Die Boodskap van Amos

Deel Drie

Amos 2:4-5

Die Eerste Twee van Israel se Drie Groot Sondes

Nico van der Walt

 

 Terwyl ek hierdie preek voorberei het, het ek gesien dat hierdie gedeelte waarna ons nou gaan kyk so ryk en vol is dat 'n mens dit nie by 'n enkele geleentheid sal kan afhandel nie. Daar sal dus twee preke oor hierdie gedeelte wees. Kom ons lees Amos 2:4 - 3:2. (Lees) Ek wil graag dat ons maar van 'n kant af deur hierdie gedeelte werk.

 

INLEIDING

Terwyl ons na die voorafgaande gedeeltes gekyk het, het ek daarop gewys dat Amos 'n profeet was wat uit die suidelike gedeelte, die tweestammeryk wat normaalweg as Juda bekend staan, gekom het. Hy kom van 'n plekkie, Tekoa, so ongeveer 10 km suid van Betlehem. Die Here het hom na die noordelike tienstammeryk gestuur wat in hierdie tyd van die geskiedenis ook as Israel bekend gestaan het. Hy moes daar teen die noordelike tien stamme gaan profeteer. Hy het ongeveer in die jaar 760 v.C. opgetree. Dit is met ander woorde 'n kort tydjie voor die ballingskap van die noordelike tienstammeryk en uiteraard 'n bietjie langer voor die ballingskap van Juda. Dit was twee verskillende ballingskappe. As hy nou hier in Israel optree, dan is dit enkele dekades voordat hulle in ballingskap weggevoer word. 'n Mens is verbaas as jy Amos begin lees en agterkom dat hy o�nskynlik nie direk teen Israel begin profeteer het nie. Hy het eers teen die omliggende heidenvolkere geprofeteer.

Ons het by die vorige geleentheid na die profesie� teen die heidennasies gekyk. Julle sal onthou dat ek vir julle uitgewys het dat hy hulle op geen stadium aanspreek oor enige sonde teen die Here God nie. Hy vermaan hulle gewoon net oor hulle sonde teen hulle naaste. Hy spreek hierdie ses heidennasies dus aan in terme van God se algemene openbaring. As 'n mens nou die res van die gedeelte lees, dan sien jy dat Amos baie planmatig profeteer. Hy trek as't ware die lus rondom Israel se nek so geleidelik vaster dat hulle dit waarskynlik aanvanklik nie agtergekom het nie.

Dit is interessant dat die eerste drie van hierdie ses heidennasies gewoon net politieke moondhede rondom Israel was. Daar was geen verhouding of verband tussen hulle nie. Die volgende drie heidennasies, sou ons kon s�, was neefs van Israel. Edom, die vierde heidennasie, was van die nageslag van Esau. Esau was weer die broer van een van die stamvaders van Israel. Dis hoekom ek dit maar 'n neef noem. Daar is dus iets van 'n verhouding tussen hulle as hulle hulle geslagte terugvoer na die stamvader Abraham toe. Ammon en Moab is die nageslag gebore uit Lot se twee dogters se sonde met hulle pa. Dus is dit ook soort van familie. Dus, eers profeteer hy teen heidennasies wat eintlik niks met hulle te doen het nie, dan die drie neefs en dan profeteer hy in 2:4-5 teen Juda. Juda is die suidelike twee stamme waarvandaan hy kom. Hy staan nou in die noordelike tienstammeryk en hy profeteer teen Juda. Waarskynlik sou diegene wat hom gehoor het, ges� het: "Amen broer, laat kom nog daarvan." Daar was mos nie 'n watwonderse verhouding tussen Israel en Juda op daardie stadium nie.

Skielik, in 2:6 begin hy teen Israel profeteer en dan is die laksman se lus mooi om hulle nek. Tog, as 'n mens na hierdie gedeelte kyk, sien jy dat dit eintlik as 'n eenheid hanteer behoort te word. In 3:1 vat die Here saam en Hy spreek 'n oordeel uit as gevolg van hulle sonde. Daar staan: "teen al die stamme wat Hy uit Egipte laat trek het". Hierdie verse, 3:1&2 is dus die slotsom en die vonnis wat God teen sowel Israel as Juda uitspreek. Daarom is dit waarskynlik goed om hierdie gedeelte oor Juda en Israel as 'n eenheid te hanteer.

 

VERWERPING VAN GOD SE WET

Ek wil h� ons moet eers net na vers vier, die oordeel teen Juda, kyk. Dit is opvallend dat hy hulle onmiddellik begin bestraf oor hulle sonde teen die Here. Hulle het die wet van God verwerp (vers 4). Hulle het "sy insettinge nie onderhou nie", s� die ou vertaling. Die nuwe vertaling s� hulle het "hulle nie aan sy voorskrifte gehou nie." Dus, die heidennasies is bestraf op grond van hulle oortreding van die algemene openbaring, die algemene openbaring in die natuur en in die mense se gewete. Teenoor hierdie mense egter, die volk van die Here, is dit asof God amper nie eers praat van die algemene openbaring nie. Hy spreek hulle onmiddellik deur die profeet aan oor hulle sonde teen die besondere openbaring. 'n Mens kry dit nie een keer by die heidene nie.

Dit is natuurlik presies Paulus se argument in Romeine 1&2 en die eerste gedeelte van hoofstuk 3 as hy aantoon dat alle mense voor God skuldig is. Julle sal onthou dat hy in Rom. 1:18 s�: "God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense". Dan gaan hy verder, van vers 19 af, om aan te toon dat daar nie 'n enkele mens op aarde leef wat nie skuldig is voor God nie. Hy begin deur te s� dat diegene wat nooit 'n profeet gehoor het nie, nooit 'n Skrifgedeelte gelees het nie (vandag sou ons s� wat nooit die evangelie gehoor het nie) ook skuldig is. Hulle is skuldig daaraan dat hulle die oorweldigende getuienis in die skepping om hulle ignoreer, die getuienis dat daar 'n God is, dat Hy ontsagwekkend groot is in sy heerlikheid, dat Hy geniaal is b� wat ons kan bedink of kan uitspreek en dat Hy 'n God van orde en van heiligheid is. Hulle ignoreer dit eenvoudig en gaan rustig aan. Hulle dien Hom nie, hulle aanbid Hom nie, hulle dien hulleself. Wat meer is, s� Hy dan in die volgende hoofstuk, hulle oortree teen hulle innerlike gewete. Hy s� hulle w��t dat die dinge wat hullle doen sondig is. Die Here God het selfs voor die sondeval sy wet op die mens se hart ingegraveer. As gevolg van die sondeval het die mens natuurlik sy oorspronklike geregtigheid verloor. Die Nuwe Testament s� hy het sy heiligheid, geregtigheid en kennis verloor. Maar Paulus s� daar is nog genoeg oor. Hy motiveer en verduidelik dat daar iets van hierdie algemene openbaring ook in die mens se hart oor is. Hy't nog genoeg gewete om voor God skuldig te wees. Hy oortree teen sy eie gewete, hy w��t dat die dinge wat hy doen strafwaardig is voor die Here. Rom. 12:2 s� dat almal wat sonder die wet (die morele wet van God) sondig, sonder die wet verlore sal gaan. Die wat sonder die wet was, sal sonder die wet verlore gaan. Almal daarenteen wat �nder die wet sondig, sal d��r die wet verlore gaan. Dis asof hy dus s�, die heidene moes van beter geweet het en die Jode h�t van beter geweet.

Dit is uiteraard ook op ons van toepassing. Ons kan nie net s� ons weet nie. Van uit die algemene openbaring weet ons reeds, maar ons weet veral ook vanuit die besondere openbaring. Die hele argument van die Bybel is, omdat diegene wat God se besondere openbaring ontvang het (m.a.w. sy verbondsvolk) deur Sy Gees verlig is en die Woord geken het (die Woord van die profete in die Ou Testament ens.) daarom sal hulle oordeel des te swaarder wees. Mens kry hierdie beginsel baie duidelik in Lukas 12:47. Jesus het 'n gelykenis vertel en dan staan daar: "Die slaaf wat geweet het wat sy eienaar wil h� maar wat nie gereed gemaak of volgens die wil van sy eienaar gehandel het nie, sal 'n swaar straf kry. Maar hy wat nie geweet het nie en dinge gedoen het wat straf verdien, sal 'n ligte straf kry. Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie ge�is word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word." Dis die hele beginsel wat keer op keer beklemtoon word. Kyk bv. maar na die gelykenis van die talente. Diegene wat vyf talente gekry het, moet net eenvoudig meer in die diens van die Here lewer om dieselfde loon te kry as die een wat twee talente gekry het. Dit is dus 'n baie sterk Bybelse beginsel waarmee ons rekening moet hou.

Dit is so, en dit is reg so, dat ons as gemeente die Here baie dikwels vir sy besondere genade in ons lewens dank, ook in terme van sy waarheid wat Hy vir ons oopbreek, die insig, begrip, onderskeidingsvermo� en wysheid wat Hy gee. Ons moet egter altyd onthou dat, tot die mate wat die Here God meer insig gee, tot daardie mate sal Hy vorder, tot daardie mate sal die oordeel strenger wees. Dis gewoon so dat daar gelowiges elders in die w�reld is wat miskien net nie so begenadig is soos ons nie, in terme van al die boeke, bande en Bybels wat ons het. Elkeen van ons het vragte Bybels in ons huise. Ons kan elke Sondag na prediking luister terwyl daar ander in die w�reld is wat net nie hierdie voorregte het nie. Hulle het miskien by een, twee of drie geleenthede die evangelie gehoor. Miskien het hulle twee of drie bladsye van die Nuwe Testament en met daardie lig wat hulle het dien hulle die Here. Die Here s�, as hulle getrou is aan die lig wat hulle kry, hulle vertroue in Christus stel, min verstaan, sal hulle met dieselfde loon beloon word as diegene wat baie inligting het en baie kennis het en dan ook natuurlik getrou daarvolgens lewe. Andersom gestel, diegene wat baie lig het, sal strenger geoordeel word.

Ek glo dat baie mense, as hulle weggewys word voor die regterstoel van die Here God, die dag sal vervloek toe hulle 'n Bybel in hulle hande gekry het. Baie mense sal die dag verwyt dat hulle die evangelie gehoor het. Baie kinders sal, as hulle groot is s�, as ek maar net nooit, nooit, nooit kerk toe gegaan het nie. As ek maar net nooit in 'n huis grootgeword het waar die evangelie verkondig is nie! Daar is net een dag wat meer vervloek sal word as daardie dag en dis die dag van hulle geboorte. Ons moet dus begryp, broers en susters, dit is 'n geweldige verantwoordelikheid wat op ons rus, nie net om ons te verlustig in die Woord van die Here nie, maar ook om dit uit te leef en erns daarmee te maak. Ek dink ook bv. aan Jak. 3:1 wat s� dat die leraars met 'n strenger oordeel geoordeel sal word, want hulle is begenadig met insig in die Woord. Hulle is afgesonder om hulle daarmee besig te hou en hulle sal selfs met 'n strenger oordeel as die res van die kudde geoordeel word. Dis geen ligtelike saak hierdie nie.

Kom ons gaan nou terug na Juda toe. Amos s� hulle oortreding is dat hulle die wet van die Here verwerp het. Die woord wat in die Hebreeus gebruik word vir "wet", dui eintlik op persoonlike onderwysing, m.a.w. die Here het hulle in sy persoonlike hoedanigheid en sy liefde geleer. Die woord wat gebruik word vir "insetting" in die ou vertaling of "voorskrif" in die nuwe vertaling, kom van die Hebreeuse stam wat op "kerf" of "graveer" dui. Dit laat mens natuurlik onmiddellik dink aan die Here God wat die Tien Gebooie met sy eie vinger op die tafels van klip gegraveer het. Is dit nie baie insiggewend dat die Here God, van al die wette waarvan 'n mens lees wat by Sina� gegee is, net die Tien Gebooie met sy vinger op die tafels van klip ingegraveer het? Die ander gebooie nl. die seremoni�le en die burgerlike wette, het Hy vir Moses gegee. Moses het dit waarskynlik op perkament neergeskryf, maar die Tien Gebooie het God self geskryf, en daarmee wou Hy vir die mense s� dat hierdie insettinge, hierdie verordeninge van hom ten eerste permanent is. Dit sal nooit verander nie. Dis waarop die Here Jesus in Matteus 5 sinspeel as Hy s� dat daar tot in ewigheid nie 'n jota of tittel van die wet verby sal gaan nie. Hy praat daar spesifiek van die Tien Gebooie. Daarmee s� die Here God ten tweede: "Ek gee dit s�lf." Daarmee wil Hy die gesag en die gewig van die Tien Gebooie vir ons onderstreep. Die ander dinge wat mettertyd sou verval soos wat die openbaringsgeskiedenis gevorder het, di� is net op perkament geskryf. Hier s� die Here God dus, julle het my persoonlike onderwysing verwerp, julle het eenvoudig julle rug op my insettinge wat Ek op die tafels van klip ingegraveer het, gedraai. Dit wat onveranderlik en absoluut betroubaar is, daaraan het julle julle nie gesteur nie. Wat Amos dus hier vir Juda wil s�, is dit: Julle moet verstaan dat julle sonde des te meer vererger word deur die feit dat die Here God dit in sy verbondsliefde vir julle geleer het. Kyk na die Here God se hartsgesindheid toe Hy dit vir julle gegee het, Hy't julle dit persoonlik geleer. Verstaan wat Hy vir julle gegee het en waarop julle julle rug draai. Hy't vir julle vaste instellinge gegee, ewige norme, absoluut betroubare riglyne om te lewe en uitnemend hier op aarde te lewe, en julle draai julle rug daarop. Kan julle dus sien, dit vereger hulle sonde? Dit maak hulle sonde baie erger as die van die heidene om hulle wat gewoon maar na die son en die maan moes kyk en daaruit moes weet dat daar 'n God is en dat hulle Hom moet aanbid. Dit maak hulle sonde baie erger, want hulle het God se persoonlike aandag geniet.

Ons sien hier natuurlik ook iets anders. Dit is soos die Here maar deur die eeue met sy verbondsvolk werk. Hy gee vir hulle sy objektiewe norme, sy vasstaande norme. In ons geval sou ons kon s� Hy gee vir ons die Woord. Dis op skrif, ons het dit van A tot Z, van Genesis tot Openbaring. Ons het dit uit sy hand gekry. Dis objektief. Ons kan s� hierdie Bybel is die Woord van God, maar dan kom die Here nog deur sy Gees en Hy leer ons persoonlik. Dis soos ons dit beleef, is dit nie? Die Gees van God verlig ons en dit maak nie saak of ons al vir veertig, vyftig jaar Christene is nie, Hy bly ons leer. Hy maak vir ons nuwe perspektiewe oop. Daar is dus 'n persoonlike element hieraan verbonde wat ons moet verstaan en dit is oneindig kosbaar, beide hierdie dinge. Is dit nie oneindig kosbaar dat ons in hierdie w�reld waarin ons leef, 'n vasstaande, betroubare norm het nie? Maar is dit nie net so kosbaar dat Hy elkeen van ons persoonlik leer nie? So ken ons dit. As ons gaan sit en met mekaar deel en soos wat ons saam lewe en mekaar ken, kan ons duidelik sien dat die Here op hierdie stadium met party van ons in een saak besig is en met ander in 'n ander saak. So leer Hy ons, so lei Hy ons stukkie vir stukkie. Hy lei ons gemeente, persoonlik, stukkie vir stukkie en die volgende gemeente lei Hy so stukkie vir stukkie met sy persoonlike aandag wat Hy gee soos ons met Hom wandel. Dis die geheim van 'n Godgerigte lewe: dat ons die aksent sal laat val op beide. Die Here het sy objektiewe norme in sy Woord, die kanon, gegee, maar Hy lei ons self daarin. "Kanon" beteken gewoon sy standaard, sy riglyn of maatstaf wat Hy vir ons daargestel het. Ons lewe vanuit die Woord, maar kan as't ware aan die hand van die Here deur sy Gees met hierdie Woord omgaan. Jy sien, dis 'n lewe van gemeenskap met God, gebaseer op die Rots van sy openbaring. En dis die geheim van godsvrug.

Ons is egter geneig om soms na die een kant toe, soms na die ander kant toe af te wyk. Soms maak ons van die Bybel 'n objektiewe, intelektuele voorwerp van studie sonder die gepaardgaande persoonlike wandel met die Here. Ander kere verwaarloos ons weer die Bybel en al wat ons doen, is om persoonlik met die Here besig te wees. Ons maak nie 'n behoorlike studie van die Woord nie. Ja, ons sal die Bybel oopslaan, ons sal besig wees met ons dagstukkkies, maar na 20 jaar het ons nog steeds geen begrip van wat die Here God in sy Woord as geheel openbaar nie. Ons het geen begrip van die samehang, die ge�ntegreerdheid daarvan en die ontwikkeling van sy openbaringsgeskiedenis en van sy groot plan nie. Dit bly maar net hierdie ek-en-die-Here-in-my-hoekie tipe ding. Beide hierdie dwalings, beide hierdie afwykings sien ons in ons dag en loop ons ook gevaar om in te trap.

As ons nou verder gaan kyk, dan sien ons dat hulle gedrag ten opsigte van die wet en die voorskrifte op twee maniere beskryf word. Positief word daar ges� hulle het die wet verwerp. Dis die woord wat daar gebruik word. Die Hebreeuse woord "verwerp" dui op 'n innerlike hartsgesteldheid van veragting wat in verwerping oorgaan. Daar is dus ook 'n sterk aksent op die innerlike hartsgesteldheid wat deel van hierdie verwerping is. Dis met ander woorde iets van 'n veragting. Dis nie 'n onnadenkende verwerping nie. Dis iets wat uit jou hart uit kom. Dis weersin wat in jou hart gegroei het. Jy't net nie meer lus daarvoor nie. Jy stel nie meer belang daarin nie en uiteindelik dan draai jy jou rug daarop en jy gooi dit weg. Negatief het hulle sy voorskrifte dus nie gehou nie. Die Hebreeus dui op 'n tipe lewe wat vanuit 'n voorafgaande besluit volg. Hier is dus weereens mense wat in hulle harte besluit het: ek is klaar hiermee, ek stel nie te veel belang hierin nie. Dit wil dus hier vir ons beklemtoon hoe belangrik 'n mens se hartsingesteldheid teenoor die Woord van God is, in besonder dan teenoor sy wet en voorskrifte. Ons moet dus voortdurend ons innerlike hartsgesteldheid ondersoek. Ons moet onsself afvra: hoe gaan ek met die Woord om, wat is my gesindheid teenoor die Woord, het ek die Woord lief? Ek moet myself afvra: ken ek dit wat in Ps. 119 beskryf word - die Psalmdigter se liefde vir die Woord - in my eie lewe? Daarom is dit 'n baie gevaarlike neiging in 'n mens se lewe as jy begin afkoel in jou belangstelling in die Woord, as jy begin koud en apaties en verveeld raak. En het julle al gesien, daar is 'n onlosmaaklike verband tussen 'n gesonde gebedslewe en 'n lewende omgang met die Woord van die Here. Hoe meer jy die Woord lees en bestudeer, hoe meer werk dit gebed in jou lewe in die hand en hoe meer jy bid, hoe meer spreek die Woord tot jou. Daar is hierdie verband. Hierdie mense van Juda het egter geleidelik weggedryf van die Woord van God en van sy wet af. Uiteindelik het hulle op 'n punt gekom waar hulle net nie meer belanggestel het nie. Hulle het net besluit, ons sal dit verwerp, ons gaan dit nie verder onderhou nie. Die probleem het in hulle harte begin - en die lewe van godsvrug begin altyd in mense se harte. Dit is dus die eerste sonde.

 

SOOS VOORGESLAGTE DEUR LEUENS VERLEI

Kyk 'n mens nou na hierdie beoordeling van Juda en Israel, dan is daar eintlik drie groot kategorie� van sondes. Die eerste kategorie is dat hulle die wet verwerp het, hulle het nie die insettinge onderhou nie. Die tweede saak is dat hulle (soos hulle voorgeslagte) deur leuens verlei is. Miskien moet ek net dadelik s� dat daar in die ou vertaling in vers 4 staan: "en hulle leuengode het hulle verlei, waar hulle vaders agter aan geloop het." Die nuwe vertaling s�: "hulle het nie aan sy voorskrifte gehou nie, en toe het die vals gode hulle verlei, die afgode agter wie hulle voorvaders aangeloop het." En die NIV s�: "the false gods, the gods the ancestors followed." Maar die van julle wat die NIV het, sal sien daar staan in 'n voetnota dat ons die "valse gode" of die woord "god" of "gode" ook met "leuens" kan vertaal. Ek het gekontroleer, die Hebreeuse woord daar beteken eintlik " 'n leuen, dit wat nie waar is nie". Dis hoekom ek s� hulle is deur leuens verlei. Dit is die tweede groot area van sonde. Hulle het nie net die wet van die Here verwerp nie, maar hulle is agter leuens aan. Hulle dien en aanbid leuens, soos hulle vaders of voorgeslagte gedoen het. Dit is gewoon so dat wie God se besondere openbaring verwerp en nie meer ag nie, gedoem is tot leuens. Miskien moet ons dit s� verstaan. Ek het vroe�r daarna verwys dat die mens oospronklike geregtigheid gehad het. Hierdie oorspronklike geregtigheid is deels verlore toe hy gesondig het. Wat het hy verloor? Die Nuwe Testament s� vir ons in Ef. 4:24 en Kol. 3:10 hy het heiligheid, geregtigheid en waarheid verloor. Na die sondeval is hierdie geregtigheid, heiligheid en waarheid net weg uit sy lewe uit. Maar die mens bly 'n soeker, hy soek na sin in sy lewe en hy is ongeneeslik godsdienstig. Dit was so deur al die eeue heen en hy sal dit bly soek. As daar nie meer waarheid in hom oor is nie, waar gaan hy in sy soeke uitkom? Hy gaan by die leuen uitkom, want die vader van die leuen is aktief in hierdie w�reld, hy heers in hierdie w�reld. Trouens, hy word die god van hierdie w�reld genoem. Die hele w�reld l� in die mag van die Bose. Dis hoekom ek s� dat iemand wat die besondere openbaring van God verwerp, gedoem is tot die leuen. Hy gaan eenvoudig daarby uitkom, want die waarheid is weg uit hom uit. Hy bly soek en die vader van die leuen gaan hom eenvoudig op sy paaie lei. Daar's natuurlik 'n duisend leuens waarby hy kan uitkom.

Voordat ek daarby kom, laat ek net eers s� dat ons in die Nuwe Testament (besonderlik in die pastorale briewe) lees dat die kerk die bewaarder van die evangelie is. Dis ons taak, ons is rentmeesters van die evangelie en daarom moet ons geslag na geslag hierdie heilige Evangelie verkondig, maar ook bewaar. Daarom moet ons ons verkondiging voortdurend suiwer. Ons moet die evangelie bestudeer, ons moet daaroor skryf. Ons moet fondamente l� in die volgende geslagte se lewens. Julle sal onthou wat Paulus vir Timoteus s� in 2 Tim. 2. Hy s� daar in vers 2 dat Timoteus betroubare manne moet kry. Dan moet hy vir hulle die dinge leer wat hy by Paulus gehoor het sodat hulle weer in staat sal wees om ander te leer. Die kerk is dus deur die eeue 'n bewaarder van die Woord en dit is een van sy belangrikste take. Maar ons moet ook verstaan, en dis net so belangrik, dat die Woord die bewaarder van die kerk is. As ons die Woord los, gaan ons noodwendig by die leuen eindig. So bewaar die Woord ons ook. Daarom sit daar ook vir ons as gemeente, broers en susters, ontsaglike sekuriteit in die Woord. Elke keer moet ons terug na die Woord - terug na die Woord toe.

Dit is so dat die leuen noodwendig tot valse gode lei. Omdat die mens 'n soeker is en omdat hy ongeneeslik godsdienstig is, aanbid hy naderhand wat hy glo. As jy die leuen glo, gaan jy die leuen aanbid. Jy gaan afgode aanbid, jy gaan allerlei goed aanbid - alles behalwe die lewende God. Dit word dan inderdaad soos die ou vertaling s�, leuengode. Jy sien, as jy die Woord van God verwerp, verwerp jy meteen ook die God van die Woord, en dan's jy uitgelewer. Daar's 'n vakuum en dis 'n natuurwet dat die natuur daarbuite 'n vakuum haat. Waar 'n vakuum is, wil hy hom uitwis, is die nie so nie? Skep 'n vakuum en lug of water of wat ookal sal instroom. En so is dit ook geestelik by die mens. As daar 'n vakuum is, stroom daar iets in.

In 'n vorige preek het ek verwys na die keer toe ek in Europa was, toe ons gesien het hoe honger die mense uit Albani� vir die Woord was. Dit was nadat hulle 'n geslag of twee glad nie die Woord gekry het nie. Hulle kon nie genoeg kry nie. Hulle het nie verder as vyf tre� gestap nie, dan gaan sit hulle daar in die voortjie en lees die Bybel en dan sit hulle hom 'n uur of twee later nog daar en lees. Daar was 'n vakuum en die oomblik toe daar i�ts is om in te stroom, toe str��m dit in! Mense wat ek ken, jong mense in hulle twintigs het in Albani� ingegaan. Ons was betrokke by hulle opleiding in Wellington in 1991. Hulle het in 1992 ingegaan en hulle het gemeentes gestig en binne maande gemeentes van 300 of 400 mense gehad. Daar het nie 'n week verbygegaan wat hulle nie nuwe bekeerlinge gedoop het nie. Dis amper asof 'n mens jaloers was. Jy sien, daar was 'n vakuum wat net gewag het om gevul te word. Toe die evangelie kom, toe omhels die mense dit.

Wat gebeur in die Westerse w�reld waar hierdie vakuum is? Hulle soek orals! Dis hoekom daar in ons dag 'n nuwe beheptheid is met Oosterse mistisisme en die New Age. Of hulle aanbid gewoon geld of mag, hulle aanbid sterre, sporthelde, Hollywood se sterre wie se lewens totaal bankrot is. Mense aanbid hulle omtrent. Elvis se dood word vandag nog deur honderde mense gedenk. Sy huis is 'n museum. Vandag nog is hy iets van 'n afgod. Dit dui op die verskriklike armoede van die Westerse mens wat die wet van God verwerp het en sy insettinge nie meer ag nie. Dit gebeur net so, en ons sal dit toenemend in Suid Afrika sien, tensy die Here ingryp en hierdie huidige tendens omkeer. Soos ons al hoe meer ons rug op die openbaring van God, op Sy Woord draai, sal ons sien dat mense ander dinge aangryp. Dit is net so. Dis hoekom die w�reld ook, soos Johannes vir ons in sy eerste brief skryf, agter drie dinge aan storm. Die tipiese w�reldling lewe vir plesier, of hy lewe vir mag, of hy lewe vir die sg. ho�r dinge, die akademie of die kunste. Ons sien dit in ons samelewing, want die mens moet vir iets lewe. Iets moet sin bring in sy lewe, hy kan net nie aanvaar dat hy vir niks lewe nie. Dit is wat hier ook gebeur het en so word hierdie leuens dan ook leuengode.

 

L� DIE ANTWOORD IN TRADISIE?

Juda se probleem was dat hulle gewoon maar net aanhou lewe het soos hulle voorvaders. Hulle het net aangehou om te lewe volgens hulle oorge�rfde tradisies. Hulle het nie hulle opvoeding getoets nie en dit was hulle ondergang gewees. Hulle het maar so grootgeword. Nou sou mens verwag dat die Here sal s�, wel, Ek besef julle het so grootgeword. Ek sal dit darem definitief as 'n versagtende faktor beskou, maar Hy beskou dit hoegenaamd nie as versagtende omstandighede nie, inteendeel. Al het hulle so grootgeword, al het hulle aan moedersknie geleer om die leuengode te dien, s� die Here vir hulle net soveel soos vir hulle voorgeslagte: julle het die wet en insettinge, die Woord van God geminag. Dit gaan hier oor tradisies wat hulle slaafs nagevolg het.

Tradisie word in die Bybel soms positief en soms negatief beoordeel. Die positiewe daarvan is definitief ver in die minderheid. Veral die apostel Paulus praat wel van die oorgelewerde waarheid waarvan ons as kerk 'n rentmeester is. Hy verwys soms daarna as die geordende waarheid, die suiwer leer en die tradisie van die apostels. Dit moet ons bewaar en daaraan moet ons vashou, dis iets positiefs. Die woord "tradisie" beteken om van geslag tot geslag oor te dra. Meestal dui die begrip tradisie in die Bybel op iets baie negatief. Julle sal onthou dat die Here Jesus veral met die Farise�rs gedurig in konflik was oor die oorleweringe van die ou mense. Onthou julle dit, die oorleweringe van die ou mense wat niks anders was as tradisie nie. Waarna het Hy verwys? Die Jode van Jesus se tyd het twee bronne as norm vir hulle godsdiens gebruik. Nommer een was die sg. Torah. Die Torah was die Aramese woord vir al die boeke van Moses, maar dan ook die res van wat ons vandag die Ou Testament noem. Benewens die Torah het hulle ook die Talmud gehad. Wat was die Talmud gewees? Die Talmud was geskrewe kommentaar op die Torah. Veral die Farise�rs het ges� dat Moses al die Talmud ontvang het. Dit is van geslag tot geslag mondelings oorgedra en dit het natuurlik mettertyd al meer gegroei. Dit het veral in die intertestament�re tydperk gegroei en teen die tyd wat Jesus hier op aarde was, was die Talmud 'n geweldige ding. Ek gaan julle nou nie daarmee vermoei nie, maar daar was duisende re�ls wat ges� het hoe die wet toegepas moet word. Die vraag is bv. gevra of 'n man tot God kan bid as hy bo in 'n boom staan. Hoe sal ons nou die wet in so 'n geval toepas? En dan is die antwoord daarop tot in die fynste detail gegee. Die Talmud was dus vol sulke verspotte re�ls. Die Talmud is mettertyd, omtrent twee honderd jaar voor Christus, neergeskryf. Jesus s� dan vir die Farise�rs dat hulle die oorleweringe van die ou mense, m.a.w. die Talmud, meer aanhang as die Torah. Jesus het nooit aan die Talmud enige gesag gegee nie. Hy't dit nooit gekwoteer nie, in elk geval nie positief of bevestigend nie. As Hy Skrif gekwoteer het, het Hy die Torah, dit wat ons vandag die Ou Testament sal noem, gekwoteer. In die Bybel kry ons dus die begrip "tradisie" hoofsaaklik as 'n negatiewe begrip. Dis 'n baie gevaarlike begrip volgens die Bybel.

Tot vandag toe leef ons in 'n w�reld met 'n duisend stemme wat na ons toe kom en s�, kyk, dis die pad wat jy moet loop, dis die pad van geluk, die pad van betekenis, doen dit of dat, dan sal jy kry wat jy graag wil h�. Ons kan "Die Huisgenoot" oopslaan en daar is antwoorde en daar is rigtingwysers. Maak "Insig" oop en d��r is rigtingwysers. Ons kan "Personality" oopmaak, ons kan televisie kyk, die nuutste skrywers kry, of dit nou hygromans of wat ook al is. Almal van hulle dra 'n boodskap en elkeen van hulle s� vir ons wat ons moet doen. Jy kan in die kroeg gaan sit en daar sal drie ouens wees met baie sterk opinies oor die lewe en wat sin in die lewe bring. Is dit nie so nie? Daar's duisende opinies en dis ons probleem.

Kom ons praat nou maar van ons as Afrikaners, ek dink die meeste van ons is Afrikaners. Baie van ons mense s� vandag ons moet terug na die we� van die voorvaders toe, is dit nie so nie? Ek dink baie van ons verlang daarna. Ek het nou die dag 'n stukkie gelees oor die vyftiger jare toe ek 'n kind was en jy kan nie glo hoe ek toe verlang het nie. Ek het verlang na die Afrikanerkultuur van die vyftigerjare toe daar nog nie sulke goed soos diefwering was nie en toe die kinders in die aand halftien nog in die straat kon balspeel, sonder vrees oral kon rond hardloop, ens. Die we� van die ou mense, dis ons antwoord, s� ons, soos ons groot geword het. Dis natuurlik die neiging van die mens. As jy groot is en as jy oud word, dan verlang jy na die tyd soos dit was toe jy besig was om groot te word. Dis maar altyd so, deur al die geslagte.

Is tradisie dus 'n antwoord vir ons? Is dit die pad wat ons moet loop? Wel, ek dink die Bybel s� vir ons tradisie is geen betroubare wegwyser nie. Nooit ooit opsigself nie. Hoekom nie? Gewoon omdat ons voorgeslagte presies net so verdorwe was soos ons is. Ook hulle was kinders van Adam, ook hulle het nodig gehad om wedergebore te word. Kom ons vra nou die vraag: wat het ek en jy, vandag se Afrikaners, ge�rf vanuit ons tradisie? Wel, daar is sekerlik die positiewe en daar is die negatiewe. Ons sal almal saamstem dat ons baie bevoorreg was om sekere dinge te erf. Ek weet nou nie of die Afrikaners oor twintig jaar gaan skaam wees oor hulle Afrikaners is nie. Maar die feit bly staan, hier sit ons, ons is Afrikaners. Die Afrikaner was vir baie jare die muishond van die w�reld omdat hy die skepper van apartheid was en dis ons erfenis - ons is gemerk. Laat ek maar dadelik s�, die meeste van ons het vir baie jare pro-apartheid gestem. Dit is net so. Daar kuier nou die dag 'n NG-dominee by my, 'n ou omie. Hy s� hy's vandag so dankbaar hy't al in 1986 of was dit '76, opgestaan en ges� hy distansieer hom van apartheid. Vandag is hy baie dankbaar. Ek kon dit nie s� nie. Maar dis nou een van die dinge wat die w�reld in elk geval baie negatief sal beoordeel.

Wat van ons godsdienstigheid, wat van die sakralisme wat ons ge�rf het? Dit is uiteindelik die ondergang vir baie Afrikaners, want hierdie bloot kerk toe gaan, het hulle so ge�soleer van die evangelie, hulle so verhard dat hulle nie meer oop was om die evangelie te hoor nie. Hulle het nie meer gehoor dat hulle sondaars is en dat hulle Christus nodig het nie. As 'n mens uiteindelik deur die hele kwessie van ons tradisie dink, kom jy tot die slotsom, ek dink dis waar, dat dit wat positief in ons Afrikanertradisie is sonder uitsondering dit is wat terug herlei kan word na die Woord van God. Dit wat goed was in Afrikanertradisie het te doen met die feit dat ons voorvaders met die Bybels in die wakiste getrek het. Dat Jan van Riebeeck met die Heildelbergse Kategismus Kaap toe gekom het. Dit wat die Bybel gedeponeer het in die Afrikaner se kultuur en geskiedenis, daarvoor is ons vandag nog dankbaar en sal ons tot in ewigheid dankbaar wees. Die res van die dinge wat nie skriftuurlik is nie, moet ons vir 'n baie groot gedeelte daarvan erken dat dit nie 'n betroubare wegwyser is nie.

Tradisie is ook nie net onbetroubaar nie, dis gevaarlik. Jy sien, tradisie is dikwels die uitdrukking van 'n luiheid om self te dink en eerder die denke van die vaders te aanvaar as die waarheid. Jy gaan maar net gewoon aan soos almal voor jou. Maar die punt is, as jy ophou dink, is jy uitgelewer, uitgelewer vir misleiding - en daar gaan jy! En dis tog interessant dat die foutiewe opinie van een geslag die vaste norm van die volgende geslag word, is dit nie so nie? Dit maak natuurlik dat ons ook baie versigtig moet wees vir wat ons glo en wat ons aan ons kinders oordra. Ons moet ons kultuur en ons waardestelsel gedurig beoordeel, want ons sal miskien, selfs nie eers behoorlik bewustelik nie, skeefloop, maar ons kinders en ons kleinkinders, vir hulle word dit absolute norm, gegiet in beton. Dit is dus die probleem met tradisie. Die groot probleem is, almal doen dit en daarom kan dit mos nie verkeerd wees nie. Ek bedoel �lmal doen dit. As jy soos 'n enkeling in 'n vreemde kultuur leef, dan besef jy skielik jy moet jou eie kultuur beoordeel. Dis hoekom ons dit ook s� beleef as ons oorsee gaan, of vir 'n tyd lank in 'n ander kultuur leef. Het julle al agtergekom, daar kom allerhande nuwe app�lle na jou toe en jy toets jouself. Dis hoekom dit in die tye van apartheid, ek wil nou nie op 'n snaar tokkel nie, maar ek praat van apartheid soos wat hy mettertyd uitgemasel en verword het. Kyk na die studente wat oorsee gaan studeer het vir 'n jaar of twee en Progge was as hulle teruggekom het. Hoekom was dit so? Hulle was alleen in 'n kultuur en skielik is hulle gekonfronteer met sekere dinge. Maar as jy in die massa leef waar almal soos jy dink, dan kom jy dit nie agter nie. Dis ons krisis, jy kom nie op 'n punt waar jy perspektief het nie.

 

TERUG NA DIE WOORD

Wat is dus die antwoord? Kom ons kom tot 'n slotsom. Die reformatore het die antwoord geken en hulle het ges�: Semper reformanda. Semper reformanda beteken voortgaande, voortdurende reformasie. Nou wat is reformasie? Baie mense dink dis om nuwe dinge te ontdek en om nuwe dinge in die kerk in te voer, maar dis nie die antwoord nie. Reformasie is om ou dinge opnuut te ontdek. Maar dis nie ou dinge vanuit die tradisie nie, dis ou dinge vanuit die Woord van God. As ons teruggaan na die Ou Testament toe, sien ons keer op keer hoe hulle teruggegaan het in tye van reformasie en weer die Woord van die Here ontdek en begin uitleef het. Terug na die Woord toe - dis reformasie. Dis die merkteken van die ware kerk deur die eeue, hulle het vasgehou aan die Woord. Dis die uitroep, die wekroep van die reformasie, Sola Scriptura, net die Woord - nie tradisie nie, nie die oorlewering van die ou mense nie. Daarom moet ons ook met meedo�nlose skerpsinnigheid ons Afrikanertradisies beoordeel en s� in watter opsigte dit saam met die Woord stem en in watter opsigte nie.

Ons gemeente is nou nog maar pas aan die gang, in terme van kerkhistoriese skale. Maar ons moet nou reeds gedurig terugkom, terugkom en vra: "Is dit wat die Woord s�?" Dis een van die groot funksies van die Woordverkondiging in 'n gemeente. Terug na die Woord toe, terug na die Woord toe, d�s die norm.

Dis baie interressant dat, tydens die donker eeue, ongeveer 500 n.C. tot 1500 n.C. , 'n duidsend jaar verloop het waarvan ons die indruk het dat die evangelie totaal weggesteek was. Dit was net weg, dit was die donker eeue. Die Rooms Katolieke stelsel, heidens soos dit was, het hoegenaamd nie die evangelie verkondig nie, trouens, hulle het die mense mislei. Maar tog was daar deur al hierdie eeue mense wat die Here in gees en waarheid gedien het. Van die uitstaande voorbeelde daarvan is die Waldensi�rs. Ek kan nie nou die geskiedenis van ou Peter Waldo volledig vertel nie, maar hy't in die noorde van Spanje gebly. Dis 'n fantastiese geskiedenis, sommige van julle sal dit ken. Hy't net gedeeltes van die evangelie gehad wat 'n klomp Roomse monnike sommer so vir hom uit die Grieks in Spaans vertaal het. Hy't hulle 'n lewe gelei totdat hulle dit gedoen het. Hy't hierdie stukkies van die evangelie gehad en dit gaan preek in Spanje en in die suide van Itali�. Die mense het hom begin volg en baie gou is hulle vervolg. Hulle het toe bekend gestaan as die Waldensi�rs. Hulle het vir honderde jare in die klowe en valleie van veral Switserland en die noorde van Itali� gebly soos hulle gevlug het vir vervolging. Dis baie interessant dat hulle vir honderde jare die bewakers was van die evangelie se Nuwe Testamentiese en interessant, Calvinistiese waarhede, Godgesentreerde waarhede. Hulle was dus die bewakers van geloof deur die donker eeue.

Ek wil net iets aanhaal oor die Waldensi�rs. 'n Skrywer s� "in one of their creeds, containing a brief summary of their faith which says they have been taught them from the father to the son for these many hunderds of years and taken out of the Word of GodY." Een van hulle belydeniskrifte begin dus so. Dit praat van die waarhede wat vir baie honderde jare van vader na seun oorgedra is, waarhede, dis belangrik, wat uit die Woord van God geneem is. Hulle was dus bewakers van hierdie waarhede. Ek haal 'n gedeelte van hulle belydeniskrif aan. Die Engelse vertaling lees so: "God saves from corruption and damnation those whom he has chosen from the foundation of the world not from any disposition, faith or holiness that he forsaw in them, but from his mere mercy in Jesus Christ his Son, passing by all the rest, according to the incomprehensible reason of his own free will and justice." Nou goed, wat wil hy hier s�? Dis 'n artikel oor die uitverkiesing, soewereine uitverkiesing voor die grondlegging van die aarde. Weet julle wanneer dit geskryf is? In die jaar 1120. Dit kom uit 'n Waldensiese belydeniskrif uit. Die Here h�t dus altyd sy ware kerk.

Wat kenmerk die ware kerk, die kerk wat behoue bly? Hy gaan terug na die Woord toe, die Woord as die enigste norm, Sola Scriptura. As ons dus van tradisie praat, gooi ons alles weg, as normatief, wat nie vanuit die Woord gesubstansieer kan word nie, wat nie vanuit die Woord gedra word nie. Dit beteken nie dat dit noodwendig sondig is nie, maar dis nie normatief nie.

Dit was die fatale fout van die charismatiese beweging in Suid Afrika. Die charismatiese beweging het twintig jaar terug ges�, ons kan nie meer die dooie ortodoksie in die kerk verduur nie. Ons kan nie meer nie, ons gaan n��t begin, ons gaan v��r begin. Baie van ons het ges�: "Ja goed, ek is in." Ek was self in gewees. Hulle wou reformeer en dit was reg, maar helaas, hierdie saak dat hulle terug moes gaan na die Woord toe, het negentig persent van hulle nooit raakgesien nie. Dit het oor nuwe dinge gegaan, dit het nie oor ou dinge opnuut gegaan nie. Dis die ongelooflike tragedie. Vandag het die charismatiese beweging in vele opsigte 'n slegter invloed in ons land en in die kerk as selfs die dooie ortodoksie. Dis 'n tragiese invloed en as die Here self nie ingryp nie, gaan die kerk in SA nooit weer van hierdie gewaande reformasie herstel nie. Waarom? Omdat hulle nie terug gegaan het na die Woord toe nie. Deur die genade van die Here het ons dit besef, vertrou ek.

 

AFSLUITING

Ek wil by wyse van afsluiting net d�t s�. Ons as ouers moet ons kinders leer. Ons moet egter seker maak dat wat ons hulle leer die waarheid is. Dit moet daardie universele waarheid wees wat, as daar nog 'n duisend jaar verloop voordat Jesus kom, nog steeds die waarheid sal wees. Dit moet ons vir hulle leer. Anders gaan ons verantwoordelik wees vir die ondergang van ons kinders. Die kleinste kindertjies, as ons vir hulle nie die ware waarheid leer nie, Godgesentreerde, Bybelgefundeerde waarheid, gaan ons voor God moet staan as die verantwoordelikes vir hulle ondergang. Dit is so. Maar terwyl dit so is dat ons hulle moet leer en reg moet leer, is daar ook 'n ander kant. Nou wil ek h� die kinders moet luister. Hulle moet dit wat ons vir hulle leer toets, ons wil h� hulle moet dit toets. Hoekom? Die Woord van God dring daarop aan dat hulle dit toets. Die groter kinders sal nou verstaan wat ek s�. Julle kan wat ons julle leer nie toets as julle nie 'n maatstaf het nie. Jy moet 'n standaard h�. Jy kan tog nie 'n vraestel nasien as jy nie 'n memorandum het nie. Jy moet 'n standaard h� en daarom moet die kinders en die jongmense hierdie saak uitmaak. Wat gaan jou standaard wees? Wat beskou jy as vas? Sorteer d�t uit. Ons s� vir julle dis die Woord van God. Gaan lees die geskiedenis, kinders. Die Woord van God het nog nooit enige geslag, deur al die eeue wat mense op hierdie aarde bestaan, in die steek gelaat nie. As Juda gehou het by die wet en die insettinge van God, sou hulle nie in ballingskap gegaan het nie. So is dit ook in die 21ste eeu. Diegene wat by God se wet en instellinge hou, sal nie ten gronde gaan nie. Hulle het in die Here God se Woord 'n onfeilbare riglyn en Hyself sal hulle leer. Dit is waar van ons kinders soos hulle hier is en van baie ander. Daarom, broers en susters, die gesag van die Woord is waar die duiwel die kerk vandag aanval. Daarom is ons so gekweld oor van die teologiese fakulteite in ons land wat so onderworpe is aan Woordondermynende lering. Hulle versprei dit via honderde studente. Hulle kry dit in deur hulle opleiding. Van die eerste dag af word die Woord van God onder verdenking geplaas. Dis die aanslag!

Terug