Antipas Preke No 2

 

Rom 3:25 : JESUS CHRISTUS, ONS STRAFDRAENDE PLAASVERVANGER

 

INLEIDING

Alle mense, sonder uitsondering, is skuldig en daarom doemwaardig voor God (Rom 1:18-3:20). Hulle is almal onder Sy toorn (Rom 1:18). D�t is die mens se heel grootste probleem.

* In die vroegste tye al het Job hierdie brandendste van alle vrae gevra: 'Kan 'n mens ooit onskuldig wees in die o� van God en sonder blaam voor sy Maker staan?' (Job 4:1). En: '... hoe kan 'n mens regverdig wees by God?' (Job 9:2, OAV). Nooit in die geskiedenis het iemand 'n belangriker vraag as dit gevra nie!

* In 1:20-32 word die heidene as skuldig aangetoon; en in 2:1-3:8 die Jode. Dan word die hele saak in 3:9-20 saamgevat. Eintlik is daar niks verder te s� nie. Laat alle mense swyg.

Soos altyd het God egter die laaste s�. V.21 begin met twee van die wonderlikste woorde in die Bybel: nuni de ('Maar nou').

Dit word dan in die volgende paar verse gevolg deur een van die rykste uiteensettings van die evangelie in die ganse Woord van God (Rom 3:21-31). Aan die hart van hierdie 11 verse is v.25. En aan die hart van v.25 is 'n teologies swaargelaaide woord: 'hilasterion' (vertaal met 'versoening').

* In die antieke w�reld is natuurrampe en ander probleme op 'n simplistiese wyse gewyt aan die woede van iesegrimmige gode. Hilasterion is die woord wat in klassieke Grieks gebruik is om te praat van die offers wat gebring is om die gode te paai. Sonder om die lewende God met die heidendom te assosieer, kan ons aanvaar dat die woord in Paulus se tyd steeds iets van hierdie betekenis gedra het. So aanvaar die regsinnige teologie dit nog altyd. Rom 3:25 dui dus op die kruis - en veral op die feit dat die toorn van God daar op Sy Seun ingebrand het.

Hilasterion s� in 'n enkele woord wat Jesus Christus op Golgota gedoen het.

DIE TOORN VAN GOD

Die Bybel praat baie dikwels oor die toorn van God. Trouens, dit kry meer aandag as God se liefde. Presies hiermee begin die apostel Paulus dan ook sy wonderlike uiteensetting van die evangelie in Romeine (Rom 1:18).

God se toorn is Sy ewige en absolute afsku van alle ongeregtigheid en sonde - asook Sy handelinge om uitdrukking aan hierdie afsku te gee. Dis die heiligheid van God in aksie teen alle sonde.

Omdat God heilig is, haat Hy sonde. En omdat Hy sonde haat, brand Sy toorn teen sondaars (wat nie beteken dat daar nie ook 'n sekere liefde vir hulle teenwoordig kan wees nie).

Die toorn van God is net soveel een van die volmaakthede van Sy karakter as Sy liefde, trou, genade, ensovoorts. Dis tog duidelik: enige onge�rgdheid en afsydigheid t.o.v. sonde sou getuig het van morele onvolmaaktheid in Hom.

DIE STRAFDRAENDE PLAASVERVANGER

Dis moeilik om 'n bevredigende vertaling vir hilasterion te vind. 'Versoening' is 'n moedige poging, maar dit s� ongelukkig nie genoeg nie. In Engels word die woord propitiation gebruik.

* Funk & Wagnalls verklaar die Engelse woord so: "Some offering, sacrifice or suffering sufficient to win forgiveness or make up for an offence. It is an action that makes the governing power propitious (kindly disposed, gracious) toward the offender; it appeases the lawgiver."

* Millard J. Erickson stel dit so in sy Concise Dictionary of Christian Theology: "A reference to the idea that Christ's atonement satisfies the wrath of God."

Christus was die Strafdraende Plaasvervanger (Penal Substitute) wat God se toorn namens ons gedra het.

Plaasvervanging vind plaas wanneer iemand in die plek van 'n ander of namens iemand anders optree - en wel s� dat dit nie meer vir die ander nodig is om dit te doen nie.

* Dis iets wat aldag gebeur. 'n Werker tree byvoorbeeld as plaasvervanger vir sy baas op. Hy doen immers namens die baas dit waarvoor die baas eintlik verantwoordelik is.

* In Rom 5:8 en Gal 3:13 word die voorsetsel huper (ter wille van, namens) met 'vir' vertaal. En in Matt 20:28; Mark 10:45 en 1Tim 2:6 word 'n ander voorsetsel, anti (in plek van, in ruil vir), weereens met 'vir' vertaal.

"Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word - want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ’n hout hang ..." (Gal 3:13, OAV).

"Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense." (Mark 10:45).

Die kwalifikasie, strafdraend, plaas Christus se plaasvervangende werk in die sentrum van die waarhede van God se geregtigheid en toorn, asook van die morele wet se eise.

Op Golgota het God se toorn teen die sonde van mense op Sy eie Seun in gebrandglas!

Jesus Christus, gedring deur 'n liefde wat vasberade was om alles te doen wat nodig was om ons te red, het God se verskriklike oordele, waarvoor ons onontkombaar bestem was, volledig namens ons gedra - en sodoende vir ons vergiffenis, aanneming tot kinders en ewige heerlikheid bewerkstellig.

Elke ware gelowige m��t hierdie waarheid verstaan. Dit l� immers aan die hart van die evangelie en van sy verlossing. En tot die mate wat hy dit begryp en glo, sal dit onmiskenbare en lewensveranderende effekte op hom h�. Op grond hiervan ken Christene dwarsdeur die eeue ten minste twee belewinge:

* 'n Diep hartswete: hiervoor is ek alles - my ganse lewe - aan my Verlosser verskuldig.

* 'n Onwankelbare innerlike sekuriteit - wat 'n onuitputlike bron word van vrede, vreugde en lof.

IMPLIKASIES

Die feit dat my Plaasvervanger strafdraend moes optree - en wel op so 'n verskriklike wyse - impliseer ontkombaar dat �k vir my oortredings en mislukkinge i.t.v. Sy wet strafwaardig voor die Groot Regter was, en gevolglik op pad was na die ewige verdoemenis. Presies dit is die punt van Rom 1:18-3:20. Hy het verduur wat m� toegekom het.

Hieruit volg vier uiters belangrike stelle waarheid:

1. Waarheid met betrekking tot God.

Dis uiters belangrik om te verstaan dat Christus nie teenoor Sy Vader op Golgota gestaan het nie. Dis 'n totaal verwronge en Godonterende idee dat Hy 'arme sondaars' teen Sy Vader se woede beskerm het.

Golgota was ten diepste die Vader se inisiatief. Dis die Vader wat Sy Seun daar 'gegee' het. Letterlik wil die betrokke werkwoord s� dat die Vader Sy Seun daar op Golgota voor Homself neergesit het. Daarbenewens sit die idee van 'n publieke handeling ook nog daarin. En inderdaad was dit 'n openbare skouspel. En tot vandag toe is die Vader nie daaroor 'skaam' nie; trouens, wat presies daar gebeur het moet wyd en syd verkondig word.

Hoe aangrypend het Jesaja dit nie geprofeteer nie! "Tog het hy �ns lyding op hom geneem, �ns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. Oor �ns oortredings is hy deurboor, oor �ns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur s� wonde het daar vir ons genesing gekom." "Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly." (53:4-5, 10).

Agter die kruis moet God se heilige geregtigheid dus gesien word. Op Golgota is Sy toorn teen my sondeskuld bevredig. Dit het reggemaak wat verkeerd was in Sy o�. Elke kriesel skuld is betaal.

Die kruis beklemtoon die volmaaktheid van God se wet en dat Hy onwankelbaar en kompromieloos daarby staan as morele standaard vir die mens. Die diepste grond vir die redding van sondaars is en bly volmaakte wetsonderhouding - di� van die mens Christus Jesus!

2. Waarheid met betrekking tot die mens.

Sedert Golgota kan geen twyfel bestaan oor die erns van God se waarskuwing in Gen 2:17 nie: "Die dag as jy daarvan eet, sterf jy." En die dreigement was totaal en omvangryk. Hierdie dood is radikaal, liggaamlik, geestelik, ewig.

'n Groter en meer beledigende sonde as om so 'n Plaasvervanger weg te wys, kan nie bedink word nie (Heb 6:6; 10:29). Sonder twyfel is dit God se volste reg om elkeen wat so 'n genade-aanbod van die hand wys, met 'n veel strenger oordeel te straf as diegene wat nooit die evangelie gehoor het nie.

Niks beklemtoon die onontkombaarheid van die ewige verdoemenis vir diegene sonder 'n plaasvervanger, meer as die feit van Golgota nie. Sal die lewende God 'n rebel oorsien, as Hy Sy eie Seun nie gespaar het nie?

3. Waarheid met betrekking tot Jesus Christus.

As ware mens het Hy ons plek onder God se toorn ingeneem. Hy het dus al die dimensies van die dood waarvoor ons bestem was, ondergaan: liggaamlik en geestelik. Dis waarom Hy uitgeroep het: "My God, My God, waarom het U My verlaat?" (Mark 15:34). Hier is die onwankelbare fondasie van ons vryspraak en immuniteit in terme van die Wet.

Een van die aangrypendse beklemtonings van die Nuwe Testament is Jesus Christus se gewillige opoffering van Homself as Plaasvervanger. Vier keer in die gedeelte oor die goeie herder beklemtoon Hy dat Hy Sy lewe afl� vir die skape (Joh 10:11, 15, 17, 18). En in Ef 5:2 skryf die apostel: "Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was." Vergelyk ook Jes 53:12; Matt 20:28; Gal 2:20; Ef 5:21; Heb 9:14; 25-26; Op 1:5.

4. Waarheid met betrekking tot reddende geloof.

Geloof sien dat God se vereistes en standaarde vir die mens volledig en onveranderd bly staan tot in ewigheid. Daarom is die totale en ewige straf wat God belowe het vir mislukking en rebellie, onafwendbaar vir elkeen buite Christus. Ware geloof aanvaar egter dat die straf vir my sonde (verlede, hede en toekoms) reeds op Christus ingebrand en uitgewoed het.

So bring ware geloof dan gewetensrus. Waarom? Toplady het dit so verwoord: "Payment God cannot twice demand, first from my bleeding Surety's hand, and then again from mine."

* 'n Voorbrand dien as brandbeveiliging. Waarom? Waar 'n vuur eenmaal gebrand het, brand dit nie weer nie!

Die vuur van God se toorn het r��ds op Christus aan die kruis ingebrand. Op die oordeelsdag sal daar maar ��n veilige plek wees teen die vuur van God se toorn - in die voorbrand van Golgota.

Ware geloof gaan dus nie net eenkeer Golgota toe nie; dit bly skuil by die kruis.

Uit bogenoemde kristalliseer 3 wesenstrekke van ware geloof nou duidelik uit.

* Dit begryp en omhels die realiteit van God se vrye gawe van vergiffenis in Christus - vir lewe en dood, vir tyd en ewigheid. Tot en met die laaste lewensoomblik is dit die hart van reddende geloof. 'n Christen sterf met sy Verlosser se Naam op sy lippe.

* Essensieel is ware geloof 'n wegkyk van jouself - na Christus toe, en besonderlik na Hom as die Gekruisigde. 'n Volwasse gelowige het dus geleer om nie die grond vir sy vergiffenis en toekomshoop in sy eie belewinge te soek nie. Hy het agtergekom dat voortdurende introspeksie 'n onfeilbare resep vir moedeloosheid is. Natuurlik is gereelde selfondersoek noodsaaklik (2Kor 13:5), maar dit mag nie daar bly nie - dit moet jou weer en weer daartoe bring om jou o� op Christus vas te nael.

Redding is objektief; dit gebeur in die eerste instansie buite my. Regverdigmaking is 'n 'inskrywing in God se boeke'. Heiligmaking is die uitvloeisel daarvan; nie die voorwaarde nie.

*Hierdie beginsel word aangrypend deur die geskiedenis van die koperslang in die woestyn onderstreep (Num 21:8-9). Al wat vir genesing nodig was, was om te k�k. As die Here Jesus met Nikodemus praat, gebruik Hy hierdie beeld om na Sy komende kruisiging te verwys en om sodoende die sleutel tot die ewige lewe in die Farise�r se hand te gee. En waarom moes Moses juis 'n slang maak? In die Bybel is dit 'n simbool van boosheid. Die koperslang was dus 'n stuk profesie dat die Messias 'sonde vir ons gemaak' sou word - dat Hy ons strafdraende Plaasvervanger sou wees (2Kor 5:21, OAV).

* God se verlossing is toeganklik vir almal - ongeag hoe groot jou sonde, onvermo� of onwaardigheid ook al is. Al wat immers nodig is, is om vanuit jou magtelose bankrotskap na Christus te k�k. Jy hoef niks te doen nie, jy moet net kyk. Trouens, jy durf niks probeer doen nie. Enersyds weerhou dit jou van kyk soos jy moet kyk - afhanklik en vertrouend. Israeliete wat, by wyse van spreke, self met hulle kruie en pypolie en toerniket-verbande probeer regkom het, het gesterf. Hulle was so doenig om hulleself te dokter, dat hulle nie by kyk uitgekom het nie. Andersyds is Jesus Christus �f volkome alleen-redder, �f glad nie.

In Matt 5:3 s� die Here presies dit. Grieks het meer as een woord vir 'n arme, maar Hy gebruik spesifiek die een wat na bedelaars verwys - diegene wat nie meer probeer werk nie, maar hulleself totaal verlaat op die welwillendheid van verbygangers. Letterlik s� Hy dus: salig is die geestelike bedelaars, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geestelike bedelaarskap is die enigste kwalifikasie vir redding. Die Christelike geloof gaan nie oor godsdienstiges wat na die Allerhoogste toe opklim nie; dit het alles te doen met God wat na bedelende sondaars toe afbuig. As sulks verskil dit wesentlik van alle godsdienste - ook van churchianity, want daar is dermiljoene 'Christene' wat ten diepste op hulle eie vroomheid, kerklike meelewing, of sakramente staatmaak ten einde God se geregtigheidstandaarde te slaag.

Nico van der Walt

Terug