Eerste Liefde

Deel Een

 

Dawie Hyman

Leraar van die Grace Christian Church

http://www.grace.org.za

 

Ek beplan om oor Openbaring 2 te preek, om dit te bestudeer in die detail wat die Here ons sal toelaat. Openbaring 2 is 'n baie bekende gedeelte. Dit is die eerste brief aan die sewe gemeentes in Asi�, die eerste is die gemeente in Efese.

Ek dink nie ek hoef julle te oortuig dat hierdie in baie opsigte 'n baie hartseer, gebroke w�reld is nie. Mens kan maar net rondom jou kyk na die hoeveelheid moorde wat elke dag plaasvind. Net onlangs is iemand in ons gemeente deur gewapende rowers aangehou. Hulle is dankbaar dat hulle met hulle lewens daarvan afgekom het. Dit is iets wat ons baie goed ken. Daar is talle voorbeelde van die feit dat dit 'n gebroke w�reld is waarin ons lewe. Een van die dinge wat dit aksentueer is dat ons almal al getuies was van die wispelturigheid van menslike gevoelens. Ons almal het al gehoor van die man wat na 15 of 20 jaar by die huis gekom en vir sy vrou ges� het: "Ek is klaar met hierdie huwelik, ek wil skei. Ek het jou nie meer lief nie!" Ons weet watter hartseer dit vir die kinders inhou, vir al die partye wat by die huwelik betrokke is. Ons weet almal van die besigheidsman wat eendag, uit die bloute, teen sy vennoot draai. Hulle is miskien reeds vir baie jare vennote en dan verwoes hy sy vennoot se vertroue � en die vriendskap word ook sommer in die proses verwoes. Hierdie vennoot s� dan net: "Ek wil niks meer met jou te doen h� nie" � en hy vat sommer van die geld en loop daarmee weg. Ons ken hierdie tipe dinge, ons weet dat menslike gevoelens baie keer te kort skiet. Dikwels is die gevoelens en deernis wat mense teenoor mekaar het baie wispelturig. Dit verdwyn baie keer sonder o�nskynlike redes. Daar is min dinge wat meer pynlik is as wanneer jou vertroue in iemand anders geskok word. Liefde en sorg van baie jare verdwyn dan skielik asof dit toevallige m�remis was. In die plek daarvan kom gewoonlik antagonisme en afsydigheid � maar dit is soos ons mense ken. Ons besef dat die beweegredes vir menslike liefde baie keer k�rnsiek is. Dit is siek tot op die been toe en ons sien dit in die wispelturigheid waarmee mense mekaar liefhet.

As jy 'n bietjie daaroor dink, sal jy agterkom dat hierdie wispelturigheid, hierdie kernsiekheid van menslike liefde en gevoelens iets is wat mens van jongs af sien. As mens kinders dophou, sal jy sien dat hulle hierdie einste defek van selfsugtigheid binne-in hulle het. Dis nie iets wat in jou groei nie, daar is altyd in elke liewe mens 'n geneigdheid om iets lief te h� solank dit 'n sekere opbrengs op die belegging bied. Wat ek bedoel is dit: Kyk maar na 'n kind, 'n jong seuntjie wat 'n speelding kry, s� maar 'n karretjie. Daardie kar is sy lewe, hy speel met hom en geen ander kind mag aan hom vat nie of hy verloor sy tande. Hy maak die karretjie skoon, hy versorg hom perfek. Dieselfde met 'n dogtertjie � s� maar sy kry 'n pragtige pop en die pop is net haar oogappel. Die pop kry selfs 'n doek aan en die doek word omgeruil en alles draai net om die pop. Dan, skielik gebeur dit, die nuwigheid verdwyn en dan besluit die jong seun: "ek wonder wat gebeur met hierdie kar as mens hom aan die brand steek. Hoe brand plastiek? Ek het dit nog nooit gesien nie, kom ons vind uit." En die dogtertjie s�: "Ek wonder hoe sal my pop sonder hare lyk" � en daar trek die hare! Ons weet dat dit so met kinders werk, die nuwigheid van 'n voorwerp soos 'n speelding verdwyn vinnig. Wat tragies is, is dat volwasse mense dikwels met net soveel gemak die voorwerp van hulle deernis verwerp. Net soos 'n kind 'n speelding weggooi, net so gooi mense die objekte van hulle deernis weg. Die hartseerste saak vir my in die bediening is om byvoorbeeld te sien hoeveel mense vandag wil skei. In die kort tydjie wat ek in die bediening is en selfs terwyl ek op kweekskool was, moes ek myself met skeisake besig hou. Dit is 'n enorme probleem!

Die saak waar ons egter hier oor moet praat, is iets wat al hierdie voorbeelde wat ek nou net genoem het, totaal en al oortref. Dit gaan hier oor mense se liefde vir Christus wat kwyn, verlore raak. Mense verlaat hulle eerste liefde. Dit is 'n baie ernstige saak. Dit is die beskuldiging wat teen die gemeente in Efese ingebring word in die gedeelte wat ons sal bespreek. Daar staan dat hulle hulle eerste liefde verlaat het. Hulle het baie dinge reg gedoen en dit is wat dit so hartseer maak. Daar is ongelooflik baie dinge wat goed en reg was in die gemeente in Efese. Maar in hiedie gewigtige aangeleentheid, in hierdie mees fundamentele aangeleentheid � liefde vir Christus � is hulle geweeg en te lig bevind. Hulle het te kort geskiet. As jy die Bybel bestudeer, sal jy gou-gou agterkom dat, om jou liefde vir Christus te verloor, geen trivialiteit is nie. Dis glad nie 'n geringe saak nie, maar baie ernstig. Om die waarheid te s�, die Skrif toon aan dat 'n Christen nooit werklik totaal en al sy liefde vir Christus kan verloor nie, want om lief te wees vir Christus word in die Skrif gelyk gestel aan redding. As jy Christus liefhet, is jy gered; as jy gered is, het jy Christus lief, dis wat die Bybel ons leer. As 'n mens gaan kyk na verse soos I Joh. 4:7, sal jy daar lees: "Geliefdes, ons moet mekaar liefh�, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God." Wat beteken dit? Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. Dit wil s�, as jy God liefhet, is jy gered; as jy gered is, het jy God lief. Dis wat daar staan. Jy mag dalk vra wat dit beteken om God lief te h�. Ek wil dit aanspreek voor ons in die gedeelte begin indelf, want dit is s� belangrik. Ons gaan oor liefde praat in hierdie gedeelte en as julle nie verstaan wat Bybelse liefde is nie, gaan julle die hele punt mis.

Wat beteken dit om God lief te h�? Wel, kom ek s� twee dinge daaroor. In die eerste plek beteken dit nie dat jy 'n gevoel vir God het nie. Liefde is nie in die eerste plek 'n gevoel nie. Ja goed, dit kan gevoelens tot gevolg h� en dit sal verseker gevoelens tot gevolg h�. Ek moet nog iemand ontmoet wat God regtig liefhet en nie goed daaroor voel nie en nie een of ander emosie teenoor God het nie. Ons moet liefde egter as iets anders as 'n gevoel definieer. Weet jy hoekom? Want dis hoe die Bybel dit definieer. Wat is liefde, volgens die Bybel? Liefde is 'n wilsbesluit, volgens die Skrif. Ek bedoel, hoe kan die Bybel van ons verwag om 'n gebod van God te gehoorsaam wanneer Hy s�: "Julle moet mekaar liefh�, jy moet die Here jou God liefh� met jou hele hart, met jou siel, met al jou verstand en jou naaste soos jouself"? Wat is dit? Is dit 'n opsie? Is dit iets soos: "Ag, probeer asseblief om die Here lief te h�, kyk of jy die gevoel in jouself kan opwek, kom ons kyk of jy dit kan regkry"? Die Bybel s� jy m��t dit doen, dit beteken dit is 'n wilsbesluit. Dit kan niks anders wees nie, anders maak dit glad nie sin dat God dit vir ons as 'n gebod gee nie.

Ek is bevrees ons lewe in 'n era waarin ons, of baie Christene, toegelaat het dat ongelowige, goddelose mense vir hulle begin vertel het wat liefde is. Weet jy hoe definieer hulle liefde? Op 'n sensuele vlak. Liefde is 'n gevoel. Tipies die Hollywood tipe fliek. Wat is liefde in 'n tipiese Hollywood fliek? Dit is wanneer die twee mekaar omhels, wanneer daar daardie elektrisiteit, daardie gevoel is wat skielik van n�rens afkom. Jy weet hoe hulle deesdae die flieks maak. In die begin hou hulle niks van mekaar nie en dan, skielik, eendag, dan is daardie gevoel daar en d�s wanneer hulle mekaar begin liefkry. Dit is soos mense liefde verstaan. Vra vir die algemene Jan Rap op straat � dis soos hy liefde verstaan. Ek hoor dit die hele tyd by mans wat hulle vrouens wil verlaat: "Ek voel nie meer lief vir jou nie, ek het jou nie meer lief nie." Mens raak half moeg daarvoor, maar dit is hoe mense oor liefde dink. Die Bybel s� nee, dis glad nie so nie. Liefde is in die eerste plek 'n besluit. Dis waarom God vir ons kan s� jy m��t daardie persoon liefh�, al hou jy niks van hom nie, al irriteer hy jou dalk. Die Bybel s� jy moet hom liefh�, want jy besluit om 'n persoon lief te h�. Moenie vir my s�: "Ag, ek probeer so hard; ek kan hom net nie liefh� nie." Jy besluit om iemand lief te h� en jy beluit ook om God lief te h� � of jy besluit om dit nie te doen nie. Hierdie idee dat jy 'n soort marionet is, dat jy daar niks aan kan doen nie, is nie waar nie. Om 'n persoon lief te h� is in die eerste plek 'n wilsbesluit en uit daardie wilsbesluit vloei daar 'n gevoel. Jy begin deernis voel vir die persoon, maar in die eerste plek is dit 'n wilsbelsuit.

Veral wanneer ons oor liefde vir God begin praat, raak mense partykeer baie sentimenteel en stroperig. Iets soos: "Here, ek het U so lief!" � en dis alles hierdie hoendervleis-oor-jou-lyf-gevoel wat hulle van praat. Wat snaaks is, is dat mense wat s� voel baie keer nie eers naastenby lewe asof hulle Christene is nie. Hulle gevoel is egter so werklik dat jy met hulle kan toor. Ek onthou 'n voorval toe ek in Amerika gestudeer het. Ek het by 'n firma gewerk om myself deur kweekskool te kry. Daar was 'n dame wat by die firma gewerk het wat 'n ongelowige was. So tussen die werk deur het ek haar probeer evangeliseer en die Woord van die Here aan haar gebring. Toe sy agterkom wat ek probeer doen, s� sy vir my dat ek my nie oor haar hoef te bekommer nie aangesien sy gered is. Ek was toe baie ge�nteresseerd want ek kon glad nie sien dat sy gered is nie. Daar was niks in haar lewe wat vir my aangetoon het dat sy 'n gelowige was nie. Ek vra toe vir haar hoe dit gebeur het, wanneer sy tot bekering gekom het. Sy vertel dat sy deur 'n baie moeilike, slegte tyd in haar lewe gegaan het. Sy was depressief en wou selfmoord pleeg. Een aand het sy besluit om strand toe te gaan. Dis in Los Angeles, naby die strand. Sy vertel hoe sy op die strand gestap het in die aand, alleen, met die trane wat oor haar wange rol. Sy het opgekyk na die swart naghemel en toe sien sy 'n verskietende ster. Terwyl sy daarna kyk, s� sy: "Here, ek weet ek is nie alleen nie, dankie!", en op daardie oomblik het die Here vir haar geknipoog! Ek wil toe weet wat verder gebeur het, maar sy s� dis al. Ek s�: "Is dit al, is dit jou wedergeboorte?" en sy s� ja, dis al. Ek vertel toe vir haar dat dit glad nie haar wedergeboorte was nie, dis net 'n gevoel, dit was 'n verskietende ster gewees, dit beteken niks. As mens jou nie van sonde bekeer nie, dan beteken dit absoluut niks nie. Sy het toe natuurlik verskriklik kwaad vir my geword, maar dit is wat mens kon verwag. Jy sien, die gevoelens word alles. Dit kan 'n gevoel wees wat geen inhoud het nie soos daardie verskietende ster, daar's geen waarheid daaraan vasgemaak nie, maar niemand durf dit bevraagteken nie. Nee, ons moet so-iets verwerp. Liefde vir Christus is in die eerste plek 'n besluit van jou wil: Ek w�l Christus lief h� � en dan volg die gevoelens.

In die tweede plek is dit nie net 'n wilsbesluit om Hom lief te h� nie, dis 'n wilsbesluit om sy Wil te d��n. Jy kan besluit: ek gaan Hom nou liefh�, maar as jy nie sy Wil doen nie, het jy Hom nie lief nie. In Joh. 14:15 s� Jesus: "As jy my liefhet, sal jy my gebooie onderhou." Dis die toets of iemand regtig ernstig is, of daardie wilsbesluit werklik geneem is. Is hierdie persoon besig om die wil van God te doen? Julle kan Joh. 21:15�17 gaan lees, dit is voor Jesus se hemelvaart. Julle ken die gedeelte, waar Jesus met Petrus praat. Hy kyk vir Petrus in die o� en Hy s� vir hom: "Petrus, het jy My lief?" en Petrus s� vir Hom: "Ja, Here, U weet ek het U lief " en Jesus s� vir hom: "Pas my skape op", en Hy vra hom weer 'n tweede en 'n derde keer "Het jy My lief?" Die rede hoekom Hy hom weer en weer vra, is omdat Jesus vir Petrus vra: "Petrus, het jy My lief met 'n opofferende liefde?" Hy gebruik die woord "agape" en Petrus antwoord hom elke keer in terme van "phileo" liefde. "Phileo"-liefde is net 'n liefde tussen vriende. Dis hoekom Jesus daarop bly hamer. Maar Jesus s� vir hom: "Al het jy My net lief op 'n "phileo"-vlak, soos 'n mens 'n vriend liefhet, wat moet jy nogtans doen?" En dan kom die opdrag: "Dra my belange op die hart, pas my skape op". Dis wat Hy vir hom s�. Selfs al het jy vir Jesus nie op 'n "agape"-manier lief nie, al het jy Hom net lief op 'n "phileo"-vlak, dan is die eis van die Here dat jy sy belange op die hart sal dra. As jy die Here werklik liefhet, sal jy sy Wil w�l doen. Dus vra ek vir jou: as jy wonder of jy God liefhet, moenie gaan soek vir 'n stroperige, simplistiese gevoel nie, want dit kan jou heeltemal mislei. Dit bewys niks nie. 'n Gevoel is net 'n gevoel. Dis regtig die domste ding op aarde. Jy kan voel sonder dat jy dink, is dit nie so nie? Dus, moet nie wag vir die gevoel nie. Besluit eerder om God lief te h�? En as jy besluit het om Hom lief te h�, sal daar sekere gevolge in jou lewe wees. Het dit 'n impak, gaan jy nou begin om jou lewe anders te lei as wat jy dit normaalweg gedoen het? En as jy nie jou lewe anders lei nie, moenie vir my kom s� jy't God lief nie. As jy nie bereid is om na sy Woord te luister en jouself onder die Woord te stel nie, om, as die Bybel s� jy doen dit en jy doen dat, nie te gehoorsaam nie, dan het jy nie die Here lief nie. Dis s� eenvoudig.

Ons teks gaan ons baie help om te verstaan wat liefde vir God is. Kom ons kyk wat Openbaring 2 ons leer. (Lees Openbaring 2:1�7.) Die boek Openbaring is deur die apostel Johannes geskryf. Die apostel is op 'n baie interessante plek, maar hy is nie met vakansie nie. Hy is op die eiland Patmos en hy kry 'n visioen van God. Die hele boek is verdeel in ten minste twee dele � die eerste deel is Opebnbaring 1�3, die briewe aan die sewe gemeentes in Asi�. Daar was sewe definitiewe gemeentes in Asi� en die Here Jesus skryf deur Johannes aan hulle. Die ander deel is Openbaring 4�20. Dis waar al die visioene en profesie� van toekomstige dinge opgeteken is. Openbaring 2:1�7 is dan die brief wat Johannes aan die eerste gemeente skryf.

DIE KOERIER

As 'n mens na Op. 2:1 kyk, dan sien jy in die eerste plek wie die koerier of draer van die brief is. Hy s� daar: "Skryf aan die engel van die gemeente in Efese." (Ons moet al hierdie aanvoorwerk doen voor ons by die kerngedeelte in vers 4: "Maar ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het" kom, want dit gaan dan eers sin maak.) Wie's die koerier of draer van hierdie brief? Die engel van die gemeente in Efese. Sien jy dit? Dis 'n baie interessante woord wat hier gebruik word. "Engel" is in Grieks "angelos", dis waar die Engels sy "angel" vandaan kry. Die woord beteken nie altyd engel nie. In sy basiese betekenis is dit boodskapper, koerier, draer. Dit kan na 'n hemelse boodskapper soos 'n engel of na 'n menslike boodskapper verwys. In Lukas 1:11 word dit gebruik om na 'n hemelse boodskapper te verwys en in Luk. 9:52 verwys dit na 'n menslike boodskapper. Wanneer Jesus van stad tot stad gaan, stuur hy mense vooruit en hy stuur hulle as "boodskappers" uit. Dieselfde woord word daar gebruik, "angelos", "angeloi" die meervoud, boodskappers. Die woord "angelos" kan dus engel of menslike boodskapper beteken. Die konteks sal bepaal watter een van die twee dit sal wees. Meeste van julle sal in julle Bybels vind dat julle vertalings dit as 'n hemelse boodskapper vertaal: "Skryf aan die engel van die gemeentes". Hulle neem dus aan dat die woord na 'n hemelse boodskapper verwys. Wel, dit is nie wat dit beteken nie, dit verwys na 'n menslike boodskapper. Ek moet vir julle redes gee waarom ek van die teks wat julle gebruik, verskil.

Die eerste rede is dat die Skrif hierdie woord duidelik vir �f 'n menslike �f 'n hemelse boodskapper gebruik. Die konteks bepaal dan watter een van die twee korrek is. Die woord beteken basies gesant, boodskapper, 'n ambasadeur selfs, as jy wil. Nog 'n meer spesifieke rede hoekom die woord hier na 'n menslike boodskapper verwys, is dat jy geen lering in die Skrif kry dat engele oor 'n spesifieke gemeente aangestel word nie. Dit sou hier die implikasie wees: "Skryf aan die engel van die gemeente in Efese" - daar is nie s� 'n lering in die Skrif nie. In Heb. 1:13&14 lees mens van engele wat dienende geeste is, maar hulle dien di� wat gered is in die algemeen, daar word geen verdere spesifieke aanspraak gemaak op die feit dat hulle een gemeente dien nie. Derdens maak dit glad nie sin dat jy 'n engel verantwoordelik sal hou vir 'n gemeente of dat 'n engel 'n gemeente op enige manier sal verteenwoordig nie. Kyk hoe dit hier staan. Hy s�: "Skryf aan die engel van die gemeente in Efese" en in vers 2 s� Hy dan wat hy moet skryf. Hy s�: "Ek ken jou werke en jou arbeid." Hierdie "engel" sal dus, as dit 'n hemelse wese is, die kerk moet verteenwoordig. Hoe gaan hy die gemeente verteenwoordig? Dit is nog iets wat mens glad nie in die Bybel kry nie. Gemeentes word deur mense verteenwoordig, nie deur engele nie. Die volgende rede is dat vers 5 dan sal impliseer dat hierdie engel homself moes bekeer, want daar staan: "Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke". Engele wat hulleself bekeer is nie iets waarvan mens in die Bybel lees nie. Daar is iets soos gevalle engele, maar hulle kan hulleself nie bekeer nie. Hulle word demone genoem. Dit maak dus glad nie sin dat die boodskapper 'n engel sal wees nie, dit is duidelik 'n mens. Die beskrywing wat hier gegee word, kan net sin maak as dit na 'n mens verwys. Verder, kan jy jouself voorstel dat Christus aan 'n mens sal s� dat hy 'n brief aan 'n engel moet skryf? Dis wat dit dan beteken. "Skryf aan die engel van die gemeente in Efese" en Hy s� vir Johannes om die brief te skryf. Dit maak net nie sin nie. Die engele is boodskappers wat die boodskap van God na mense toe bring, nie andersom nie. N�rens in die Bybel lees jy dat 'n mens 'n brief vir 'n engel skryf nie. Dus, vir al hierdie redes, net vinnig genoem, kan ons aflei dat die woord hier "boodskapper" beteken. "Skryf aan die boodskapper van die gemeente in Efese." Nie engel of hemelse boodskapper nie, maar wel menslike boodskapper.

Wat gebeur dus hier? Kom ek vertel julle wat gebeur het. Johannes sit op Patmos. Verteenwoordigers van hierdie sewe gemeentes word na Patmos toe gestuur, want Johannes het, volgens buite-Bybelse tradisie, kerklike tradisie, vir 30 jaar 'n bediening in Asi� gehad. Dit was voor hy na Patmos toe geneem is. Dus het hy baie betrekkinge met hierdie gemeentes gehad. Nou stuur hulle verteenwoordigers na Patmos toe en daar is geen rede om te glo dat dit onmoontlik was nie. Ons weet van n�rens dat besoekers nie toegelaat is nie. Hy het sekerlik besoekers ontvang en hierdie verteenwoordigers van die gemeentes het hom kom besoek. Hulle verteenwoordig die leiers van die gemeentes waar hulle vandaan kom. Hulle ontvang dan hierdie briewe van Johannes wat hy onder die inspirasie van die Gees skryf, onder diktasie van Christus self. Dan vat hierdie boodskappers die briewe terug. Johannes kon nie die briewe terugvat nie. Hy was bietjie vasgepen daar op Patmos. Hy moes maar net daar sit. Hy stuur dan die briewe saam met die koeriers, die menslike boodskappers.

DIE KORRESPONDENT

Die tweede punt wat ek wil uitlig, is die korrespondent. Wie's die een wat hier skryf? Jy mag s� Johannes, maar dis nie regtig Johannes nie. Johannes word opdrag gegee om namens iemand anders te skryf. Daar staan: "Skryf aan die gemeente in Efese." Wie gee hom die opdrag? Ek het dit al reeds vir julle vertel, dis Jesus Christus self, die hele konteks sal dit duidelik maak. Kyk net na Op. 1:12 en verder. Johannes s� daar: "Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars, en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met 'n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met 'n goue gordel. Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy o� soos 'n vuurvlam, en sy voete soos blink koper wat gloei soos in 'n oond, en sy stem soos die stem van baie waters. En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en 'n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag. En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gel� en vir my ges�: Moenie vrees nie; Ek is die Eerste en die Laaste en die Lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid." Wie is dit? Dit is Jesus Christus. Meer nog, dit is die opgestane, verheerlikte Jesus Christus, nou gekroon in sy majesteit in die hemel, geklee in oneindige glorie, wat hier aan Johannes verskyn. Dis hoekom Johannes soos 'n dooie man voor hom neerval.

As jy d�t wat ek nou net ges� het, begryp, sal dit jou aangryp. Jesus Christus, die verheerlikte, opgestane Here, maak persoonlik bemoeienis met 'n spesifieke gemeente en Hy s� vir Johannes, skryf vir hulle 'n brief. Hy s�: "Ek het persoonlike belang by my gemeentes en Ek evalueer hulle. Ek ken my gemeentes se sterk en swak punte en Ek het 'n definitiewe opinie oor wat in hulle aangaan." Dit was die geval met die sewe gemeentes van Asi� en dit is die geval met elke liewe gemeente. Jesus Christus is betrokke by sy gemeentes, intiem � ek weet nie hoe om dit aan julle oor te dra dat dit julle moet aangryp soos wat dit Johannes aangegryp het nie. Hier val hy neer voor hierdie Een wat die verheerlikte, opgestane Christus is. Wanneer hy dan op sy voete kom, s� Jesus vir hom: "Nou sit jy daar, hier's 'n pen en nou skryf jy 'n brief, en weet jy vir wie? Jy skryf dit aan my gemeentes." Johannes moes heeltemal verbysterd gewees het. Ek dink hy moes bang gewees het toe hy besef dat Jesus Christus in sy hemelse glorie Homself so intiem met sy gemeentes bemoei � ongelooflik! Dit wys dat geen gemeente aan iemand anders as Jesus Christus behoort nie.

Aan wie moet hy skryf? Wie is die ontvanger van die brief? Hy s�: "Skryf aan die gemeente in Efese". Dan beskryf Hy Homself, die korrespondent: "D�t s� Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, wat wandel tussen die sewe goue kandelaars." Wat is die sewe sterre? Wel, dis die sewe leiers van die sewe gemeentes. Jy kan dit sien in Open. 1:20: "die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele (of die boodskappers) van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes." Dis baie maklik om te verstaan. Die sewe sterre wat Hy in sy regterhand vashou, verteenwoordig die sewe leiers van die sewe gemeentes. Hoekom hou Hy hulle in sy regterhand? Omdat dit die setel van sy krag is - Hy onderhou die leiers van sy gemeentes met sy Krag. Die kandelare verwys na die gemeentes self. Hy s�: "Ek wandel tussen die kandelare." Wat bedoel Hy daarmee? Dit beteken dat Hy intiem betrokke is by sy gemeentes, dat Christus weet wat ons doen en nie doen nie. Dit moet soberend vir ons almal wees om dit te besef. Hierdie gemeente is sy gemeente, dis nie enige iemand anders s'n nie. Dis nie die leraar s'n nie. My gemeente is nie myne nie, dit is God s'n, dit is Christus se gemeente. Ons is almal dienaars in sy gemeentes. Dit is sy werk, sy bediening. Ons is aan Hom verantwoordelik, nie aan enige mens nie. Die korrespondent is dus Jesus Christus self en Hy is intiem betrokke by sy gemeente.

DIE EERSTE AANPRYSING

Ons kom dan by die aanprysing. Dit vind ons in vers 2. Waarvoor word hulle aangeprys? Vir twee sake. Die eerste saak vind ons in vers 2: "Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid". Wat dus nou hier gebeur, is dat die alwetende Christus sy gemeente begin ondersoek. Hy plaas sy gemeente onder die mikroskoop en Hy gee sy bevinding. Dit word op skrif gestel en Hy s� dat Hy hulle werke ken. Daar is twee Griekse woorde vir ken, "ginoosko" en "oida". "Ginoosko" verwys na 'n vordering in kennis, groei in kennis. Dis soos 'n student op skool of universiteit; hy's besig om te "ginoosko", hy's besig om kennis op te doen, hy groei in sy kennis. Dis die een woord vir kennis, dit verwys na progressie, maar dit is nie "ginoosko" wat hier gebruik word nie, dis "oida". "Oida" verwys na 'n ander tipe kennis. Dit verwys na absolute kennis, na 'n volledige, voldrae kennis, 'n kennis wat nie nodig het om verder te groei nie. En dis sekerlik wat mens sal verwag van die kennis wat Jesus Christus van sy kerk sal h�. Hy is alwetend en Hy is alomteenwoordig, want Hy is God en daarom weet Hy alles en daarom word die woord "oida" gebruik om te s�: Ek ken julle totaal en al, Ek verstaan alles van wat in julle gemeente aangaan, Ek sien alles. Dit benadruk die punt dat Christus tussen sy kandelare wandel, dat Hy intiem betrokke is by sy gemeentes, dat Hy bemoeienis maak met sy gemeentes en omgee wat in sy gemeentes aangaan � die gemeentes wat sy Liggaam is. Hy weet of ons Hom dien of nie dien nie. Hy weet of ons Hom gehoorsaam of nie gehoorsaam nie, of ons sy Woord eer of nie eer nie. Ons kan Hom nie kul nie; Hy is alomteenwoordig en alwetend. Christus s� hier oor die kerk in Efese: "Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid." Dis die aanprysing wat hier in fokus gebring word, hulle word aangeprys vir iets goeds wat hulle gedoen het. Wat het hulle gedoen? Hulle het volhard in harde werk en in goeie dade, vir God. Die woord "lydsaamheid" verwys na die volharding wat hulle gehad het. Hy s�: "Ek ken jou harde arbeid vir My; Ek het dit gesien, dit het nie my o� ontgaan nie." En jy wat hard werk vir die Here, weet dat Hy dit sien. Dit voel miskien soos ondankbare werk, maar die Here sien dit en dis al wat jy nodig het. Hy sien hoe jy hard werk, selfs verby die punt van uitputting � vir Hom.

Die Griekse woord s� weereens vir ons baie oor wat presies hier bedoel word. Vir harde werk of arbeid is die woord "kopiao". Nou, "kopiao" het in sy oorspronklike, wortelbetekenis, verwys na 'n pak slae wat gepaard gegaan het met geweeklaag en smart. Dus is die woord belaai met die gedagte van harde werk, met emosie, met iets baie onsmaakliks hard. Mettertyd het dit verander in 'n woord wat verwys na baie harde arbeid. Dis om te swoeg; dis wat hierdie mense gedoen het. Hy s� ook: "Ek ken jou lydsaamheid, jou volharding". Nie net het hulle hard gewerk nie, nie net het hulle alles gegee wat hulle vir Christus kon gee nie, maar hulle het aangehou om dit te doen, hulle het volhard daarin. Hulle het lydsaamheid betoon, hulle het gewerk verby die punt van uitputting. Hulle het hulleself nie toegelaat om uitgeput te word in die werk van die Here nie. Hulle het nie die sin: "Ek gee op" geken nie. Hulle het ongeag die druk steeds voortgebeur om Jesus Christus ontwil.

As hulle moeg geword het, het hulle hulleself nie toegelaat om moeg te word nie. Dis wat hierdie woorde beteken, en daarom ontvang hulle 'n eervolle aanprysing van die Here Jesus Christus as Hy s�: "Julle het die toets in hierdie area geslaag, tien uit tien, ek ken julle harde werk, julle lydsaamheid, julle arbeid vir die Here, julle het volhard en julle het verdra. Julle het nooit daaraan gedink om op te gee nie." Die teoloog Ford s� hieroor: "Hierdie was arbeid tot die punt van uitputting sonder dat hulle uitgeput geword het." Robert Thomas s� dat hulle lojaliteit teenoor Christus uitputting verbied het. Hulle was lojaal teenoor Christus, daarom het hulle nooit moeg geword nie al w�s hulle moeg. Amper 'n paradoks, maar dit is wat gebeur met mense wat die Here se eer nastreef. Meer nog, hulle het dit nie vir eie glorie en eer gedoen nie, glad nie. Hulle het dit gedoen vir Christus se Naam ontwil. Dis wat Hy in vers 3 s�. Hy kom weer terug na hierdie gedagte van lydsaamheid en volharding: "dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie." Hulle het nie hard gewerk vir 'n aardse kroon nie. Ek ken baie mense wat baie hard werk, maar hulle werk vir hulleself, vir hulle eie kroon en eer. Jy moet kyk hoe oefen 'n Olimpiese atleet vir die goue medalje wat hy graag wil wen. Hy offer ongelooflik baie op, sy dieet word aangepas, net om vinniger te kan hardloop. Sy skedule word rondom sy oefenprogram gebou. Hy sal oefen tot hy moeg word en hy sal homself verby die punt van pyn druk. Hoekom? Hy soek die roem en die lofprysing van mense. So was dit nie met hierdie mense nie, hulle het net een Persoon se eer gesoek en dit was God s'n. Hulle het alles ter wille van sy Naam gedoen, hulle het verdra, in alles volhard. Hulle het in alles om sy Naam ontwil gearbei. Ongelooflik, 'n gemeente wat dit kan doen is 'n fantastiese gemeente, daar's geen twyfel daaroor nie!

Daar is ook vir ons 'n les hierin. Ons as Christene moet leer � die Skrif leer ons � om te volhard. Ons moet leer om op ons tande te byt en deur te druk. Ek sien te veel Christene wat tou opgooi. Ek hoor te veel: "Ek kan nie". Jy kan, jy moet. Ek s� altyd, daar is een ding wat waar is van iemand wat nooit tou opgooi nie en dit is dat hy nooit tou opgooi nie. Dit klink simpel, maar dis waar. Dis die tipe volharding wat die Here van ons vra. Ons moet volhard in wat reg is, wat God eer. Ons moet volhard en verduur, maak nie saak wat se teenstand ons kry nie, maak nie saak wat se soort vervolging ons moet deurgaan nie, op soek na die aanprysing van Christus. Moenie s� ek gee op nie. Moenie s� ek kan nie oorwin nie, hierdie sonde is te veel vir my nie, hierdie situasie of nederlaag in my geloofslewe is vir my te veel nie. Moenie dit s� nie � volhard. Maak soos hierdie Efesi�rs gemaak het, volg hulle voorbeeld. Wys dat jy lydsaamheid besit, maak nie saak wat se nederlaag of teenstand jy moet beleef nie. God vergewe jou en Hy sal jou bly vergewe, solank jy jou voor Hom verootmoedig. So lank jy d�t doen, veg jy die stryd vir God se Naam. Dis 'n wonderlike karaktertrek en dis weereens iets wat jy net moet besluit om te doen � en ons het die voorbeeld. Die Bybel leer dat di� wat volhard, gered sal word. En dit is waar. Ons glo dat redding deur God kom, maar ons glo ook dat God die een wat Hy red, sal laat volhard tot die einde toe.

DIE TWEEDE AANPRYSING

Die tweede aanprysing is: "dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy di� op die proef gestel het wat s� dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het". Die tweede aanprysing is dus dat hulle suiwer was in hulle lering. Hulle het geweet dat daar iets soos reg en verkeerd is en hulle het dit toegepas. Hulle het bose mense, slegte mense verwerp. Hierdie mense van Efese was oorgegee aan die waarheid, hulle het die waarheid van God liefgehad, hullle was diep in die Skrif ingegrawe en hulle het ges� dat daar iets soos moraliteit is. Daar is iets soos reg, daar's iets soos verkeerd en hier is die lyn. Hulle het die lyn getrek en die wat aan die verkeerde kant van die lyn geval het, het hulle ges�, is nie van die gemeente van Jesus Christus nie. Die Efesi�rs het die waarheid liefgehad, hulle het 'n passie vir die waarheid gehad, daar's geen twyfel daaroor nie. Kyk wat hulle gedoen het, hulle het vals leraars ondersoek om uit te vind of hulle reg of verkeerd is en hulle het gevind dat hierdie mense verkeerd is. Hulle het 'n standaard van moraliteit afgedwing, God se standaard, en hulle was baie ywerig en toegewyd daaraan.

Die gemeente van Efese is spesisfiek deur valse leraars gepla. Paulus het in Hand. 20:29, voor hy die ouderlinge gegroet en vir hulle ges� het dat hy Jerusalem toe gaan en hulle hom nooit weer sou sien nie, vir hulle ges�: "Uit julle eie geledere gaan daar wolwe kom". Hier sien ons daardie wolwe. Hulle was mense wat beweer het dat hulle leraars is. Hulle het ges� dat die Efesi�rs nie na Paulus moes luister nie, want hulle self is apostels. Hulle het daarop aanspraak gemaak dat hulle spesiale lering van God ontvang het, maar wat het die Efesi�r-gemeente gedoen? Hulle het na Paulus geluister, want Paulus het vir hulle ges�: "Waak teen hierdie wolwe", soos 'n mens in Handelinge 20 kan lees. Hulle het hierdie mense getoets en vals bevind. Dit was waarskynlik die Nikola�ete waarna in vers 6 verwys word. Daar staan dat hulle die werke van die Nikola�ete gehaat het. Hierdie gemeente het gesonde lering liefgehad. Daar is sekerlik baie oor reg en verkeerd gepraat, oor wat die Skrif leer, oor moraliteit. Hulle was onderl� in God se lering. Paulus het drie jaar daar geleer � dus het hulle geweet wat die Bybel leer. Hulle was ortodoks, met hart en siel. Hulle het in die waarheid geglo en daarby gestaan.

DIE AANKLAG

Juis om hierdie rede, juis omdat hulle op hierdie ongelooflike twee maniere aangeprys word, dat hulle hard werk, volhard en meer as dit, dat hulle die waarheid innig liefhet, is vers 4 absoluut verbysterend. Dis amper onmoontlik om te verstaan dat, terwyl hulle al hierdie dinge besit, liefde vir die waarheid en harde werk vir Christus se Naam, Christus vir hulle s�: "Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het." Dit slaan jou tussen die o� wanneer jy dit lees, nie waar nie? Mens voel soort van: Waar kom dit vandaan? Hierdie gemeente is dan so pragtig, hulle werk dan so hard vir die Here. Dis dan wanneer jy begin besef dat hierdie 'n verbysterende gedeelte in die Skrif is. Jy sien, meeste mense assosieer liefdeloosheid met afsydigheid, traagheid, luiheid in diens van God. Hulle sal s� dis 'n tekort aan entoesiasme vir God en sy Naam, 'n tekort aan liefde vir die waarheid. Mense s� as iemand die waarheid liefhet, dan het hy God lief en as hy nie die waarheid liefhet nie, dan het hy God nie lief nie. Hulle sal s� as iemand liefdeloos is, neem hy sonde nie ernstig op nie. En dit is waar, as jy nie entoesiasties oor God se werk is nie, as jy traag en lui daaroor is, as jy afsydig teenoor God se werk is en sy waarheid nie liefhet nie en as jy sonde nie ernstig opneem nie, dan h�t jy nie liefde vir God nie. Dis waar, maar al het jy �l hierdie dinge, is jy nie noodwendig ook lief vir die Here nie. D�s wat hierdie gedeelte vir ons s�. Selfs wanneer jy baie ywer en toewyding aan die dag l� en met onselfsugtige volharding werk, bewys dit nie noodwendig dat jy Christus liefhet nie. Selfs wanneer jy die waarheid liefhet, selfs wanneer jy sonde in die kerk ernstig opneem, bewys dit nie noodwendig dat jy Christus liefhet nie, of dat jy Hom liefhet soos jy Hom in die eerste plek liefgehad het nie. Dit bewys nie dat jou liefde vir Hom warm is nie. Selfs wanneer jy 'n gemeente kry wat hard vir die Here werk, vir sy Naam, 'n gemeente wat goeie dogmatiese standpunte het en wat die Here se lering naby aan die hart dra, selfs s� 'n gemeente kan hulle eerste liefde verlaat het, soos die gemeente in Efese.

Die waarheid is dat dit baie keer j��s die profiel van 'n liefdelose gemeente is. Dis juis hoe 'n liefdelose gemeente lyk, so besig om te veg, so besig met die werk en die waarheid, dat hulle vergeet van die God van die werk en die waarheid. Dis 'n snaakse, hartseer ding en dis waarteen die Efesi�rs hier gewaarsku word, dat hulle die waarheid van God so liefgehad het dat hulle koud geword het teenoor die God van die waarheid. Hulle het God se werk so lief, hulle is so besig met die werk van God dat hulle koud word teenoor die God van die werk. Mens kan so besig wees met dienswerk, so besig met arbeid, met industrie dat jy vergeet om God te aanbid, om Hom te vereer en lief te h�. Tussen al die aktiwiteite deur verloor jy jou liefde vir die Here en dit kwyn. En in s� 'n gemeente, soos in baie gemeentes, in hulle ortodokse ywer om reg te wees in hulle lering en om al hulle doktrin�re i's kolletjies op te gee en hulle doktrin�re t's strepies deur � maak al hierdie pogings 'n soort leegte waarin hulle liefdeloosheid met 'n pynlike duidelikheid resoneer. Mens sou verwag dat al die eerbare dinge wat hier genoem word, al die ywer en toewyding die liefde vir God as 'n fondasie sou h�, maar dit is nie noodwendig so nie. D�t is wat hierdie gedeelte ons leer.

Wat beteken dit dan om God lief te h�? Ons het nou gesien dat jy nie jou liefde vir God deur harde werk bewys nie. As jy God liefhet, sal jy egter hard werk. Jy bewys nie jou liefde vir God deur sy waarheid lief te h� nie, maar as jy Hom liefhet, sal jy sy waarheid liefh�. Wat beteken dit dan om God lief te h�? Wel, daarby sal ek in 'n volgende preek kom. Kortliks beteken dit dat jy geen ander gode voor Hom sal h� nie. Luister mooi want d�s wat hierdie gedeelte s�: Dit toon aan dat jy selfs van die werk van die Here 'n afgod kan begin maak. Jy kan d�t begin doen in plaas van om die Here te dien. In die eerste plek moet jy Hom dien. Die mees basiese dryfveer van jou lewe moet 'n verterende begeerte wees om God te aanbid, Hom te eer, geniet en te waardeer, al die dae van jou lewe, tot in alle ewigheid. Jou eerste en hoogste prioriteit moet wees om intieme gemeenskap met jou God te h�. Jou eerste prioriteit moet, prakties gesproke, wees om baie tyd met die Skrif te spandeer en met die Here te praat in gebed en om lofsange vir Hom te sing, in die gemeente en by die huis. Jou hoogste prioriteit moet wees om jou lewe vir die Here te gee en te s�: "Here, hier is ek, ek wil doen wat U wil h� ek moet doen. Ek gee my oor aan u Liefde." Voor jy God se Waarheid liefhet, voor jy jou vinger lig in diens van Christus, voor jy enige van hierdie dinge doen, wees eers 'n aanbidder van God! Soek God eerste, voor jy die dinge van God soek. Die dinge van God kan 'n doel opsigself word en d�s waar die probleem l�. En dan voel jy baie heilig, want jy is besig met die dinge van God. Maar het jy G�d lief, is daar 'n gesprekvoering met jou Here, is jy op jou knie�, lees jy jou Bybel, nie net om meer uit te vind oor wat die Bybel s� i.t.v. interessante intelektuele feite nie, maar lees jy dit omdat jy die Here wil leer ken? "Here, ek wil U beter verstaan, ek wil U ken, dis hoekom ek U Woord lees, asof dit my kos is." Dis wat in die Christen se lewe, in sy siel moet klop, d�s aanbidding van God. In die eerste plek, voor enigiets anders, is d�t die hoogste prioriteit: aanbidding van God. Om gemeenskap met jou God te beoefen in daardie tye van gebed. Om agter te kom wie Hy is en verstom te staan, verslae te staan voor Hom. Dit dryf jou net weer op jou knie� en jy s�: "Here, U is so groot, U is so wonderlik, ek wil U net aanbid, al die dae van my lewe. Ek wil in u hof, in u teenwoordigheid wees, n�rens anders nie." Jy weet, daardie tipe begeerte wat jou dryf. Dit is waaroor Christenskap in die eerste plek gaan.

Charles Wesley het baie lofliedere geskryf om vir die Here dankie te s� vir die feit dat Hy hom gered het. Ons sal nie altyd met Charles Wesley se teologie saamstem nie, maar hy is gered, deur God se genade. In sy lofliedere en geskrifte vind ons dat hy skynbaar altyd oorweldig was deur die waarheid dat sy God hom gered het. Dit blyk uit sy geskrifte dat hy gedurig op sy knie� voor die majesteit van God was, want sy hart was naby aan God. Voor hy 'n vinger gelig het in diens van God, het hy eers sy God liefgehad met 'n verterende liefde, 'n oorgegewe lewe. Luister na 'n loflied wat hy geskryf het:

"Where shall my wondering soul begin?

How shall I all to heaven aspire?

A slave redeemed from death and sin,

A brand plucked from eternal fire.

How shall I equal triumphs raise,

Or sing my Deliverer's praise?

O how shall I the goodness tell,

Father, which thou to me hast showed

That I, a child of wrath and hell,

I should be called a child of God,

Should know, should feel my sins forgiven,

Blest with this antepast of heaven."

Dis die soort gevoelens wat pols in 'n persoon wat die Here liefhet, dit is die hartklop van ons lewe � om altyd voor die kruis te staan in verwondering en verbystering dat die Here na ons uitgereik en ons gered het! Hoe kan jy Hom nie liefh� as jy dit verstaan nie? Hoe kan jy? Ons het Hom lief want Hy het ons eerste liefgehad. Spandeer dus baie tyd by jou Heer op jou knie�, spandeer baie tyd aan die Skrif, spandeer baie tyd, spreekwoordelik, aan die voet van die kruis. Verstaan dat Hy vir jou gesterf het, verstaan wat dit beteken dat God, die God van die heelal, vir jou sou sterf! Dit is wat jy doen wanneer jy nagmaal gebruik � onthou dat Christus vir jou gesterf het. Dis hoekom nagmaal so belangrik is, want dit vuur jou liefde vir Christus aan, wanneer jy by die kruis staan en weer in jou geestesoog herleef dat Hy sy lewe vir jou neergel� het. Dis waaroor christenskap in die eerste plek gaan, dit gaan oor daardie gemeenskap met jou God, en uit daardie gemeenskap vloei al die ander dinge. Maak dus die belangrikste saak die belangrikste saak. Iemand het ges�: "Die belangrikste saak is om die belangrikste saak die belangrikste saak te hou." Doen dit!


Einde van Deel Een

Terug / Back