Eerste Liefde

Deel Twee

 

Dawie Hyman

Leraar van die Grace Christian Church

http://www.grace.org.za

 

Blaai asseblief na Openbaring 2 toe waar ons sal lees wat Johannes aan die gemeente in Efese skryf. Dis natuurlik eintlik Jesus Christus wat vir hom s� wat om te skryf. Johannes is net die sekretaris wat alles neerskryf. Ons lees Open. 2:1�4. Ons kyk hierdie keer na vers 4 wat uit die aard van die saak die klimaks van hierdie gedeelte is. Eintlik is dit 'n antiklimaks wanneer Jesus vir hierdie gemeente s�: "Ten spyte van al die goeie dinge wat julle gedoen het, die harde werk in my Naam en die gesonde en suiwer lering waarvoor julle julle beywer het, het Ek hierdie ��n ding teen julle en dit is dat julle julle eerste liefde verlaat het."

Ek het as 'n beginsel vir my bediening neergel� dat die belangrikste saak altyd moet wees om die belangrikste saak die belangrikste saak te hou. Dis tog die belangrikste ding, n�? Wat is belangriker as die belangrikste ding? En wat kan belangriker wees as om dit die belangrikste ding te hou? Hier in hierdie gedeelte vind ons wat die belangrikste ding is. Dis nie harde werk in God se Naam nie, maar dit is wel belangrik om hard te werk vir die Here. Dit is nie gesonde en suiwer lering nie, alhoewel dit natuurlik ook belangrik is. Die belangrikste ding is: wat is die motief agter al jou harde werk en wat is die motief wat jou tot gesonde lering lei? Dis die belangrikste ding. Wat is die hart agter dit alles? Hierdie gedeelte s� vir ons dat God geen behae in 'n liefdelose hart het nie. Dis soos die ou wat vir sy vriend ges� het: "Ek het die Here baie lief." Sy vriend s� vir hom: "Het jy regtig?" Hy s�: "Ja, ek het die Hom baie lief." Hy vra: "As jy 'n Mercedes gehad het, sou jy dit vir die Here gegee het?" "Ja-nee", s� hy, "ek sal dit vir die Here gee, dis geen probleem nie. Ek het Hom lief genoeg daarvoor." Hy vra: "As jy 'n koei gehad het, sou jy dit vir die Here gegee het?" "Natuurlik, ek het die Here lief", kom die antwoord. So gaan die vrae aan en elke keer antwoord hy, ja, natuurlik. Naderhand vra sy vriend: "As jy varke gehad het, sou jy hulle vir die Here gegee het?" Hierop antwoord hy heftig: "Man, jy weet mos ek het varke! Ek gaan mos nou nie dit wat ek het vir die Here gee nie." Jy sien, dis nie soos mens die Here moet liefh� nie. Jy moet die Here liefh� uit jou hart, omdat jy besluit het om Hom lief te h�. Daarna het ek in die vorige preek verwys.

EFESE

Hierdie brief is geskryf aan die gemeente in Efese. Christus beoordeel die gemeente en Hy vind goeie en slegte dinge daarin. Hy s� dat hulle in hierdie belangrike area van liefde gefaal het. Ek wil 'n bietjie agtergrond oor die gemeente in Efese gee. Dis baie belangrik dat ons hierop let. Efese was in die eerste eeu, toe die brief geskryf is, 'n uiters heidense stad. Dit was vol handelaars, verkopers en besoekers van oral oor die Romeinse ryk. Efese was ook 'n hawestad met die gevolg dat daar baie skepe was en daarom was dit ook rusteloos en onstabiel. Die inwoners en handelaars het gekom en gegaan. Allerhande vreemde idees het die hele stad volgel�. Ideologie� en praktyke het die stad binnegestroom en voortdurend gewissel. Dit was ook die tuiste van die tempel van Diana, of Artemis, soos die Grieke haar genoem het. Dit was die Griekse godin van sensuele liefde, partykeer ook vrugbaarheid. In die tempel was 'n beeld van Diana. Volgens beskrywings was dit 'n verskriklike lelike, dieragtige swart beeld. Dit het kwansuis uit die lug geval en dis hoekom hulle dit skielik as iets goddeliks begin vereer het. In hierdie tempel het baie diewe weggekruip, want niemand kon hulle daar agtervolg nie omdat dit kamtig 'n heilige plek was. Hulle het dus in die tempel gebly om asiel te kry. Daar was ook, snaaks genoeg, tempelprostitute. Dit was deel van die aanbidding van hierdie godin van sensuele liefde. Ek wil h� julle moet 'n idee kry van die goddelose plek waarvan ons praat. Daar is natuurlik 'n groot winsgewende industrie rondom Diana gebou. Wanneer jy valse gelowe kry, kry jy ook altyd mense wat geld daaruit wil maak en so was dit met Diana. 'n Mens lees daarvan in Handelinge 19 wanneer Paulus die gemeente in Efese begin toespreek. Hy bring die evangelie en mense kom tot bekering en verbrand hulle boeke oor toordery ens. Die soewenier-industrie begin dan daaronder ly. Daar was 'n klomp mense in die metaalnywerheid wat klein afgodjies van Diana as soeweniers gemaak het. Besoekers het dit gekoop om saam te neem as soeweniers en dit dan bly aanbid. Die metallurgiese unie was baie kwaad vir Paulus as gevolg van sy werk in Efese. Hulle het werk verloor want niemand wou meer hulle beeldjies koop nie.

Deur die krag van die Heilige Gees en Paulus se dinamiese bediening, word 'n stewige gemeente in die midde van hierdie enorme goddelose situasie gevestig. God kom en Hy sit 'n kerk in die middel van Efese. Hy versterk hulle hoewel hulle omring is deur goddeloosheid. Strategies was Efese 'n ongelooflik belangrike stad. Op 'n kaart kan 'n mens sien dat dit 'n hawestad was en 'n soort poort na Klein-Asi� toe. Dit is hoekom Paulus 'n paar keer probeer het om soontoe te gaan, maar hy kon eers later daar uitkom. Toe hy uiteindelik 'n kerk daar gevestig het, het dit een van die belangrikstes in Asi� geword. Dit is duidelik dat dit beslis in God se plan was om daardie gemeente baie belangrik te maak. Baie kundige en begaafde kerkleiers het deur die jare daar gearbei. Timoteus het vir baie jare daar gearbei, asook Priscilla en Aquila en Apollos. Johannes het waarskynlik vir dekades in Efese gewerk voor hy Patmos toe gestuur is.

Die belangrikheid van die gemeente in Efese word beklemtoon deur die feit dat nie minder nie as agt Bybelboeke aan hulle geadresseer is. Dus, 'n ongelooflike stategiese, belangrike gemeente. Baie energie en arbeid is ingestort om hierdie gemeente sterk te maak in die Here. Die evangelie van Johannes is vanuit Efese geskryf. Die boek aan die Efesi�rs deur Paulus en die boek Openbaringe wat ons nou bestudeer, is aan die Efesi�rs geskryf. 1&2 Timoteus is geskryf terwyl Timoteus in Efese was en 1, 2 & 3 Johannes is ook aan hulle gerig. Al hierdie harde werk deur al hierdie godsmanne was suksesvol. Ons sien dit in die aanprysings wat Christus vir hierdie gemeente gee. Ons het in die vorige preek daarna gekyk. Hy s� in vers 2: "Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie". Hy s�: Ek weet dat julle hard werk, dat julle onbaatsugtige, oneindig volhardende werk in die Naam van Christus gedoen het, en Ek weet ook dat julle suiwer lering aanhang. Julle het slegte mense nie verdra nie en julle het die wat s� dat hulle apostels is op die proef gestel en hulle leuenaars bevind. Hy s� verder: Ek prys julle vir hierdie dinge. Dis 'n ongelooflike getuienis van hierdie gemeente wat hierin opgesluit is, nie waar nie? Ek meen, hoeveel gemeentes van ons dag is so? Hoeveel gemeentes kan kers vashou by die een in Efese? Soos dit vir my lyk, word gemeentes vandag merendeels gevul deur mense wat lui is wanneer dit by God se werk kom, nie baie aandag skenk aan gesonde lering nie, sonde toelaat en valse lering duld. In Efese was dit nie die geval nie. Maar ten spyte van al hierdie wonderlike dinge wat hule wel reggekry het, word daar 'n skokkende en ernstige aanklag deur Christus self teen hulle gel�. Vers 4 s�: "Ek het dit teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het"! Jy het jou eerste liefde verlaat, gemeente in Efese.

DIE AANKLAG

Die aanklag teen die gemeente is dat hulle hulle eerste liefde verlaat het. Dit beteken letterlik dat hulle die liefde van hul eerste dae verlaat het. Die liefde wat jy vir Christus gehad het in die eerste dae na jou redding, daardie liefde is nou verlore, jy't jou rug daarop gedraai. Ek wil h� julle moet besef dat mens dit kan doen terwyl jy besig is met die dinge van die Here. Terwyl jy besig is om hard te werk vir God, in sy Naam, om valse leringe uit te roei, kan jy jou rug op Jesus Christus en op jou eerste liefde draai. Dit kom as 'n skok want ek dink nie ons besef dit nie. Om jou eerste liefde te verlaat is om koud en kil te word teenoor die God en die Christus wat jou gered het, die Een wat jy eens met soveel ywerige toewyding gedien en liefgehad het. �rens in jou stryd vir suiwer lering en harde werk vir Christus het jou liefde vir Hom in die slag gebly en dit is s� 'n skrikwekkende moontlikheid vir almal wat in die kerk van Jesus Christus is. Moenie dink dat dit nie met jou kan gebeur nie, as dit met die gemeente in Efese gebeur het, kan dit met ons almal gebeur. In die eerste dae na God jou gered het, was die waarhede van die Skrif so dramaties en duidelik! Dis hoekom die liefde vir Christus so warm en so duidelik in jou wese gepols het. Toe het jy gesien en verstaan wie jy was en is: ni� 'n waardige mens wat jouself voor God kan aanstel oor al die wonderlike dinge wat jy vir Hom doen nie, m��r 'n onwaardige sondaar. Dis hoekom jou liefde vir Christus so sterk was aan die begin. Jy het ook jou God gesien vir wie Hy was: nie die een wat jy kan manipuleer om jou sin te kry nie, maar die aangrypend-magtige Een, bo alles verhewe en heilig, geregtig, rein, almagtig en alomteenwoordig. Die een wat sonde haat en dit ongenaakbaar straf. Jy't Christus gesien vir wie Hy is, nl. 'n lewende offer vir sonde. Hy is jou redder! Dis hoekom jy nie anders kon as om Hom lief te h� nie. Hoe kon jy dit weestaan? As jy verstaan dat jy 'n sondaar is, dat God se toorn oor die sondaar hang vanwe� sy sonde en dat Hy Christus gegee het om jou met Hom te versoen, hoe kan jy jouself daarvan weerhou om God lief te h�? Jy sien, wanneer jy begin kwyn in jou liefde is dit omdat jy begin kwyn in jou begrip van hierdie basiese dinge. Jy begin kwyn in jou begrip van wat die evangelie is � en die evangelie is eenvoudig: jy's 'n sondaar, God is heilig, dus is daar 'n probleem. Hoe word die probleem opgelos? Deur Christus wat die brug tussen God en die mens is; Hy versoen die mens met God. As jy in di� realiteit lewe, dan het jy Christus lief. As hierdie realiteit begin kwyn, dan verloor jy jou liefde vir Christus, maak nie saak wat jy in die Naam van die Here doen nie.

Dis meer as net verstandelike insig. Dit is verstandelike insig wat blom en 'n wil wat laag voor God se majesteit buig. Dit is wat dit beteken om in jou eerste liefde te bly wandel. Dan sal jy vind dat jou diens vir God aangevuur en gemotiveer word deur hierdie vurige liefde vir Hom. Dit is waar ons wil wees. Jy kan besluit hoe jy die Here wil dien. Jy kan Hom dien deur jouself en jou kinders oral waarheen jy moet gaan saam te sleep, deur maar teen wil en dank kerk toe te kom en jou plig te doen. Jy kan kies om die Here so te dien. Die punt is: dit behaag Hom nie. Kies om die Here lief te h�! Ek het in die vorige preek daarop gewys dat dit 'n keuse is. Moenie wag vir die gevoel nie. Dis 'n keuse wat vloei uit 'n verstaan van die evangelie: ek is 'n sondaar. Oordink dit. God is heilig bo allles, weet jy hoe heilig Hy is? Ons kan dit nie verstaan nie, die woord "heilig" beskryf nie eers hoe heilig Hy is nie. En hoe kan ons Hom deelagtig word? Wel, net deur Christus, deur sy liefde vir ons. Om jou eerste liefde te verloor, wat met die gemeente in Efese gebeur het, is om te vergeet wat God aan die kruis gedoen het. Dis om die kosbare genade van God te vergeet. Dit word 'n vae herinnering. Dis hoekom nagmaal belangrik is. Moenie dink nagmaal is triviaal nie. Dit is belangrik want dit is met nagmaal waar jy jouself aan die liefde van God herinner, wanneer jy die dood van Christus herdenk. Daardeur word jou liefde vir Hom aangevuur. Dit voorkom dat jy optree soos die gemeente in Efese wat hulle eerste liefde verlaat het ten spyte van al hulle harde werk. Dus, aan die hart van liefde vir God is hierdie idee om altyd te oordink wat Hy aan die kruis gedoen het en om te verstaan dat Hy jou eerste liefgehad het en h�� Hy jou eerste liefgehad het. Johannes s� ons het Hom lief want Hy het ons eerste liefgehad. Dus vloei ons liefde vir Christus uit ons begrip van hoe God ons liefgehad het.

HOEKOM IS LIEFDE VIR GOD SO BELANGRIK?

Hoekom is mens se eerste liefde so belangrik en hoe lyk dit wanneer iemand sy eerste liefde verlaat het? Ek dink dis belangrik dat ons tyd hieraan spandeer. Hoekom is liefde vir God so 'n belangrike saak? Jy kan jouself indink dat 'n besturende direkteur van 'n maatskappy dalk vir 'n werknemer sal s�: "Man, solank jy jou werk doen, is ek tevrede. Jy kan my gesig op jou veerpyltjiebord by die huis sit, ek gee nie om nie, solank jy net my werk doen en lojaal teenoor die maatskappy is. Jy hoef nie vreeslik lojaal teenoor my te wees nie, solank jy net doen wat jy moet doen." 'n Aardse baas sal daarmee tevrede wees, is dit nie so nie? Hy gaan tog nie vra dat jy hierdie diep vriendskap met hom moet h� of vreeslik baie vir hom moet omgee nie. As jy geld inbring, is hy tevrede. Maar met God is dit nie so nie. God is nie so 'n baas nie. As jy dit wat jy vir Hom doen sonder liefde doen, dan is dit glad nie vir Hom aanvaarbaar nie, geensins nie. Dis nie eers 'n bietjie aanvaarbaar nie, dis totaal en al onaanvaarbaar. Die Bybel sal daarna verwys as dooie wettisisme, werksgeregtigheid. Jy probeer jouself red deur jou eie goeie dade. Die Bybel sal dit selfs skynheiligheid noem, as jy God probeer tevrede stel met jou goeie werke terwyl jy Hom nie liefhet nie. Die motief is vir God belangriker as dit wat jy doen. H��kom jy doen wat jy doen, is belangriker in God se o� as w�t jy doen. Hoekom is God meer ge�nteresseerd in die motivering van ons dade as in die dade self? Dink maar aan die weduwee wat alles wat sy gehad het in die offergawekis gegooi het. Jesus het ges� sy het meer gegee as enige iemand anders, want sy't met die regte hart gegee. Hoekom is God so ge�nteresseerd in ons motivering? God soek aanbidders, dis hoekom. God soek nie dooie robotte nie, mense wat net deur die meganiese bewegings gaan nie. God soek aanbidders, nie vreesgevulde konformiste nie. Dis hoekom liefde so belangrik is, want liefde is die grootste motivering om God te aanbid. Dink bietjie daaroor. Wat is die grootste, die beste motivering om God te aanbid? Liefde vir Hom, natuurlik. God soek aanbidders wat Hom in opregtheid en in waarheid aanbid. En liefde vir Hom maak jou so 'n aanbidder. As ons God liefhet, dan sal ons Hom aanbid, en ons sal Hom wil aanbid en dien en ons harte sal gevul wees met danbaarheid. Dit is wat God najaag en begeer. Daarom maak Hy so 'n groot saak van liefde vir Hom. Dis waarom jou motiverings vir Hom belangrik is, want Hy soek jou hart. Hy wil h� jou hart moet Hom aanbid. Hy wil nie h� jy moet Hom net in 'n eksterne ritueel aanbid nie. Dis tog baie verstaanbaar. Enige iemand van julle wat kinders het, sal weet dat liefde jou perspektief op die take wat jy moet doen heeltemal verander. Ek het twee jong seuns en ek het al hulle doeke omgeruil. Ek kan dus bevestig dat dit nie 'n aangename klein takie is nie. Maar tog, ek het dit gedoen en ek doen dit nog steeds, want ek het my kind lief. Ek doen dit met blydskap � natuurlik as my vrou dit regtig nie kan doen nie. Maar ek s� jou, dis heeltemal 'n ander storie as dit nie jou eie kind is nie. Is dit nie? Dan word daardie takie darem regtig baie erger. Die rede is dat jy nie daardie kind so lief soos jy jou eie kind het nie. Jou liefde vir die kind maak die taak maklik. Maar as dit nie jou eie kind is nie, dan moet jy maar regtig konsentreer op wat jy doen. Jy sien, liefde maak die verskil tussen blymoedige diens of swaarmoedige sleur. Dis hoekom die Here ons harte soek, want Hy wil h� ons moet Hom s� liefh� dat ons Hom met blydskap sal dien. Die Here het geen behae in iemand wat Hom met swaarmoedigheid dien nie. Jy kan net sowel maar ophou. In 1 Tim. 1:5 s� Paulus: "Maar die doel van die gebod is liefde uit 'n rein hart en 'n goeie gewete en 'n ongeveinsde geloof." Sommige vertalings s�: "Die doel van ons instruksie is liefde uit 'n rein hart en 'n goeie gewete en 'n ongeveinsde geloof." Weet jy wat wil God h� moet in jou lewe vorm aanneem? Nie dooie rituele of swaarmoedige gesleur nie. God wil h� jy moet Hom liefh� uit 'n rein hart en 'n goeie gewete, natuurlik deur Christus skoongemaak, en 'n ongeveinsde geloof. Dis hoekom liefde so belangrik is.

Hoekom is God so gesteld op liefde? Dit is omdat dit die beste, die grootste motivering vir aanbidding is. Maar dis nie al nie. Liefde is belangrik, want dit is ook die instrument waarmee God aanbid word. Dis ook die metode van aanbidding. Dis nie net h��kom jy aanbid nie, dis h�� jy aanbid. Jy aanbid God deur Hom lief te h�. Daar's geen ander manier nie. Wat het Jesus in Matt. 22:37 ges� toe Hy die tien gebooie opgesom het? Jy moet die Here jou God liefh� met jou hele hart, met jou hele siel en met jou hele verstand. Dis die opsomming van die gebooie. Wat is dit wat God, ons Skepper van ons vra? Om Hom lief te h�. En daaruit vloei die liefde wat jy dan vir jou naaste sal h�. Hoe gaan jy God aanbid? Deur Hom lief te h�. Ons moet God liefh� in alles wat ons doen. Let weereens daarop dat Matt. 22:37 nie s� dat die tien gebooie leer dat jy moet wag totdat jy vir die Here lief voel nie, totdat jy 'n lekker warm gevoel vir Hom het nie. Dit s� jy moet Hom liefh�. Dis 'n opdrag. En as die Here 'n opdrag gee, dan is die implikasie dat ons dit wel kan gehoorsaam, veral as dit 'n opsomming van die wet is. Hoekom gee Hy anders die opdrag? Weereens, ons kry konstant die idee uit die Skrif dat liefde 'n besluit van die wil is, dis nie 'n gevoel nie, dit het gevoelens tot gevolg. Maar dit is wat God van ons verwag, om Hom lief te h�, want dit sal ons motiveer om Hom te aanbid en dit sal ons ook wys h�� om Hom te aanbid. Ons sal Hom aanbid �n ons liefde. Die enigste manier om God te aanbid is om Hom lief te h�. Ek kry gedurig te doen met mense wat hulleself Christene noem, maar as jy met hulle praat, is daar nie liefde vir die Here in hulle harte nie. 'n Mens kan dit sien in hulle dade en hoor in hulle woorde. Hulle dwing hulleself oral heen waar hulle dink hulle moet gaan om hulle gewete te sus, maar hulle het nie die Here lief nie. Dit is afstootlik vir God as jy so is. Om God te probeer aanbid sonder liefde, sonder 'n gretige hart, is afstootlik. Hy verwerp dit, Hy noem dit skynheiligheid.

Ons lees hiervan in Jes.1:11. Dis God wat met sy volk, Israel, praat en Hy s� wat Hy teen hulle het: "Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers? s� die Here. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie. As julle kom om voor my aangesig te verskyn, wie het dit van julle hand ge�is � om my voorhowe te vertrap? Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste � Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie! Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My 'n oorlas. Ek is moeg om dit te dra. En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my o� vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed. Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my o� weg, hou op om kwaad te doen, leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee." Wat beteken dit alles? Dit beteken dat die Here geen behae in 'n aanbidder het wat voor Hom kom met bloed-besmette hande nie, met hande vol sonde nie. Die Here het daar geen behae in as jy na Hom toe kom met 'n hart wat nie rein is nie, wat nie na Hom hunker nie. Inteendeel, Hy verag dit, dit is vir Hom afstootlik, Hy verwerp dit. Onthou dat jy God moet aanbid op sy terme, nie op jou terme nie. En sy terme is dat jy voor Hom kom met 'n hart wat vir Hom lief is en met 'n verstand en 'n wil wat na sy Woord luister. Jy mag dalk s�: "Goed, ek verstaan nou dat liefde vir God belangrik is, dat dit essensie�l, nie-onderhandelbaar is nie, want dis hoe ek God gaan aanbid. Maar hoe weet ek of ek God liefhet of nie? Hoe weet ek of ek dalk iemand is wat my eerste liefde verlaat het? Is dit dalk waar van my?

TEKENS VAN VERLORE LIEFDE

Kom ons kyk na die simptome van iemand wat sy eerste liefde verlaat het. Daarna wil ek na die oorsake kyk en dan moet ons by die oplossing kom. In hierdie preek gaan ons net aan die simptome aandag gee. Jy kan dus jou lewe evalueer en sien of jy dalk een van die is wat jou eerste liefde verloor het. Die eerste simptoom is 'n gebrek aan geestelike vrug. As jy na jou lewe kyk en jy vind dat daar 'n gebrek aan vrug is, dan moet jy wonder. Ons kan net na die Efesi�rs kyk. Dis baie interessant dat vers 2 s�: "Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid" en in vers 3 word weereens daarna verwys dat hulle hard gewerk het. Hy s� dat hulle "lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie." Dus, in terme van kwantiteit (hoeveelheid) was daar 'n ongelooflike klomp goeie werke gewees. Maar in terme van kwaliteit was daar 'n ernstige gebrek, want hulle werke was ekstern gewees. Die regte motivering was nie daar nie en dit kan jy sien as jy na vers 5 kyk: "Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke". Is dit nie merkwaardig nie? Hy't alreeds ges� dat hulle ongelooflik baie werke in sy Naam gedoen het en dat hulle lydsaamheid betoon het. Nou s� hy in vers 5: "Ek wil h� julle moet ophou met die werke wat julle nou doen hoewel julle dit met lydsaamheid, harde arbeid en groot volharding doen. Ek wil h� julle moet daarmee ophou en julle moet daardie werke begin doen wat julle heel aan die begin gedoen het." Weet jy hoekom? Heel aan die begin het hulle dieselfde dinge gedoen, maar hulle het dit met die regte motivering gedoen, met 'n hart wat vir God lief was. Daarom was hulle godvrugtig, en nou het hulle hul godsvrug verloor. Ten spyte van al hulle ywer is die vrug weg want die motivering is weg. Hulle het nie die regte motivering nie en al wat oorgebly het was gewoonte, dooie ortodokse ywer met min of geen warmte vir God of Christus nie. As jou lewe gekarakteriseer word deur meganiese plig, alhoewel jy dalk baie ywerig mag wees, as jy die werk doen maar jou hart is nie daarin nie, dan is dit nie godsvrug nie. Miskien doen jy hierdie goeie dade om ander te be�ndruk, miskien omdat jy dit nog altyd gedoen het. Die vraag is: Wat motiveer jou? Wat is in jou hart? En as jy vind dat jou hart nie daarin is nie, dan is daar nie vrug in jou lewe nie, en dan mag jy een van die mense wees wat jou eerste liefde verlaat het.

As 'n Christen sy eerste liefde verlaat, beteken dit nie dat hy sy redding verloor nie. Ons weet dat 'n mens wat gered is nie sy redding kan verloor nie, maar dit beteken dat hy God nie behaag of nie so ywerig vir Hom is soos hy kan of moet wees nie. Dit is beslis iets wat ons as Christene wil vermy. Maar dit is moontlik, soos julle verder sal sien, dat party mense hulle eerste liefde verlaat omdat hulle nog nooit hulle eerste liefde in die eerste plek gehad het nie: valse bekering. En dit moet altyd 'n faktor wees om mee rekening te hou as jy vind dat jou hart dood is vir die dinge van die Here. As jy net dinge doen, uiterlik, maar dis net meganiese plig, dan moet jy wonder of jy werklik gered is. Is die werk van genade gedoen wat jy dink gedoen is?

'n Tweede teken van verlore liefde is 'n selfgesentreerde lewe. Liefde is om vir andere om te gee en hulle te dien, selfs tot jou eie nadeel. Dis wat agape-liefde beteken, soos die Bybel dit definieer. Bybelse liefde is nie om iets vir iemand anders te doen omdat jy weet jy gaan iets terugkry nie. Liefde is om iets vir iemand te doen omdat jy besluit om daardie persoon te dien en hom lief te h�. 'n Persoon met 'n selfgesentreerde lewe is 'n persoon met 'n liefdelose hart. Hy dink min aan ander en hulle belange. Hy dink meer aan sy eie belange, jaag sy eie gemak bo alles na. Hy gee al hoe minder om vir andere, die lewe gaan oor homself en oor sy klein koninkrykie. En dis weereens moontlik om 'n selfgesentreerde lewe te lei terwyl jy baie aktief besig is met die dinge van God. Dit gebeur. Ons lewe in 'n dag waar selfsug en selfgesentreerdheid die wagwoord van ons samelewing is. Humanisme regeer en sit die mens op sy eie troon. Hy s� die mens bestaan om sy eie onthalwe en �s daar 'n God is, dan is God daar om die mens te dien. Ons lewe in 'n dag waar die mens sy eie god word. En wanneer jy in 'n demokrasie en 'n kapitalistiese samelewing lewe, word jy omring deur 'n klomp mense wat jou die hele tyd net wil dien. Die gevolg daarvan is baie keer dat mense 'n selfgesentreerde lewe begin ly. Hulle begin lewe vir die gemak en die genot wat daar in die lewe is. Ons almal hou van gemak en genot, maar ons kan nie net daarvoor lewe nie. Dit mag nie ons God word nie. Tog gebeur dit met baie mense dat hulle selfsugtig en selfgesentreerd begin lewe. As dit jou lewe karakteriseer, as dit vir jou gaan oor jouself en jou familie en jou klein koninkrykie, dan moet jy wonder of jy God nog liefhet. Want liefde vir God is iets wat jou uit jouself sal dryf, uit jou eie koninkryk uit om ander te dien. In 2 Tim. 3:2 s� Paulus aan Timoteus: "in die laaste dae � (sal) die mense liefhebbers van hulleself wees". Jy sien, as jy selfsugtig is, is jy nie sonder liefde nie, jy't eintlik baie liefde, maar dis liefde vir jouself, nie vir iemand anders nie. Jy word 'n liefhebber van jouself, en d�t, s� God, is afstootlik. 'n Selfsgesentreerde lewe is 'n kenmerk van iemand wat nie vir God en sy naaste lief is nie. En dis volop in ons samelewing.

'n Derde teken van 'n liefdelose lewe of iemand wat God verlaat het, is 'n gebrek aan ywer vir God. As jy min of geen energie het vir die dinge van God nie, is dit 'n baie duidelike teken van liefdeloosheid. Jesus het op 'n stadium ges�: My brood is om die wil van my Vader te doen, onthou jy dit? Hy was verteer deur 'n begeerte om God te behaag, Hy wou God se wil doen. As jy 'n lui en onge�nteresseerde benadering tot die dinge van God het, dan moet jy ernstig wonder of jy nie jou eerste liefde verlaat het nie.

'n Vierde teken van liefdeloosheid teenoor God is 'n gebrek aan erns. Die afstootlikheid van sonde begin afneem. Sonde is nie meer so sondig soos wat dit was toe jy pas gered is nie. Jy begin s�: Ag wat, dis nie so erg nie, ek kan maar hierdie sonde doen en daardie sonde doen; dis nie so 'n groot probleem nie, ek kan dit hanteer. Sonde is nie meer afstootlik nie. Die waarheid van God se Woord word al minder van 'n werklikheid in jou lewe soos die gebrek aan erns toeneem. Jy begin besluite neem sonder om te vra wat die Bybel s�. Dis hartseer as ek sien dat jongmense, of enige ander mense besluite neem wat hulle lewe sal be�nvloed sonder om te vra wat die Skrif s�. Gebrek aan erns is 'n teken dat jy God nie meer liefhet nie, want as jy God lief het, dan sal jy omgee wat Hy s�. Of jou evangelisasie-ywer kwyn, die toestand van ongereddenes beweeg jou nie meer nie. Jy dink nie meer daaraan dat daar baie mense daarbuite is wat nog nie die evangelie gehoor het nie en wat dit van j�� lippe moet hoor. Dit is nie meer vir jou belangrik nie. Jy sien, wanneer die dinge van God en die wil van God nie meer vir jou belangrik is nie, wanneer sonde en dit wat die Woord van God s� nie meer so vreeslik belangrik is nie, dan het jy waarskynlik begin wegdraai van jou eerste liefde en jouself op 'n pad weg van God af geplaas.

'n Vyfde teken van 'n hart wat God nie meer liefhet nie, is gebrek aan ware vreugde en vrede. Vra jouself hierdie vraag: Is ek vol vreugde in die Here? Maak nie saak wat jou omstandighede is nie. Ek kry dit gedurig dat mense, as ek vir hulle s� hulle moet hulle in die Here verbly, vir my s�, maar wag, wag, jy verstaan nie my omstandighede nie. Ek is nie onsimpatiek teenoor moeilike omstandighede nie. Daar's dinge wat met mense gebeur wat baie moeilik is, maar skriftuurlik gesproke moet jy jou in die Here verbly, ongeag jou omstandighede, selfs deur jou trane. As jy die Here liefhet en as jy bly onthou wat Hy vir jou aan die kruis gedoen het, dan sal jy Hom bly liefh�. Dink aan Christus, dink aan die pyn en die lyding wat Hy moes deurgaan, Hy wat regverdig, sonder sonde was, geen blaam of smet aan Hom gehad het nie. Hy moes onder die hande van bose mense ly. Hoe het Hy dit hanteer? Hy't Homself toevertrou aan God, die Een wat regverdig oordeel. Netso moet jy moeilikhede in jou lewe hanteer. En die een wat sy visie en sy blik op God hou, die een wat God bly liefh�, vir hom is geen terugslag 'n totale tragedie nie. Maar as jy in sonde lewe en 'n koue, vreugdelose hart het, dan is dit 'n baie goeie teken dat jy nie meer jou eerste liefde liefhet soos jy Hom eens liefgehad het nie. As jy God bly liefh�, dan sal jou wese oorloop van vreugde vir Hom, maak nie saak wat jou omstandighede is nie. Maar as jy jouself in liefdeloosheid verhard, dan sal jy knorrig wees, koud en afsydig. Jy sal nie wil bid of kerk toe gaan nie, jy sal nie gemeenskap met die heiliges wil geniet nie. Hierdie is maar 'n paar simptome van liefdeloosheid � jy kan die lys self verder uitbrei.

REDES

As ons verstaan wat die simptome is, kan ons besluit of ons aan die siekte ly of nie. Vir die wat besef dat hulle aan die siekte ly � en ek dink ons almal sal moet erken dat ons in hierdie saak kan verbeter � moet ons na die oorsake kyk. Hoekom het ek nie die Here lief soos ek moet nie? Hoekom het my eerste liefde vir Hom gekwyn, wat het skeef geloop? Daar's ten minste vier redes hoekom mense hulle eerste liefde verlaat. Jy kan weereens 'n paar byvoeg. Die vier redes is kortliks die volgende:

  • - Mense jaag die dinge van God na in plaas van die God van die dinge.

    - Mense verdra sonde.

    - 'n Wangebruik van God se genademiddele.

    - Valse bekering, daar was nooit 'n eerste liefde om mee te begin nie.

  • Volgende keer sal ons in detail daarna kyk en dan sal ons ook na die oplossing kyk. Die oplossing word in Openbaring 2 van vers 5 af gegee. Daar s� Christus vir Johannes wat die oplossing is. As jy dan nou besef dat jy jou eerste liefde verlaat het en jy besef hoekom jy dit gedoen het, dan moet ons vra: hoe gaan ek my eerste liefde weer terugkry? Die antwoord word vir ons in die Skrif gegee en ons sal dit volgende keer bestudeer.


    Einde van Deel Twee

    Terug / Back