van 28 km. Dis 'n gebied vol spelonke - wat destyds ook vol rowers was.

Op hierdie pad word 'n reisiger dan inderdaad beroof en ernstig beseer. Twee medereisigers - eers 'n priester en daarna 'n Leviet - maak of hulle niks sien nie en haas hulle verby die ernstig beseerde slagoffer.

Daar kan meer as een rede wees vir hulle onwilligheid om te help. Dalk was hulle bang die rowers is nog in die omtrek. Of dalk was hulle bang die half-bewustelose slagoffer is al dood en sy lyk dus onrein (Num 19:11-16) - wat hulle wagtende seremoni�le pligte in die gedrang sou bring. Hoe ook al, beide godsdienstiges het die Ou Testamentiese beginsel vergeet - dat die Here eerder gehoorsaamheid wil h� as brandoffers en diereoffers (1Sam 15:22).

Dan is daar 'n skokkende wending in die storie. 'n Samaritaan, van alle mense, help die man. Die Jode en Samaritane het mekaar gehaat (Jh 8:48). Tog trotseer die man die gevare en sien so goed hy kan na die beseerde (Jood?) om. Trouens, hy doen veel meer as wat enige redelike mens sou verwag - want hy voel innig jammer vir die slagoffer (33). Hy pas noodbe-handeling toe, laai hom op sy rydier na 'n herberg toe, versorg hom daar verder, betaal vir alle onkoste wat daar mag wees en onderneem les bes om weer terug te kom. As iemand ooit 'n tweede myl gestap het, was dit hierdie Samaritaan!

DRIE SOORTE MENSE

Die slagoffer het drie soorte mense op pad ontmoet:

Die rowers lewe volgens die ysterre�l: joune is myne!

Die priester en Leviet lewe volgens die silwerre�l: joune is joune en myne is myne! Dit moet ons nie verbaas nie. Vir baie jare al het die rabbi's die mens se hoogste morele plig s� saamgevat: moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil h� nie! Helaas hang die koudste harte soms net 400mm onder die suiwerste ortodoksie.

Nee, s� Jesus, die uitnemende pad is die van die Samaritaan. Hy lewe volgens die goue re�l: myne is joune! In plaas van die rabbi's se negatiewe moraliteit, is die Here heerlik positief met Sy voorskrif: doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil h�!

DIE SAAKMAAK-VRAAG

Jy vra die verkeerde vraag, s� Jesus dan in werklikheid vir die wetgeleerde (36). Jou vraag oor wie jou naaste is, poog om soveel moontlik mense uit te skakel, want jy wil weet wie regtig kwalifiseer. Die vraag tussen die re�ls gaan eintlik oor hoeveel mense jy maar kan verbygaan.

Maar die regte vraag is: is �k 'n n��ste vir my medemens? Doen ek wat ek kan vir diegene in nood met wie ek te doen kry?

�ns vra: wie moet ek liefh�, en hoeveel moet ek liefh�? Jesus Christus vra: het jy voor die voet lief?

DIE UITKLOPHOU

Goed, s� die Here Jesus uiteindelik, jy het My gevra hoe om die ewige lewe te be�rf. Jy het laat blyk jy ken die essensie van die Wet. Ek het nou die praktiese implikasies daarvan vir jou uitgespel. Gaan dan heen; leef dit uit! (37). Die wetgeleerde wou Jesus uitvang met 'n strikvraag - maar hy gaan druipstert huis toe.

REGVERDIGING DEUR WERKE ?

In beginsel is dit wel moontlik om deur wetsonderhouding gered te word - maar dan moet dit volmaak wees (Gl 3:21; Rm 8:3). Daar is egter een groot probleem: nie een van ons kan eers begin om dit reg te kry nie. Let wel, die probleem l� nie by God se standaarde nie - di� is volmaak. Dit l� ook nie by die beginsel van geregtigheid nie. Die probleem l� by die mens. Vanwe� sy verdorwenheid doen hy die Wet dag na dag geweld aan - deur mislukking, deur oortreding.

Is Jesus dus na�ef, oor-idealisties, onrealisties - met respek gevra? Was dit vir Paulus om 'n wanopvatting te kom regstel met sy aandrang dat niemand deur wetsonderhouding gered kan word nie - en dat 'n ander pad dus noodsaaklik is? Nee! Onthou, ons het met die Woord van God te doen. Hier sit iets baie rykers in!

Jesus weet die selfvoldane wetsgeleerde - soos die ryk jongman -is nog nie gereed vir die Koninkryk nie. Daarvoor is geestelike bedelaarskap 'n absolute voorvereiste (Mt 5:3). Want daarsonder gryp jy nie die Plaasvervanger vas nie - die �nigste Middelaar tussen God en sondaars (1Tm 2:5). Die Here stuur die man dus terug na die Wet toe - sodat di� hom kan stroop van sy selfversekerdheid, hom kan verinneweer totdat hy soos die tollenaar van Lk 18:13 in wanhoop om God se genade roep. Eers dan kan daar sprake wees van ware geloof - waardeur Christus se volmaakte wetsonderhouding aan sondaars toegereken word.

• Ware geloof het twee onmisbare komponente: afhanklikheid en vertroue. Dis afhanklikheids-vertroue! Self-wanhoop is op sig self dus nie genoeg nie. Die negatiewe moet ook met positiewe vertroue afgerond word. Uiteindelik kyk ware geloof weg van jou sondige self, om die o� op Christus vas te nael!

• Die feit dat die Here Jesus met sowel die ryk jongman as die wetsgeleerde presies dieselfde strategie volg, moet ons waarsku om die belangrikheid daarvan nie mis te kyk nie. Die koninkryk van die hemele word op net ��n manier binnegestap - met bedelaarskoene aan! En voordat jy nie moedeloos gespook is met die onbereikbaarheid van God se volmaakte standaarde nie, sal jou trots jou om 't dood nie toelaat om hierdie skoene aan te trek nie.

DIS NIE AL NIE

Die belangrikheid van dit wat ons reeds uit hierdie Skrifgedeelte gehaal het, kan nie oorbeklemtoon word nie. Maar hier durf ons nie stop nie. Mag die Here ons bewaar van 'n goedkoop evangelie wat op hierdie punt 'n sug van verligting slaak - en agteroor sit!

Te veel Christene wat hulleself wysmaak hulle is veilig in Christus, glo al wat oorbly is die wag om hemel toe te gaan. Omdat ons nie deur werke gered word nie, dink hulle dis nie regtig s� belangrik nie. Maar dis 'n noodlottige dwaling!

Ja, die essensie van ware geloof is afhanklikheidsvertroue - maar die Bybel is ook boordevol getuienis dat dit 'n spesifieke vrug dra. Trouens, dis al waaraan jy die ware Jakob kan uitken (Jk 2:14-26). En wat is hierdie vrug? Dis 'n hartstog om die werke van die wet te doen (Jer 31:33) - 'n hartstog wat jou lewe onontkombaar en onmiskenbaar vorm vanaf die dag wat jy dit ontvang (Mt 12:33-37).

• Niemand kan God se standaarde haal nie. Maar die nuwe lewe wat Hy in jou hart uitstort, dring mens om weer en weer op te staan - en nogeens te probeer.

In die Skrifgedeelte waarna ons kyk, illustreer Jesus die essensie van die wet - besonderlik die tweede tafel daarvan, die gedeelte oor naasteliefde. Hy doen presies dieselfde in Sy gesprek met die ryk jongman, behalwe dat Hy daar ook nog wys hoe liefde teenoor God tot uitdrukking kom - in ongekwalifiseerde toewyding aan Sy Seun. En omdat ware geloof gepaard gaan met 'n hartstog om God se wet te gehoorsaam, beteken dit dat elkeen in wie dit teenwoordig is, iets sal vertoon van wat Jesus die wetsgeleerde en die ryk jongman beveel. Ware gelowiges klim dus van donkies af; hulle help diegene in nood; hulle deel uit en volg Christus as Koning!

• Wat die Here dus met sowel die wetsgeleerde as die ryk jongman doen, is om hulle met die liefde wat God vereis tot nederigheid in te breek - sodat hulle die liefde wat God gee uiteindelik kan ontvang.

Iemand sonder 'n hartstog om God te behaag is iemand sonder 'n nuwe hart. Hy is daarom sonder ware geloof - en sal dus nie die koninkryk ingaan nie.

• Dis waarom Jesus s� dis uiters moeilik vir 'n ryk man om die koninkryk in te gaan - moeiliker as vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom (Lk 18:24-25). Meeste rykes vergader immers eerder skatte as om God se wet te gehoorsaam - as om behoeftiges lief te h� en hulle te versorg. Dis waarvan Jakobus praat as hy die rykes so dringend waarsku (Jk 5:1-6).

Die dissipels se vraag is begryplik: "... wie kan dan gered word?" Die antwoord is bemoedigend, maar kripties: "Wat vir die mense onmoontlik is, is vir God moontlik." Hoe doen Hy dit? Jesus s� nie. Tog ken die dissipels iets van so 'n genadewerk (Lk 18:28). En spoedig sou hulle dit weer dramaties sien gebeur.

• In Lk 19:1-10 glip 'n kameel deur 'n naald se oog - nee, veel meer. 'n Ryk man, Saggeus (2), word 'n uitbundige uitdeler (8). As Jesus dit sien, weet Hy n�g 'n man het 'n nuwe hart by God gekry (9). En Hy weet dis alles gewortel in S� Middelaarswerk! (10).

Sien ons nie inderdaad in hierdie barmhartige Samaritaan iets van Jesus Christus se totale self-aflegging ter wille van ons nie? In Hom het ons immers volmaakte liefde vir hulpelose en gestroopte sondaars. Hy verbind ons, dra ons, versorg ons.

En Sy volmaakte liefdeswerk ter wille van ons is die grond vir ons onontkombare roeping tot die lewensingesteldheid van die barmhartige Samaritaan.

Nico van der Walt

Terug