Die Boodskap van Amos
Deel Een
Amos 1:1-2
Dekor en Oorsig
Nico van der Walt
Amos is een van die sogenaamde klein profete. Hy was heel waarskynlik die eerste profeet in Ou Testamentiese Israel van wie die profesie� opgeteken is. Ek hoop dat julle in die reeks preke sal agterkom watter wonderlike rykdomme en se�n in hierdie boek voorkom � veral as mens in ag neem dat Amos na alle waarskynlikheid heeltemal 'n ongeleerde man was. Ek sal poog om vir julle hier en daar 'n bietjie van die struktuur uit te wys. 'n Mens kan nie gl� dat 'n ongeleerde man so-iets geskryf het nie. Die slotsom is in elk geval elke keer dat die Heilige Gees hom moes ge�nspireer het.
Kom ons lees net die eerste twee verse van die boek Amos: "Die woorde van Amos, 'n skaapboer uit Tekoa. Hy het oor Israel 'n gesig gesien tydens die regering van koning Ussia van Juda en koning Jerobeam van Israel, seun van Joas. Dit het twee jaar voor die aardbewing gebeur. Amos het ges�: 'Wanneer die Here uit Sion brul, wanneer Hy sy stem uit Jerusalem laat hoor, verdor die weivelde van die herders en verdroog die top van Karmelberg'." Die ou vertaling s�: "Die Here brul uit Sion en verhef sy stem uit Jerusalem sodat die weivelde van die herders treur en die top van Karmel verdor."
DIE PROFEET
Ek wil net by wyse van inleiding aan hierdie twee verse aandag gee, sodat ons vorentoe weet waar ons is. Hier kry ons so 'n bietjie biografiese inligting oor Amos. Ek mag net noem dat sy naam uniek is in die Bybel � dis die enigste karakter in die Bybel wat hierdie naam gedra het. Die naam beteken in Hebreeus "om 'n las te dra", dit dui dus op iemand op wie 'n las neergesit is. As 'n mens na hierdie profesie kyk, sal jy sien hoe hierdie naam by hom pas. Hy moes gewis 'n man gewees het wat 'n las gedra het � 'n las, 'n boodskap wat hy moes uitdra. Hy was 'n skaapboer en, lees ons in hoofstuk 7, 'n kweker van wildevye. Wildevye was destyds die kos van die armes. Dus, na alle waarskynlikheid was hy nie 'n ryk man nie. As hier staan "skaapboer", dan wil hy eintlik s� 'n herder van skape, 'n oppasser van skape. Ons het dus nie die indruk dat hy 'n ryk man was nie. Die feit dat hy wildevye verkoop het, dui daarop dat hy dit aan die armes verkoop het en waarskynlik maar 'n gewone van dag tot dag bestaan gevoer het.
Dit s� in elk geval vir ons dat hy nie 'n opgeleide profeet was nie. Destyds, in Ou Testamentiese Israel, sal julle onthou, was daar profete-skole. Ons lees daarvan in die tyd van Elia en Elisa. Die dag toe Elia opgeneem is in die hemel het Elisa mos soveel moeite gehad met die klomp profete-seuns. Hulle het gedurig vir hom ges�: "Los hom nou, hy wil gaan", ens. Daar was dus opgeleide profete. Dis nogal baie interessant en ek kom nou daarna terug. Veral in die noordelike tienstammeryk, Israel, waar Amos geprofeteer het, was daar 'n taamlike ophef gemaak van hierdie, noem dit maar professionele profete. Dis jong manne wat opgelei is as profete en dan naas die priesters gewerk het.
Amos was nie 'n professionele of opgeleide profeet nie, hy was 'n man met 'n las, hy was 'n man met 'n boodskap. Hy's van God gestuur en ons sal dit duidelik vorentoe sien. Daarmee wil ek nou nie per implikasie iets teen opleiding s� nie, maar ek wil wel iets s� teen professionaliteit in die bediening. D�t kan 'n gevaarlike ding wees.
Amos het van Tekoa gekom. Tekoa was 'n klein dorpie, mens wil amper s� 'n gehuggie, wat bo-op 'n bult gesit het, so 10 km suid van Betlehem. Hy was nogal baie hoog, waarskynlik oor 'n duisend meter bokant die vlak van die Dooie See. Maar wat ons moet verstaan, is dat Betlehem natuurlik saam met Jerusalem deel van Juda was. Julle sal onthou dat, na die dood van Salomo, die twaalf stamme geskeur het en die noordelike tien stamme polities afsonderlik begin beweeg het, met hulle eie konings. Hulle het hulle effektief losgeskeur van die verbondslyn, van God se genade. Hulle het hulle eie godsdiens daargestel en nie meer Jerusalem toe gegaan nie. Die tien stamme het eintlik as 'n afsonderlike nasie begin funksioneer. Hulle het hulle eie aanbiddingsplekke gehad wat hulle konings daargestel het sodat die mense nie sou afgaan Jerusalem toe nie. Die konings wou die mense isoleer van die invloed van Juda. Hierdie noordelike tienstammeryk het daarna as Israel bekend gestaan. Daarom, as mens kronologies n� hierdie skeuring in die Ou Testament van Israel lees, dan moet mens weet dis die noordelike tienstammeryk. Hulle het feitlik nooit 'n godvrugtige koning gehad nie. Dit was 'n onheilige aff�re, van die skeuring af tot hulle ballingskap. Daarenteen was daar in die suide die twee stamme, Juda en Benjamin. Hulle was rondom Jerusalem, Betlehem en di� gedeeltes. Die Here se se�n het steeds op hulle gerus. Hulle het wel baie goddelose konings gehad, maar dit was basies die stam of die bloedlyn van Dawid en van Salomo wat daar deurgeloop het. Daar was dikwels ook godvrugtige konings. Nou word Amos uit Juda uit noordwaarts gestuur om in Israel te gaan profeteer. Hy profeteer wel teen die heidene, soos ons sal sien, en ook teen Juda, maar veral teen Israel.
TYD
Kom ons kyk nou na die tyd waarin hy opgetree het. Julle sal sien dat hy in die dae van Ussia, die koning van Juda en Jerobeam, seun van Joas, die koning van Israel, opgetree het. Dus, Ussia was in die suide die koning, en Jerobeam in die noordelike tienstammeryk. Dit was twee jaar voor die aardbewing. Ons het ongelukkig geen aanduiding presies wanneer die aardbewing was nie. Sy lesers in die jare daarna het uiteraard presies geweet. Vandag sou ons kon s�, twee jaar na die Boland se aardbewing, dan weet ons presies wanneer dit was. Ons wat in die twintigste eeu leef, weet nou egter nie meer presies wanneer die aardbewing was waarna Amos verwys nie. Ons weet egter wel wanneer Jerobeam en Ussia geregeer het. Hierdie twee konings se regeringstyd het feitlik parallel geloop. Hulle het feitlik gelyktydig begin regeer en feitlik gelyktydig opgehou. Ussia het begin in 783 v.C. en Jerobeam in 786 v.C. Hulle het altwee net so oor die 40 jaar geregeer, tot so 742 v.C. en 746 v.C. onderskeidelik. Hulle was altwee baie suksesvolle konings, polities gesproke. Die skeuring in Israel was min of meer in die jaar 930 v.C. Ons lees dus hier van die profeet Amos wat ongeveer 170 jaar na die skeuring opgetree het. Dis lang tye wat verloop het, maar dit plaas hom in sy historiese konteks.
Op hierdie stadium was daar relatiewe vrede tussen Juda en Israel, elkeen was welvarend en tevrede. Hulle het mekaar nie gepla nie en dit het goed gegaan in beide hierdie koninkryke. Amos was een van die vier profete wat bekend staan as die agste eeuse profete. Hulle het in die agste eeu voor Christus opgetree. Die ander drie was natuurlik Hosea en Jesaja en Miga. Van hierdie vier was Jesaja onteenseglik die grootste profeet. Amos, sal julle sien, was 'n man wat 'n ding by die naam genoem het, hy het nie draaie geloop nie. Hy was geweldig reguit in sy aanspreek van die volk en van hulle sondes. Hosea, natuurlik, was die profeet wat diep bewus was van God se liefde. Julle onthou mos Hosea � dis die man wat met die prostituut moes gaan trou. Lees mens Hosea, dan sien jy dat hy gedryf is deur sy empatie, sy meegevoel, sy hartstog oor die Here God, die Verbondsgod, wat s�veel liefde het vir die volk wat s� ontrou was. Amos, daarenteen, was 'n man met 'n geweldige sterk sosiale gewete. Hy kon dit eenvoudig nie verdra dat die armes so uitgebuit word en dat daar soveel onreg en korrupsie in die samelewing was nie. Dit is dus hoe hierdie profete verskil het. Jesaja, natuurlik, het vir ons die wonderlikste Ou Testamentiese Messiaanse profesie� gegee. Miga was op die oog af nie so 'n indrukwekkende man nie, maar van hierdie vier was hy die enigste wat 'n bietjie reaksie gekry het.
INHOUD VAN PROFESIE
Kom ons kyk nou na vers 2, na wat Amos geprofeteer het. Die ou vertaling s�: "En hy het ges�: Die Here brul uit Sion en verhef sy stem uit Jerusalem." Ek sal nou iets meer s� oor die res. Dis nogal baie interessant dat hy hier van die begin af beklemtoon dat, hoewel dit hy wat Amos is wat praat, dit eintlik die Here is wat brul. Hy gebruik die woord daar vir die geluid wat 'n leeu maak wanneer hy sy prooi bespring. En voorop in hierdie stelling van Amos is die woord Jahweh, m.a.w., hy beklemtoon dit: Dis Jahweh wat brul. Jahweh, sal julle onthou, is die Verbondsgod en ons kan die naam "Jahweh" veral terugvoer na Exodus 3:14, toe die Here vir Moses ges� het: "Ek is wat Ek is." Hy openbaar Hom dan as die Verbondsgod. Dwarsdeur die Ou Testament dui die Godsnaam, Jahweh, op die feit dat Hy die Verbondsgod is. Meestal is dit natuurlik positief; Hy is �ns Verbondsgod. Hy het ons lief, Hy sal na ons omsien, Hy versorg ons, ens. Maar hier beklemtoon Amos dit - dis Jahweh wat brul, soos 'n leeu brul wanneer hy sy prooi bespring. Die suggestie is natuurlik daar dat, vanuit die feit dat Hy Verbondsgod is, Hy ook die reg het om oordelend, veroordelend en straffend te werk met sy mense, met sy volk.
As 'n mens na Deuteronomium gaan kyk, veral Deut. 27, 28, dan sien 'n mens dat daar 'n hele lys van verbondsvloeke gegee word. Deuteronomium is eintlik 'n preek van Moses wat hy vir die volk gegee het voordat hulle die beloofde land ingetrek het. Hy het natuurlik geweet hy kan nie ingaan nie, want God het vir hom so ges�. Maar dit is interessant dat Deuteronomium absoluuut die vorm, die struktuur van 'n verbondsdokument vertoon. Ons sou vandag kon s� dis 'n tipiese kontrak. Deuteronomium was dus eintlik net 'n verbondsvernuwing, so ongeveer 40 jaar na die verbond by Sina�. Daarom kry ons ook weer in Deuteronomium die tien gebooie ens. opgeteken. Dit is dus 'n verbondsdokument en in Deut. 28 is daar 'n geweldige lang lys van verbondsvloeke wat die volk sou tref indien hulle nie gehoorsaam sou bly aan die verbond nie.
Die implikasie is dat, as die Here God Jahweh, die Verbondsgod, veroordelend kom, hierdie verbondsvloeke Israel sal tref. Dis interessant dat hy hier herhaal dat Jahweh uit Sion uit brul. Hy verhef sy stem uit Jerusalem uit. As ons die geografie en die politiek van destyds ken, dan is dit betekenisvol. Amos s� hier vir hulle: "Jahweh praat met julle, Hy praat dreigend, veroordelend met julle, en let op, Hy praat nie uit julle hoofstad, Samaria nie, Hy praat nie van Bet-El of Berseba of Gilgal af nie, Hy praat uit Jerusalem uit." Die implikasie is daar: Julle, wat julleself afgeskei het en julle eie ding wil doen, onthou net, God praat steeds uit Jerusalem uit. Hy't nie getrek nie, dis julle wat getrek het, dis julle wat beweeg het, Hy't nie beweeg nie. Jerusalem is steeds sy stad. Daarmee identifiseer God natuurlik ook Homself met Juda. Amos s� dan eintlik vir hulle dis die begin van hulle einde. Trouens, hy s� vir hulle: "Die begin van julle einde was eintlik destyds toe julle julleself losgeskeur het van die verbondsvolk af." Hy s� dan hier as die Here brul soos 'n leeu brul wanneer hy sy prooi bespring, dan verdor die weivelde van die herders � of hulle treur - en die top van Karmel verdor.
Die van julle wat Israel ken, sal weet Karmel is reg in die noorde. Dis 'n groot berg waar die Jordaanrivier ontspring. Dis vandag op die grens van Siri�, as ek reg onthou. Die dele waar die herders hulle skape laat wei, is meer na die suide toe. Hy s� dus: "Wanneer die Here s� veroordelend praat, dan verdor die velde van die suide t�t die noorde." En dit laat 'n mens natuurlik aan Jesaja 40 dink. Jesaja 40 praat ook van die asem van die Here wat die dood bring enwat laat verdor. 'n Mens sal uiteraard lank hieroor kan praat, want dis vandag nog s�.
Ons het om middagete-tafel lank sit en gesels oor die hele verskynsel van God wat 'n volk of 'n samelewing of 'n beskawing aan sy eie sonde oorgee. Dis wat ons beleef in die Westerse w�reld. Dis wat ons beleef in Suid Afrika, dis onmiskenbaar. Dis besig om te verdor, sedelik, moreel, godsdienstig, ons leef in so 'n tyd. Dit beteken nie dat niemand tot bekering sal kom nie, maar dit beteken wel dat die grond hard word en dit beteken dat ons in 'n verskriklike bose w�reld lewe � toenemend boos. Dit beteken dus dat sonde wat 10, 20, 30 jaar terug totaal ongehoord en ondenkbaar was, vandag aan die orde van die dag is. Ons het juis met ons kinders gepraat oor van die goed wat vandag absoluut mode is, wat 'n mens 20 jaar terug amper nie oor gepraat het nie. En let op die tempo waarteen dit gebeur, hoe openlik dit gedoen word en hoe ons daaraan gewoond raak. Sekere van die goed wat vandag gebeur, wat ons sien en nie meer oor geskok is nie, dink 'n bietjie hoe sou ons 10 of 20 jaar terug daaroor gereageer het. Watter verontwaardiging sou daar in ons binneste gewees het! Maar jy sien, ons beleef al hierdie goed � en d�t maak Amos so geweldig aktueel vir ons. Ons beleef dit, die Here blaas die asem van die dood, nie net oor ons samelewing nie, maar ook oor die kerk in Suid Afrika.
Volgens Heb. 6:4-8 kom daar 'n punt waar dit vir 'n mens onmoontlik is om weer tot bekering vernuwe te word. Die Here gee op 'n stadium mense wat, ten spyte van kennis van die evangelie en al sy genade en se�ninge hulle steeds bly verhard, aan hulle sonde oor. Dit is die verduideliking waarom 'n sg. post-christelike samelewing so verhard is teen die evangelie. Dis mense wat oorgegee is, dis mense wat net nie meer tot bekering vernuwe kan word nie. Hulle harte is verhard. Die asem van die dood het daaroor geblaas, God se asem van die dood.
Dit was vir my net ongelooflik toe ons 'n klompie jare terug in Europa op die strate ge�vangeliseer het. Die onbeskryflike verskil bv. tussen die vlugtelinge uit Oos Europa en die Switsers. Ons het hoofsaaklik met vlugtelinge uit Albani� uit gewerk. Albani�, soos julle seker weet, is 'n land wat daarin geroem het dat hulle die heel eerste ate�stiese staat op aarde was. Albani� was vir dekades totaal ge�soleerd. Dit was onmoontlik om daar in te gaan uit die Westerse w�reld en dit was nog moeiliker om die evangelie daar in te kry.
Ek het daar gesien dat mense wat uit Albani� gevlug het, na die val van die ystergordyn, dat hulle nog nooit van Jesus gehoor het nie. As jy met hulle praat, s� hulle in hulle gebroke Duits-Engels, wat ookal, vir jou: "Vertel my meer, wie is hierdie? Ek het nog nooit van Hom gehoor nie." Ek het gesien dat, as ons daar Nuwe Testamente uitdeel, of net Skrifgedeeltes of traktate, hulle eenvoudig vyf tre� stap en sommer op die randsteen gaan sit en begin lees. Dan sit hulle twee uur later nog en lees, in die straat. Karre ry voor hulle verby, mense klim amper oor hulle, maar hulle sit vasgenael daar! Terselfdertyd loop daar Switsers by hulle verby wat, as jy iets vir hom wil gee of met hom wil praat, dan spoeg hy jou. Of hy s� vir jou, loop man! Een man het vir my ges�: "Ek kan dit nie vat nie, weet jy, vir hierdie ou boekie wat jy vir my wil gee, moes 'n 100 bome sterf � om hom te kon druk." Totaal verhard, totaal verhard! Ek kan nie onthou dat ons by enige Switser sommer positiewe reaksie gesien het nie, dalk hier en daar, maar die Albani�rs, vir wie die Here 'n deur oopgemaak het vir heeltemal nuwe werkinge van die Gees, kon net nie genoeg kry nie.
Hoe dit ookal sy, hier word die asem van die dood geblaas. Amos het onbevrees die profetiese las wat God op hom gesit het, gaan uitspreek. En hy't getrou elke sonde van sy tyd aangespreek. En ons moet verstaan, hy kom uit die suide uit, hy's 'n wildvreemde man en hy's ongeleerd. Dit sal ons verstom en ons respek moet afdwing as ons kyk hoe hy die dinge aangespreek het. Hy't hom glad nie laat intimideer deur die belangrikes, die rykes en die magtiges van sy tyd nie. Nie dat die volk geluister het nie, niemand het na hom geluister nie. Maar Amos het verstaan dat hy voor die aangesig van God lewe, dat hy aan God verantwoording verskuldig is. Natuurlik het hy seker baie gebid en baie geween omdat mense nie reageer nie, maar ten diepste het hy geweet dat hy aan God verantwoording verskuldig is. Hy't baie reguit gepraat, hy het bv. die vooraanstaande dames van Israel "koeie van Basan" genoem! Stel jou voor! Hy't baie sulke beelde gebruik uit die boerderyw�reld. Hy was glad nie be�ndruk met die welvaart van sy dag nie. Hy is glad nie ge�ntimideer deur rykdom nie. Hy't dwarsdeur dit gekyk en hy kon sien dat hier 'n samelewing op sy laaste is, 'n samelewing wat verrot is tot in sy kern. En inderdaad sou hulle binne drie of vier dekades in ballingskap weggevoer word.
BOODSKAP
Maar wat is die boodskap van hierdie boek? Ons sal vorentoe meer daarby kom, maar ek wil veral vier kernpunte noem. Ek gaan op di� stadium net die beginsels deurgee.
Die eerste is: Voorregte en lig bring verantwoordelikheid mee.
Hoe nader 'n mens aan God lewe, hoe sekerder kan jy wees van sy oordeel, sou jy van Hom af wegdryf. Hierdie is 'n beginsel wat 'n mens nie net in Amos sien nie, jy sien dit regdeur die Woord. Julle sal onthou dat Petrus skryf dat die oordeel by die huis van God moet begin. Jy sien dit regdeur die geskiedenis en ek dink baie van ons ken dit. 'n Ongelowige sal wegkom met sg. moord, maar laat ek en jy, wat met die Here wandel, so-iets doen of net die helfte so-iets, dan kry ons te doen met die tugtigende hand van ons Vader. Dus, voorregte en lig bring verantwoordelikheid. Mens sien dit ook bv. by die seuns van A�ron, Nadab en Abihu. "In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken", s� God. En ons kry dit ook in die Nuwe Testament. Dis duidelik dat die van ons wat baie lig ontvang het, eendag met 'n strenger oordeel geoordeel sal word. In Jak. 3:1 word ons vermaan om nie gou leermeesters te wil wees nie, omdat die leermeesters met 'n strenger oordeel geoordeel sal word.
Die tweede beginsel is: Die toewyding van vorige geslagte en miskien 'n baie edel afkoms, onthef niemand van die verantwoordelikheid van bekering en gehoorsaamheid nie.
Ons kry hierdie beginsel natuurlik op ander plekke ook weer. Die spreekwoord in Israel het ges� dat die ouers groen druiwe ge�et en die kinders se tande toe stomp geword het. Dit was na die ballingskap. Daarmee wou hulle s�: "Dis ons vaders wat gesondig het, en hier sit ons nou met die gevolge." Dan s� die Here: "Julle sal nie meer di� spreekwoord in Israel gebruik nie." Ons weet natuurlik dat daar 'n waarheidselement in sit, maar hulle het dit destyds as 'n verskoning gebruik om hulle eie verantwoordelikheid te ontken. Dit was nog altyd tipies van die mens om te s�: Ons het Abraham as vader en daarom hoef ons ons nie te bekeer nie. Ons is deel van die verbondsvolk, daarom sal God ons nie los nie. Daarom het hulle die idee gehad dat dit nie nodig was dat hulle hulle bekeer en voortdurend bekeer nie. Hulle afkoms was hulle waarborg. En natuurlik, omgekeerd, as hulle gesondig het, het hulle ges�: Wel, dis ons ouers, hulle het die groen druiwe ge�et, dis hoekom ons tande stomp is. Kry ons nie presies dieselfde ding vandag nie? Die boodskap van ons dag is: "We are victims, not villains." "Dis ons probleem, dis hoekom dit so sleg gaan met ons, dit is die voorgeslagte en dis allerhande dinge wat met ons gebeur het." Ons dink ons is "victims", ons wil nie erken dat ons "villains" is nie.
Die derde beginsel is: Vormgodsdiens is vir God absoluut afstootlik. Hy haat vormgodsdiens.
Die vierde beginsel wat sterk in Amos na vore kom, is dat die wraak van die verbond gerig is op die suiwering van die verbondsvolk.
Wanneer God dus oordelend met sy kerk of volk werk, is die doel om die dro� hout uit te brand. Kyk jy na die Skrifopenbaring, kan jy nie anders nie as om te sien dat die Here God 'n geweldige ho� premie plaas op die suiwerheid van sy verbondsvolk, of Nuwe Testamenties gestel, die suiwerheid van die gemeente. Dit is wat agter die hele beginsel van die gemeentelike tug sit. God duld nie dro� hout in sy gemeente nie, Hy wil dit nie h� nie. Daar moet 'n duidelike onderskeid wees tussen sy mense en die w�reld. Sy oordele is daarop gerig om die dro� hout uit te brand, om die ware verbondsvolk te louter en die oorblyfsel uit te wys - en dis presies wat gebeur.
TOEPASSING
Is dit tog nie opvallend hoe dikwels die Here God mense in sy diens gebruik wat eintlik nie daarvoor kwalifiseer nie? Hier gaan haal hy 'n man agter die skape uit, 'n boer wat met wildevye boer, 'n eenvoudige man. Hy gebruik hom, nie net om in Israel te gaan profeteer nie, maar om 'n profesie neer te skryf wat ons vandag, nagenoeg 2700 jaar later, nog na kyk. 'n Eenvoudige man, waarskynlik ongeleerd � hoe ver was s� 'n man destyds geleerd? Seker st.1, by wyse van spreke. Hy kon seker skryf en hy moes sekerlik 'n baie intelligente man gewees het, maar 'n eenvoudige man. En let op, dis ��k 'n beginsel hierdie. Paulus s� byvoorbeeld in 1 Kor. 1:26: "Dink maar net, broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of baie invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie." Hy sny die beginsel ook aan in 2 Kor. 12:8 &10 waar die Here vir hom s� dat as hy swak is, dan is hy sterk � God se krag word in swakheid volbring.
Ons kry die beginsel ook in die sewe briewe van Openbaringe. Die gemeentes in wie God 'n behae het, is die swakste ou gemeentetjies. En as ons na die kerkgeskiedenis kyk, sien ons dit. As ons terugkyk na die Ou Testament, sien ons dit. Kyk maar na Abraham. Jy s� Abraham was 'n ryk man, maar hy was nie 'n ryk man toe hy geroep is nie. Abraham was 'n rou heiden. In Ur van die Chalde�rs, die plek waar hy vandaan gekom het, het hulle demone en afgode aanbid. Die Here gaan en Hy gaan haal 'n man daar wat 'n totale heiden is en Hy maak hom die vader van die gelowiges.
Kyk maar na Moses. Jy s� Moses was 'n geleerde man. Ja, hy was waarskynlik opgelei om 'n farao te word en dalk die mees geleerde man van sy tyd, in elk geval in Israel. Maar Moses was 'n slawe-seun. Hy word gebore uit slawe-ouers en hy word die grootste bevryder van alle eeue! Hy was geleerd omdat God reeds besig was om hom voor te berei. Sy aanvanklike herkoms was egter baie nederig.
Dink aan Dawid. Dawid was die �gste seun van sy pa en julle sal weet in Israel het status so met die lyn af geloop. Die eersgeborene was die man met die status. Dis hoekom Samuel ook, toe hy die koning moes gaan salf, onmiddellik ingestel was op die oudste seun. Nee, nee, uiteindelik is D�wid gesalf. Hy was so 'n nederige ou mannetjie, 'n seuntjie, dat sy pa dit nie eers die moeite werd geag het om hom te roep vir die ete nie! Hulle moes hom laat haal agter die skape uit. Hierdie nederigste een met die minste status in sy huishouding, word uiteindelik Israel se grootste koning, miskien di� grootste koning van alle tye! Vandag nog sien jy orals, op 'n duisend plekke in Israel, vlae met die Dawidster op. Hulle is nou nog trots daarop: Ons is die afstammeling van Dawid, koning Dawid.
Dit is die Here se werkswyse. Dit s� dus vir ons as individue: Ons hoef nie as ons eenvoudige, nederige mense is, gewone mense, minderwaardig te voel daaroor nie. En as ons deel is van 'n klein gemeentetjie maak dit nie regtig saak nie. Natuurlik begeer ons, soms met diep sugte voor die Here, dat Hy vir ons sal byvoeg en dat hy bekerings sal gee en dat ons dit sal sien. Maar uiteindelik, wat ons status voor God betref, maak dit totaal nie verskil nie. Dit is moontlik om in 'n ou klein gemeentetjie getrou te arbei. Ek praat nie net van die voorganger nie, ek praat van elke lidmaat. Dit is moontlik om nederige werk te doen, wat die Here jou ookal voor geroep het, die nederigste werk - en eendag te hoor: "Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou" - daar sit vir my baie groot troos in di� woord - "oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde." Die van julle wat miskien voel my lewe beteken nie veel vir die koninkryk nie, ag, wat beteken my lewe - die feit is net, daar waar die Here jou geplaas het, wees daar getrou. Die Here werk met die gewones, die nederiges, die eenvoudiges!
Einde van Deel een.