Antipas Preke No6
Eseg 3:22-27 : DIE STOM PROFEET
'N EIENAARDIGE OPDRAG
Esegi�l moet na 'n vallei toe gaan waar hy meer voorskrifte sal kry. D��r wag die heerlikheid van die Here weer op hom. Soos voorheen val hy op sy gesig, maar nogeens versterk die Gees hom om regop te staan sodat hy die Here se woord kan aanhoor (22-24a).
Die eksentrieke, paradoksale bediening wat vir Esegi�l voorl� (tot en met die val van Jerusalem), word nou vir hom geskets. In die voorafgaande verse word hy op die hart gedruk dat hy met sy lewe sal boet indien hy sy roeping om die mense te waarsku, sou nalaat; nou word hy as 't ware die swye opgel�.
Eerstens moet hy homself in sy huis toesluit. Wat meer is, hy sal vasgebind word - sodat hy nie tussen die mense kan kom nie (24b-25). Hy sou nie, soos ander profete, vrylik tussen die volk kon beweeg nie. Tog kon mense wel na hom toe kom om die woord van die Here te hoor (8:1; 14:1; 20:1).
Tweedens sal hy stom word, sodat hy nie die halstarrige volk na goeddunke kan bestraf nie. Slegs wanneer die Here 'n spesifieke woord vir die volk het, sal sy tong losgemaak word. Dit beteken dat Esegi�l, wanneer hy wel kan praat, net God se woord sal deurgee - niks meer nie, niks minder nie (26-27a).
INDIVIDUELE VERANTWOORDELIKHEID
Esegi�l se roeping word afgesluit op 'n noot wat meer na die Nuwe Testament klink as na die Oue: "Laat dan luister wie wil en laat skouers optrek wie wil: hulle is 'n weerbarstige volk." (3:27b). Dit klink baie na 'n uitdrukking wat die Here Jesus oor en oor gebruik het: "Wie ore het en kan hoor, moet luister!" (Mark 4:9 e.a.).
� Hierdie uitdrukking van Esegi�l - soos ook di� van die Here Jesus - het 'n sterk persoonlike gerigtheid wat die onus volledig op elke individu plaas.
� Die organiese en korporatiewe karakter van God se roeping is besig om verby te gaan. Die oorblyfsel vanuit die ballingskap gaan kop vir kop saamgestel word - soos uiteindelik ook die Nuwe Testamentiese gemeente.
In sy 18de hoofstuk ontwikkel Esegi�l hierdie waarheid in besonderhede - sodat dit tereg genoem kan word die Ou Testamentiese locus classicus oor elke mens se persoonlike verantwoordelikheid voor God.
ESEGI�L SE STOMHEID
Hoe moet ons hierdie eienaardige opdrag verstaan? Ons lees weer daarvan in 24:25-27; 29:21; 33:21-22.
� 'n Groot deel van Esegi�l se aanvanklike profesie� het deur simboliese handelinge en tekens gekom. Sy stomheid was die eerste, en 'n stuk of tien meer sou volg - tot en met die dood van sy vrou in Eseg 24.
� Esegi�l se vrou sterf op dieselde dag as wat Jerusalem finaal bele�r word. Dis 41/2 jaar na sy eerste roeping. Op hierdie hartseerdag ontvang hy egter 'n belofte: sy stomheid gaan tot 'n einde kom - wanneer 'n vlugteling berig bring dat Jerusalem vernietig is (24:25-27). Presies so het dit 3 jaar later gebeur (Eseg 33:21-22).
� Dit is betekenisvol dat Esegi�l se sporadiese spreke tot sy volksgenote - deur sowel simboliese handeling as profetiese woord - heeltemal ophou die oomblik as Jerusalem bele�r word. Vir die volgende 3 jaar, totdat die boodskapper opdaag met die nuus oor Jerusalem se vernietiging, rig hy hom uitsluitlik tot die heidennasies. Teenoor sy volksgenote is hy doodstil.
Esegi�l se toenemende swye het sonder twyfel te doen met die volk se voortgaande selfvoldaanheid. Ten spyte daarvan dat sommige van hulle reeds in ballingskap is, en dat die res bedreig word met uitwissing, is daar steeds bloedweinig verootmoediging en bekering by hulle.
� Voor die val van Jerusalem het die Jode hulleself wysgemaak dat die Here uitkoms sal gee - dat Hy nooit sou toelaat dat S� stad en S� tempel vernietig word nie.
- Dit was waar van diegene in Jerusalem. Na die wegvoering van die 10 000 in 597 v.C. (waarvan Esegi�l deel was), gee God vir Jeremia die gesig van die twee mandjies vye (Jer 24). S� selftevrede is di� wat agtergebly, dat hulle glo h�lle is die 'goeie vye' en die weggevoerdes die 'slegtes' (Eseg 11:15; 33:24).
Maar hierdie eerste wegvoering is ten diepste nie God se straf oor 'n klomp swartskape nie. Nee, in Sy genade neem Hy hulle as 't ware eenkant toe voordat Sy toorn oor Jerusalem spoel. Hoe maklik bedrieg ons onsself nie! Hoe maklik maak 'vrot vye' hulleself nie wys hulle is uitstal-gehalte nie! (vgl. Op 3:17).
In plaas daarvan om hulle dus onder God se hand te verneder, glo Jerusalem die stad is gesuiwer van sy 'Jonas' en dat die Babeloni�rs nie sal terugkeer nie. Tot hierdie selfvoldane mentaliteit dra 'n klomp vals profete by - met hulle vrede-vrede-boodskappe. Om eerder mense te laat goed voel, as om waarheid te verkondig, was nog altyd 'n kenmerk van hulle wat nie deur God gestuur is nie (vgl. onder meer Jer 6:13-14; 8:10-11; 14:13-15; 23:9-40; 27:9-11; 28:1-17). Daarenteen val Jeremia - Esegi�l se tydgenoot in Jerusalem - se profesie� dat die stad vernietig gaan word, op dowe ore.
- Onder die ballinge geld, ironies, 'n soortgelyke gesindheid. Afgesien daarvan dat hulle aanhou sondig (14:4vv; 33:32), bluf hulle hulself deur te glo dat hulle gevangeneskap gou tot 'n einde sal kom en dat God n��it sal toelaat dat Jerusalem val nie. Ook onder hulle, soos te wagte kan wees, was 'n klomp vals profete met hulle bluftaal bedrywig (Eseg 13).
Om hierdie misleiding te besweer, skryf Jeremia 'n brief aan die ballinge. Hy veroordeel die vals profete en druk die mense op die hart om in Babilon te vestig met die oog op langtermynverblyf (Jer 29).
� As Jerusalem finaal val en die tempel vernietig word, skud dit die ballinge egter tot hulle sinne. Nou weet hulle Esegi�l en Jeremia is ware profete van God (2:5; 33:33). Platgeslaan en nederig is hulle op laas gereed om met oop harte na God te luister. Esegi�l se stomheid word opgehef, sy roeping word herbevestig (33:1-20) en in die tweede helfte van die boek word hy 'n herout van die heerlikste heilsprofesie�.
WAT S� DIT ALLES VIR ONS
1. Soos di� van Esegi�l, het ook �ns getuienisroeping 'n paradoksale karakter.
- Daar is steeds 'n delikate balans om te handhaaf.
Enersyds leef ons onder Christus se groot opdrag. Ons is nie gebonde nie, nie stom nie, nie in huisarres nie - ons m�g trouens nie swyg nie! Tydig en ontydig moet ons die evangelie uitdra (2Tim 4:1-5).
Andersyds leef ons, soos Esegi�l, in 'n selfvoldane, arrogante en siniese samelewing. Gou-gou na ons bekering moes ons leer jy kan nie soos 'n bul in 'n blomtuin te kere gaan nie. Getuienis sonder diskresie het maklik die teenoorgestelde effek as wat mens verlang. As jy nie oppas nie, gooi jy jou p�rels voor die swyne. In 'n sekere sin is ons dus steeds 'in huisarres' - moet ons die Gees vertrou om ons wysheid te gee en 'ons tonge op die regte tyd los te maak.'
� Party Christene praat so baie dat niemand hulle meer ernstig opneem nie - en die dag as hulle regtig moet praat, word hulle nie gehoor nie. Nee, daar moet 'n wag voor ons mond wees: "Wandel in wysheid teenoor die wat buite is ... Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord" (Kol 4:5-6, OAV).
� Dis soms belangrik om stil te bly. En allermins moet ons stryerige mense wees. Ja, 'n Christen leef ononderhandelbaar vanuit Skrifbeginsels - en daarby staan hy kompromieloos. Maar oor dinge wat die Bybel nie aanspreek nie - en daar is baie daarvan - is hy soepel, tolerant en akkommoderend. Eintlik moet ons as Christene die ruimste van alle mense wees. Ook hierin gaan Paulus ons voor met sy lewensbenadering om ter wille van die evangelie vir die Jode soos 'n Jood te word en vir die Grieke soos 'n Griek (vgl. 1Kor 9:19-23).
- In Esegi�l se roeping sit die eeue-oue beginsel: Tota et Sola Scriptura: die hele Skrif en net die Skrif.
Enersyds moet ons steeds God se volle geopenbaarde waarheid verkondig. Daaroor mag ons nie swyg nie.
Andersyds moet ons ons verkondiging beperk tot die Woord. Dis al wat die Here nodig ag vir ons. En waaroor H� nie voorskriftelik is nie, is ons nie voorskriftelik nie.
2. Tot die mate wat mense onbekeerlik in hulle selfvoldaanheid weier om op God se waarheidswoord ag te slaan en hulle ore uitleen vir die vleitaal van vals profete - tot daardie mate raak die Here al hoe swygsamer teenoor hulle.
- Baie jare vantevore het Amos al vir Israel gewaarsku dat hulle ongehoorsaamheid gaan uitloop op 'n hongersnood aan die Here se Woord (8:11-12).
- Die Seun van God het in hierdie w�reld grootliks geleef en gewerk tussen mense wat godsdienstig gearriveerd en selfvoldaan was. En dikwels het Hy, soos Esegi�l, van aanskouingsboodskappe (Sy tekens en wonders) en gelykenisse gebruik gemaak.
En ook Hy was tot 'n groot mate op individue ingestel.
� Matt 13:10-17 is baie sprekend in hierdie verband. Jesus se gelykenisse het nie net ten doel gehad om die diepsinnige waarhede van die Koninkryk op 'n bevatlike manier oor te dra nie; Hy het dit ook gebruik om lotsbepalende inligting vir die selfvoldanes te versluier. Trouens, sonder 'n voorafgaande genadewerk van die Gees kon mense nie die gelykenisse begryp nie. As Jesus dan mense wat Sy boodskap h��r (13:9), oproep om ag te slaan, roep Hy eintlik die begenadigdes uit die massa geestelike blindes uit (13:16-17). Hy maak hulle as 't ware stil-stil bymekaar sonder dat die res dit agterkom. Ongeag hoe skreiend die geloofsafval ook al is, God het altyd Sy oorblyfsel! (vgl. Eseg 5:1-4).
So was Sy gelykenisse dus tweesnydend. Dit was die byl waarmee Hy die bome sonder vrug uit Sy boord uitgekap het, die skop waarmee Hy die koring en die kaf geskei het (Matt 3:10, 12).
- In tye van geloofsafval red die Here weliswaar nie en masse nie, maar Hy red wel - kop vir kop, hier en daar. En dat dit God se genadewerk in sulke mense is - dat dit Hy is wat vir hulle siende o� en horende ore gee - kan niemand met onderskeidingsvermo� betwyfel nie. Ja, in herlewingstye verheerlik die Here Homself op 'n besondere manier, maar in tye van afval ��k. 'n Watervloed maak 'n oorweldigende indruk op 'n mens, maar 'n druppel wat presies val waar hy moet, laat jou ��k in stille verwondering voor God kniel.
- Een van die uitstaande kenmerke van geestelike eb-getye is, enersyds, die skaarsheid aan predikers wat God se waarheid getrou verkondig en, andersyds, die oorvloed misleidinge wat deur 'vals profete' versprei word. In Esegi�l se roeping vind ons die verklaring hiervoor: as die Here begin weier om Sy p�rels voor swyne te gooi, en dus 'swygsaam' raak, hou Hy gewoon op om predikers te gee (vgl. Ef 4:8-11). En geen mens kan hulle fabriseer nie. Daar is net een pad: verootmoediging, gebed, bekering, wag op die Here.
- In hierdie verband het Luk 2 wonderlike troos vir die van ons wat gebroke is oor die skaarste aan Bybelgetroue evangeliepredikers in ons land, asook die gepaardgaande geestelike verval: voor Jesus se geboorte was daar midde-in die godsdienstige selftevredenheid en blindheid wel begenadigde mense wat presies geweet het waarom dit gaan - soos Simeon en Anna (2:25-35, 36-38).
� As God se genadedruppels selfs tydens die 400 jaar van profetiese stilte voor die koms van die Messias nie ophou val het nie, hoeveel te minder sal dit nou ophou val - op ons wat n� kruis, opstanding en Pinkster leef. En hierdie vertroosting word deur die geskiedenis bevestig: nooit, selfs in die 1000 jaar van duisternis voor die Reformasie, was Christus sonder 'n bruidskerk nie. Ja, hulle was min, maar hulle was daar!
- Mag ons as gemeente nooit vergeet nie - selfvoldane trots en w�reldgelykvormige ontrou is fataal. Daar is maar ��n pad van behoud: nederige afhanklikheid van en toegewyde gehoorsaamheid aan die Here. Dan sal Sy Woord nooit, maar nooit stil word onder ons nie.
Nico van der Walt